• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Wat eet julle vanaand?

Started by PM, December 06, 2011, 04:06:18 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica

Al die kere wat ek kreef ge-eet het, was daar die wonderlikste mense by.
Of hy op die rooster le en of hy met 'n tabasco en mayo sousie liefde maak... smaklekker.
elle

PM

#31
Is dit nie nou kreefseisoen nie? 

Ek dink "gehaak" beteken fyn gekap.  Trappies sal maar moet kom praat, of Marion. 
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

 :hello:

Ek dink vanaand gaan ek my man bederf. Ek dink ek gaan vir hom olywe koop en daardie groen goed in die bottels wat effens suur proe en biltong. Hy het regtig nie so 'n lekker week of twee gehad nie. Gewerk in sy verlof en nou hierdie week werk huis toe moes bring en vroeg-vroeg ingaan werk toe.

PM

Jy is 'n voorslag Fransi.  Hoop hy lief jou stukkend.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

 :hello:

Dankie PM. Ek wens ek was werklik 'n voorslag, maar dit is ook bietjie van 'n soenoffer- ek was self nie die afgelope week of twee in die beste van buie nie.

Naas

Moet se so tussen die reenbuie deur is my bui ook nie te waffers nie. Gaan netnou apteek toe stap vir 'n "chillpill"
Hoop julle geniet die olywe. Vlok se kasteel het die lekkerste olywe. Knoffe, chille, gerook, lemoen, ens. Dis in Riebeeck-wes as julle ooit daar verbyry, maak gerus 'n pitstop. Ek belowe jy gaan nie spyt wees nie.





Ek is maar net een, maar ek ís een.

Fransi

 :hello:

Dankie Naas. Ek hoop jou "chillpill" help. Ek dink juis daaraan om St John's Wort vir ons te kry- miskien tee daarvan te maak. :-)

PM

Ek hoop ons kry ons boeke nog hierdie week dan mag dit dalk help om die buie en luime 'n bietjie op te helder. 
Hier by ons is dit ook onweer.  Ons het heerlike regen gehad laasnag.  Net toe Hannes die sproeiers wou aansit seg ek, wag, dit gaan nog regen vanaand, en siedaar!

Julle kan pannekoek bak, sop maak, kerrie en rys of sommer net lekker melkkos!  Wat sal dit wees?
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

It's winter in Cape Town... tra la la.
Behoorlik gebibber vanoggend en dit het heerlik gereen.
Die wingerde is grasgroen hier om die Heuwels. Al die stoffies afgewas.
In hierdie huis eet ek vanaand toast n jam terwyl ek vir die kuikens wag om terug te kom van Strand af.


elle

Chichi

Ons LAN 'n bietjie so hier 'n paar van liefie se vriende hier.  So daar word ge brandewyn en gebier en ons het almal saam by die burgerbox hier onder ribbetjies en tjips gekry. Ek sit en drink 'n ou rooietjie van een van die plase daar naby Loxi.  Dit heel lekker, ek speel so elke tweede rondte saam, eks nie mal oor vanaand se keuse van speletjie nie so ek sit maar en gesels 'n bietjie!  :angel4:
*The one and only AWESOME-EST


Meraai vannie Baai

Aand voor betaaldag diekant van die aardbol - so - daar is vier boude (hoenderboudjies  :bootyshake: ) en gevriesde oorskietkossies van die naweek op die Lock menu  :icon_bigsmurf:

Angelica

Gister 'n moewiese beefstrip en aartappel en mushrooms en uie kerrie gemaak. 
En vanaand het ons die oorskiet ge-eet. 
Oorskiet-kos is mos lekkerder die volgende dag as die geure gemeng en ge-'trek' het.
Toe sien ek 'n reseppie op FB wat baie vinnig is en lekker lyk:
1/3 K Oats
1 piesang
2 eiers
Kaneel
Meng en bak in 'n klein pannetjie teen 425 F vir 13 mins.  Ek het dit verdubbel en in 'n muffin pan gebak.
Nie so lekker. Te veel eiers. Geen sout. Te vas. Miskien moet daar ook 'n bietjie bakpoeier in.  Of meel.
So, ons is gevoed en in ons pj's. 
elle

PM

Ons het 'n filletjie uitgehaal vir vanaand. My lus vir 'n stukkie braaivleis hang nou al vir 'n geruime tyd uit.  'n vuurtjie en 'n rooiwyntjie maak vir  GROOT  pret!.   :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Daai Oats en Piesang ens resep het toe nie gewerk nie.  Baie vas. Te veel eiers.
Kom ek later agter dis nie Oats nie, maar Oat Bran.   :icon_scratch:  Sou dit 'n verskil gemaak het? 
Was eintlik baie onlekker.  Ons kon mekaar gooi met daardie muffins.  :laughing7:
elle

PM

Ja-nee, ek kan goed glo dat die oats bietjie swaar is.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.