PM, die vorige ene is by die Gatkantlandse kombuishoekie ja. Vanaand eet die Locke ook 'n ou gunsteling en ek moes diep gaan grawe opsoek na Outop se resep. Voor die tyd my inhaal, deel ek gou:
Potato Top Pie Heel eerste sny my ou maatjie die voorafgemaakte degie in vierkante. Groot genoeg om die muffinpannetjie se holtes te kan vul en as jy weet daar gaan genoeg vulsel wees, kry nog 'n bak. Outoppie maak gewoonlik genoeg om ook een groter pan te vries. Hierdie pasteitjies vries en ontdooi wonderlik! Bak die deeg tot ligbruin en laat effens afkoel.
Dan braai die ou hartvriendelike maalvleis, so handvol uie en paar gekerfde knoffelhuisies (jy ruik ons voor jy ons sien) LOL.
Geur na smaak. My hartlam strooi mildelik uit die 'entice with spice - create the exceptional' verpakkings.
Dit is sweet cajun en ook so lepel of wat uit die gewone Cajun kruiepakkie plus 'n knypie kerrie & Mevrou balletjies se soetigheid in 'n bottel.
As die maalvleis gaar is rek Outop dit met Vier Bone uit 'n blikkie - die soort wat nie sout bygevoeg is.
Soutloos het mos saam die alfabet by ons voordeur ingesluip so daar moes plan vir geur gemaak worre!
Kook die spulletjie saam vir 'n rukkie.
Proe en deel (vir die wis en onwis) vir 'n tweede opinie. Ek moet paar lepels hap NET om doodseker te maak van die smaak :)
Na die vulselmengsel en bone bietjie gesels het met mekaar gooi hy 'n paar gesnyde mushrooms in (ons hou van die tekstuur van dit so) jy kan dit saam met die vleis en uiemengsel braai.
Skuif pot eenkant toe om af te koel. Gooi 'n glasie wyn.
Maak nou 'n pakkie instant mash aan. Die tekstuur moet nie te styf wees nie. Skep lepels vol van die vulsel in die gebakte korse. Plaas dan die mash bo op, garneer soos verkies en as niemand sien nie kan jy handjievol kaas ook oorstrooi evil6 Outop het voorheen ook nog 'n lagie deeg bo oor gevleg en blommetjie gerangskik vir my maar nou moet ons ewe liefies die kaloriekies tel en die blomme in 'n blompot sit.
Plaas terug in oond vir so kort rukkie tot kors begin donker word.
Dien op en geniet.