Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: PM on December 06, 2011, 04:06:18 PM

Title: Wat eet julle vanaand?
Post by: PM on December 06, 2011, 04:06:18 PM
Vanaand maak ek hoendermagies en pap.  Koningskos!
Title: Re: Wat eet julle vanaand?
Post by: Lox on December 06, 2011, 06:26:54 PM
ek weet noggie, dalk bak ek eiers.

Title: Re: Wat eet julle vanaand?
Post by: Gawelina on December 06, 2011, 07:37:30 PM
Pannekoek en maalvleis
Title: Re: Wat eet julle vanaand?
Post by: Angelica on December 07, 2011, 06:28:25 AM
Interessant....  gewone, eenvoudige kos wat ons smul aan.
Ek het Hake en slaai gehad.  En water.
Meeste van die tyd eet ek toast met Bovril.
Title: Re: Wat eet julle vanaand?
Post by: Trapsoetjie on December 07, 2011, 08:33:39 AM
Gisteraand het ons Samantha se Hoender-mayo-pasta geeet. Mmmm lekker gewees. Het vandag saam geneem werk toe.

Vanaand (dis bietjie koud weer) het ek 'n bakkie sop uit die vrieskas gehaal. (kan nie onthou wat dit was nie.  :evil6:)  :dontknow: Dan gaan ek vir ons geroosterde tamatie/uie en kaas broodjies daarby maak. Ek dink dit was kerriesop. Sal more laat weet wat dit was  :evil6: :evil6: :evil6:

 :angel12:
Title: Re: Wat eet julle vanaand?
Post by: PM on December 07, 2011, 09:19:13 AM
Hannes hou altyd 'n rolletjie maskeerband byderhand en 'n merkpen.  Hy hou nie van "pot luck" nie.   :icon_biggrin:

Ek sal die hoendermagiesreseppie gaan plak.  Dit is regtig lekker.  Dit moet ongelukkig net 'n uur en 'n half in die stoompot kook, of as jy nie 'n stoompot het nie, drie ure stadig prut.  Die ouens wat 'n "luikoker" ("slow") het sal dit seker handig so kan gebruik. 
Almal eet nie "afval" nie, maar as jy dit eers geproe het, is jy gehoek.
Title: Re: Wat eet julle vanaand?
Post by: Trapsoetjie on December 08, 2011, 09:09:17 AM
Dit was toe groente sop. Lekker baie groente. Ek onthou toe ek dit gemaak het, het spinasie uit my tuin gebruik ook.  :toothy4:

Nou wat om vanaand te maak. Dalk iets met Mince. Sal nog bietjie rond krap en sien. Anders sommer net Kerrie-mince. Wat is Mince in Afrikaans?

 :angel12:
Title: Re: Wat eet julle vanaand?
Post by: PM on December 08, 2011, 10:44:02 AM
Dit is maalvleis. 
Daar in die Bo-kaap, in 94 Waalstraat, is 'n plekkie wat die heerlikste kerriemengsel verkoop, 'n mengsel van 12 speserye.  Hulle gee 'n resep ook saam.  (Atlas trading)

Dit klink goed, met 'n piesang en blatjan sal dit heerlik wees.   :icon_biggrin:

Jy het my so lus vir sop, ek dink dit is presies wat ek gaan maak vir vanaand.  Met kluitjies "dumplings".
Title: Re: Wat eet julle vanaand?
Post by: Trapsoetjie on December 08, 2011, 10:52:15 AM
Lekker speserye was nog nooit sleg nie...Mmmmm. Bo-kaap dalk bietjie ver, sal moet gebruik wat ek in die kas het. Dis darem nie so koud soos gister nie, ook nie warm nie. So 'n lekker kerrie-pot sal dit seker wees. Met baie aartappels, om dit te laat rek.
Dalk kan sus vir ons piesangs kry dan kan ons dit saam eet.
 :angel12:
Title: Re: Wat eet julle vanaand?
Post by: PM on December 08, 2011, 11:38:45 AM
Oe mamma, ek ruik dit al en proe daai sagte aartappels smelt in my mond!   :bootyshake:
Title: Re: Wat eet julle vanaand?
Post by: Lox on December 08, 2011, 01:59:25 PM
vanaand eet ek by die ouetehuis saam met hulle kers ete. sal sien wat se kos dit is
Title: Re: Wat eet julle vanaand?
Post by: PM on December 09, 2011, 08:03:54 AM
Gisteraand se sopvleis het toe ook in 'n kerriepot verander en dit was heerlik.
Gister het ons versmoor van die hitte en laatmiddag begin die wolke se binnegoed mos raas en blaas en toe sak die reen uit en dit reen nog steeds heerlik!

Ons dak lek nog, maar dit is darem ook nou net as dit reen. :icon_biggrin:
Title: Re: Wat eet julle vanaand?
Post by: Trapsoetjie on December 09, 2011, 09:54:08 AM
Sjoe PM dis 'n verligting. Die dat julle dak net lek as dit reen.  :icon_biggrin:

Al moet ek self so seg, gisteraand se Kerrie was uit die boonste rakke, nou moet julle my net nie vra wat het ek alles daarin gegooi nie.

Het my uie gebraai en toe terwyl dit gesels so tussen ons en hulle, pak ek toe al wat 'n speserye uit, alles wat mooi rooi lyk en miskien nog 'n ietsie in het. Lekker lekker en o ja dit was lekker.  :toothy4:

 :dontknow: Nou vanaand gaan ons Canal toe so dalk eet ons sommer 'n ietsie daar of ek maak gou vir ons 'n vis en chip in die oond voor ons ry.

Wat eet jy?

 :angel12:
Title: Re: Wat eet julle vanaand?
Post by: PM on December 09, 2011, 10:18:55 AM
Jy lag!  Ons het so pas 80% van die dakplate vervang en R45.000.00 later en die dak lek nog as dit reen.   :crybaby2:  Dit is  NIE  sukses nie. 

Hier gaan dit maar sleg as ons nie gaste vir ete kry nie.  Ons eet so twee tot drie aande aan dieselfde kooksel.  So, kerriepot sal dit wees!   :icon_biggrin:  Met boontjies en pampoen.  En rys natuurlik.

Kom ek spoeg gou vir jou die spesrye se name uit wat in Atlas se mengsel is:
Verskoon die Ingels.
Coriander
Turmeric
Cilli Powder
Fennel
Cummin (Jeera)
Cloves
Cinnamon
Cury leaves
Star anniseed (steranys)
Cardemon
Allspice
Bay leaves.
Die reuk is uit die hemel uit!
Ek sit nog garlic en gemmer in. 
Maak ook nie saak wat ek kook nie, daar kom altyd twee eetlepels brandewyn in. 

Title: Re: Wat eet julle vanaand?
Post by: Trapsoetjie on December 09, 2011, 10:26:55 AM
Dit klink alte lekker, baie van daai het ek gisteraand ook ingegooi.

Ja so baie kos vir min mense, het een voordeel. Jy hoef nie elkeaand voor die stoof te sloof nie. Ek maak nou vir 6 mense kos eish. Ek is 'n enigstekind ken nie van sulke groot kos maak nie. Leer, kan ek darem vinnig. Grys stof darem nie te grys nie.

 :angel12:
Title: Re: Wat eet julle vanaand?
Post by: PM on December 09, 2011, 10:38:33 AM
In my ouerhuis en my eie huis was ons altyd "dosyne" mense en ek sukkel nou nog om nie so baie kos te maak nie.  Aan die ander kant is kosmaak ook 'n duur proses en ons spaar die gas.
Ons het darem nou van die seeroog langs die kaggel ontslae geraak.  Hannes het vir ons 'n gasstoof gekoop en dit in 'n kas laat inbou. 
Jy sal lag as jy hoor dat die "seeroog" (die twee staanders  met die twee branders op) net om die hoek agter die kaggel staan.  Ons gebruik dit ook nog steeds.   :icon_biggrin:
Title: Re: Wat eet julle vanaand?
Post by: Angelica on December 09, 2011, 07:32:41 PM
Halwe pie en 'n samoosa.
Die kinders kom my optel by die kantoor nadat hulle die pappegaaie by die veearts gehad het en stop by die garagewinkel vir ietsies.
Nee, se hulle, hulle wil koffie by dit he.
Ons vergader om die boardroom tafel met halwe pie's en samoosa's en koffie.
Ek word ingelig oor die voels se narkoses en 'medisyne'.  Katie is pragtig volgens die omie dokter.  Rambo moet daagliks 'medisyne' kry van een jelly mannetjie. Vir die naels.
Hoe lekker kan 'n pie en samoosa wees as dit so gesellig afgesluk word.
Title: Re: Wat eet julle vanaand?
Post by: Naas on December 09, 2011, 08:59:33 PM
'n Samoosa is nie 'n "square meal" nie...   :angel8:




 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Wat eet julle vanaand?
Post by: PM on December 10, 2011, 12:21:31 PM
 :icon_biggrin:  Nee, beslis nie!   :icon_biggrin:

Ons eet vanaand skaapbene met velletjies om.  Dit is wat ek die ribbetjies noem, daar is mos nie vleis aan nie.  Ons noem dit pap en tik met 'n lang sousies. 
Title: Re: Wat eet julle vanaand?
Post by: Fransi on December 12, 2011, 09:50:15 AM
Maalvleisbroodjies. Of miskien moet ek skoon vetkoeke gaan koop en dan eet ons lekker maalvleis vetkoek.
Title: Re: Wat eet julle vanaand?
Post by: Trapsoetjie on December 12, 2011, 10:11:13 AM
 :icon_scratch: Nee vandag weet ek nie so mooi nie. Het 6 honger bekke wat my gaan aaaaaan kyk. Dalk kan ek vir ons vis en chips in die oond gooi. Sal hier dop hou wat julle sê dalk kan ek 'n "tip" vang.

PS: Het skoon vergeet om kos werk toe te vat.  :dontknow:

 :angel12:
Title: Re: Wat eet julle vanaand?
Post by: PM on December 13, 2011, 04:47:36 AM
Hoop jy het darem ietsie iewers gekoop Trappies. 

Ons het gister 'n noodle gereg gemaak.  Enige gaar noodles met 'n mengsel van eiers en aspersies (een blikkie gesnipper) met kaas bo-oor in die oond gebak. 
As een van julle 'n lekker soortgelyke resep het, plaas dit asseblief. 
Title: Re: Wat eet julle vanaand?
Post by: Trapsoetjie on December 13, 2011, 08:41:12 AM
O PM dit klink te lekker. Ek dink nie my mans sal mal wees daaroor nie, niks vleis nie.  :icon_biggrin:

Het toe nie iets gekoop nie.

Gisteraand lekker vis gebak en "chips" gebak. O was lekker.

Vanaand gaan ek seker weer net iets maak met maalvleis. Of Kerrie of noedels. Dis weer winter hier.  :icon_scratch:

Of miskien moet ek burgers maak. Met 'n groen slaai. Sal kyk hoe ek voel vanaand.  :icon_biggrin:

Lekker eet.... :angel12:
Title: Re: Wat eet julle vanaand?
Post by: PM on December 13, 2011, 08:55:08 AM
Saam met die noodles kom altyd 'n stukkie vleis.  Hoe ken jy my man?   :icon_biggrin:

Hannes eet goed waaraan hy nooit sy mond sou sit toe hy jonger was nie.  Glo my vry, hy wou nooit groenmielies eet nie en deesdae kom hy gereeld met mielies by die huis aan.  :icon_biggrin:

Herderspastei en haakballe was nog altyd sy gunstelingkos.

Gister het ek skaapniertjies gekoop om vir hom 'n "steak en kidney pie" te bak.  Hou maar duime vas dat hy daarvan gaan hou. 
Title: Re: Wat eet julle vanaand?
Post by: Trapsoetjie on December 13, 2011, 09:54:32 AM
Natuurlik sal hy daarvan hou. Ek sou nie. Hou nie van kidney's nie.  :icon_biggrin:

 :angel12:
Title: Re: Wat eet julle vanaand?
Post by: Angelica on December 13, 2011, 08:13:25 PM
Wat de dinges is 'haakballe'?
Klink baie stekelrig.  Keelseer se moses.

Gisteraand, 2min noodles.  Roerbraai groente of net tamatietjies terwyl die 2min noodles in 'n bietjie kookwater sag word.
Gooi dit dan by die groente in die pannetjie en laat droog prut.
Soms gooi ek sommer nog kaas ook in as ek die dag voel en kan doen met nog 'n kg aan die lyf.
As dit mushroom geur noodles is, braai ek mushrooms en roer die klomp deurmekaar.  Daardie nag slaap ek nie, want die mushrooms hy willie verteer nie.
Soms gooi ek 'n blikkie hoender by.  Whatever.
Tjoeftjaf en jy het 'n warm ete met die minimum moeite en kragverbruik.. ook sommer net 'n pannetjie en 'n bakkie om skoon te maak.

Vanaand, toast en roereier. Drink later koffie.

Ja nee, baie praat, want dit is mos kos.  Mos pure lekkerte.
Title: Re: Wat eet julle vanaand?
Post by: PM on December 13, 2011, 08:22:59 PM
O hallie ha!  Ek het gedink Trappies sal die "haakballe-kwessie" uit sorteer.  Haakballe is vleisbolletjies of "mince balls".  Dit is Hannes se gunsteling. 
Ag weet jy wat nê, as die magie vol kom is die situasie gered!  Ek  myself is mal oor sampioene en sal dit orals oor gebruik.  Aan die ander kant, wat die waarheid is, ek is mal oor enige kos.  My vriende sal vir jou vertel ek lieg, want ek is nie eintlik 'n eter nie, maar "so what" ek eet ook so af en toe!  As jy na my lyf kyk, sal jy weet,  ek eet hopeloos te veel!  :icon_biggrin:
Title: Re: Wat eet julle vanaand?
Post by: Lox on December 13, 2011, 10:34:46 PM
Het kreef gehad saam met pelle wat dit rêrig kan waardeer. daai krief resep wat ek iewers gegee het.
Title: Re: Wat eet julle vanaand?
Post by: Angelica on December 14, 2011, 05:19:47 AM
PM, ek verstaan die 'balletjies' deel, maar die 'haak'... waar kom dit vandaan?
Lekker Lox... kreef en pelle gaan saam.
Title: Re: Wat eet julle vanaand?
Post by: Lox on December 14, 2011, 05:35:49 AM
PM, ek verstaan die 'balletjies' deel, maar die 'haak'... waar kom dit vandaan?
Lekker Lox... kreef en pelle gaan saam.


kreef en pelle en lekker wyn
Title: Re: Wat eet julle vanaand?
Post by: Angelica on December 14, 2011, 05:43:10 AM
Al die kere wat ek kreef ge-eet het, was daar die wonderlikste mense by.
Of hy op die rooster le en of hy met 'n tabasco en mayo sousie liefde maak... smaklekker.
Title: Re: Wat eet julle vanaand?
Post by: PM on December 14, 2011, 06:40:55 AM
Is dit nie nou kreefseisoen nie? 

Ek dink "gehaak" beteken fyn gekap.  Trappies sal maar moet kom praat, of Marion. 
Title: Re: Wat eet julle vanaand?
Post by: Fransi on December 14, 2011, 07:56:01 AM
 :hello:

Ek dink vanaand gaan ek my man bederf. Ek dink ek gaan vir hom olywe koop en daardie groen goed in die bottels wat effens suur proe en biltong. Hy het regtig nie so 'n lekker week of twee gehad nie. Gewerk in sy verlof en nou hierdie week werk huis toe moes bring en vroeg-vroeg ingaan werk toe.
Title: Re: Wat eet julle vanaand?
Post by: PM on December 14, 2011, 08:01:38 AM
Jy is 'n voorslag Fransi.  Hoop hy lief jou stukkend.   :love7:
Title: Re: Wat eet julle vanaand?
Post by: Fransi on December 14, 2011, 08:13:16 AM
 :hello:

Dankie PM. Ek wens ek was werklik 'n voorslag, maar dit is ook bietjie van 'n soenoffer- ek was self nie die afgelope week of twee in die beste van buie nie.
Title: Re: Wat eet julle vanaand?
Post by: Naas on December 14, 2011, 08:23:52 AM
Moet se so tussen die reenbuie deur is my bui ook nie te waffers nie. Gaan netnou apteek toe stap vir 'n "chillpill"
Hoop julle geniet die olywe. Vlok se kasteel het die lekkerste olywe. Knoffe, chille, gerook, lemoen, ens. Dis in Riebeeck-wes as julle ooit daar verbyry, maak gerus 'n pitstop. Ek belowe jy gaan nie spyt wees nie.





Title: Re: Wat eet julle vanaand?
Post by: Fransi on December 14, 2011, 09:05:08 AM
 :hello:

Dankie Naas. Ek hoop jou "chillpill" help. Ek dink juis daaraan om St John's Wort vir ons te kry- miskien tee daarvan te maak. :-)
Title: Re: Wat eet julle vanaand?
Post by: PM on December 14, 2011, 09:51:53 AM
Ek hoop ons kry ons boeke nog hierdie week dan mag dit dalk help om die buie en luime 'n bietjie op te helder. 
Hier by ons is dit ook onweer.  Ons het heerlike regen gehad laasnag.  Net toe Hannes die sproeiers wou aansit seg ek, wag, dit gaan nog regen vanaand, en siedaar!

Julle kan pannekoek bak, sop maak, kerrie en rys of sommer net lekker melkkos!  Wat sal dit wees?
Title: Re: Wat eet julle vanaand?
Post by: Angelica on December 14, 2011, 08:04:15 PM
It's winter in Cape Town... tra la la.
Behoorlik gebibber vanoggend en dit het heerlik gereen.
Die wingerde is grasgroen hier om die Heuwels. Al die stoffies afgewas.
In hierdie huis eet ek vanaand toast n jam terwyl ek vir die kuikens wag om terug te kom van Strand af.


Title: Re: Wat eet julle vanaand?
Post by: Chichi on December 27, 2011, 09:09:13 PM
Ons LAN 'n bietjie so hier 'n paar van liefie se vriende hier.  So daar word ge brandewyn en gebier en ons het almal saam by die burgerbox hier onder ribbetjies en tjips gekry. Ek sit en drink 'n ou rooietjie van een van die plase daar naby Loxi.  Dit heel lekker, ek speel so elke tweede rondte saam, eks nie mal oor vanaand se keuse van speletjie nie so ek sit maar en gesels 'n bietjie!  :angel4:
Title: Re: Wat eet julle vanaand?
Post by: Meraai vannie Baai on March 16, 2015, 09:36:21 AM
Aand voor betaaldag diekant van die aardbol - so - daar is vier boude (hoenderboudjies  :bootyshake: ) en gevriesde oorskietkossies van die naweek op die Lock menu  :icon_bigsmurf:
Title: Re: Wat eet julle vanaand?
Post by: Angelica on March 16, 2015, 07:04:30 PM
Gister 'n moewiese beefstrip en aartappel en mushrooms en uie kerrie gemaak. 
En vanaand het ons die oorskiet ge-eet. 
Oorskiet-kos is mos lekkerder die volgende dag as die geure gemeng en ge-'trek' het.
Toe sien ek 'n reseppie op FB wat baie vinnig is en lekker lyk:
1/3 K Oats
1 piesang
2 eiers
Kaneel
Meng en bak in 'n klein pannetjie teen 425 F vir 13 mins.  Ek het dit verdubbel en in 'n muffin pan gebak.
Nie so lekker. Te veel eiers. Geen sout. Te vas. Miskien moet daar ook 'n bietjie bakpoeier in.  Of meel.
So, ons is gevoed en in ons pj's. 
Title: Re: Wat eet julle vanaand?
Post by: PM on March 20, 2015, 02:57:54 PM
Ons het 'n filletjie uitgehaal vir vanaand. My lus vir 'n stukkie braaivleis hang nou al vir 'n geruime tyd uit.  'n vuurtjie en 'n rooiwyntjie maak vir  GROOT  pret!.   :bootyshake:
Title: Re: Wat eet julle vanaand?
Post by: Angelica on March 21, 2015, 03:19:40 PM
Daai Oats en Piesang ens resep het toe nie gewerk nie.  Baie vas. Te veel eiers.
Kom ek later agter dis nie Oats nie, maar Oat Bran.   :icon_scratch:  Sou dit 'n verskil gemaak het? 
Was eintlik baie onlekker.  Ons kon mekaar gooi met daardie muffins.  :laughing7:
Title: Re: Wat eet julle vanaand?
Post by: PM on March 26, 2015, 09:22:28 AM
Ja-nee, ek kan goed glo dat die oats bietjie swaar is.   :icon_biggrin:
Title: Re: Wat eet julle vanaand?
Post by: Meraai vannie Baai on June 30, 2016, 10:49:04 AM
Ons eet vanaand Outop se 'butter chicken' met platbroodjies daarby. Lip-aflek-lekkerte, glo my vry!

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC09038.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC09038.jpg.html)
Title: Re: Wat eet julle vanaand?
Post by: PM on June 30, 2016, 11:53:20 AM
Lekke lekke!  Is die resep in ons resepteboek?  Ons maak graag hierdie dis. 
Title: Re: Wat eet julle vanaand?
Post by: Meraai vannie Baai on May 03, 2018, 08:15:45 AM
PM, die vorige ene is by die Gatkantlandse kombuishoekie ja. Vanaand eet die Locke ook 'n ou gunsteling en ek moes diep gaan grawe opsoek na Outop se resep. Voor die tyd my inhaal, deel ek gou:

Potato Top Pie

Heel eerste sny my ou maatjie die voorafgemaakte degie in vierkante. Groot genoeg om die muffinpannetjie se holtes te kan vul en as jy weet daar gaan genoeg vulsel wees, kry nog 'n bak. Outoppie maak gewoonlik genoeg om ook een groter pan te vries. Hierdie pasteitjies vries en ontdooi wonderlik! Bak die deeg tot ligbruin en laat effens afkoel.

Dan braai die ou hartvriendelike maalvleis, so handvol uie en paar gekerfde knoffelhuisies (jy ruik ons voor jy ons sien) LOL.

Geur na smaak. My hartlam strooi mildelik uit die 'entice with spice - create the exceptional' verpakkings.
Dit is sweet cajun en ook so lepel of wat uit die gewone Cajun kruiepakkie plus 'n knypie kerrie & Mevrou balletjies se soetigheid in 'n bottel.

As die maalvleis gaar is rek Outop dit met Vier Bone uit 'n blikkie - die soort wat nie sout bygevoeg is.
Soutloos het mos saam die alfabet by ons voordeur ingesluip so daar moes plan vir geur gemaak worre!

Kook die spulletjie saam vir 'n rukkie.

Proe en deel (vir die wis en onwis) vir 'n tweede opinie. Ek moet paar lepels hap NET om doodseker te maak van die smaak :)

Na die vulselmengsel en bone bietjie gesels het met mekaar gooi hy 'n paar gesnyde mushrooms in (ons hou van die tekstuur van dit so) jy kan dit saam met die vleis en uiemengsel braai.

Skuif pot eenkant toe om af te koel. Gooi 'n glasie wyn.

Maak nou 'n pakkie instant mash aan. Die tekstuur moet nie te styf wees nie. Skep lepels vol van die vulsel in die gebakte korse. Plaas dan die mash bo op, garneer soos verkies en as niemand sien nie kan jy handjievol kaas ook oorstrooi evil6 Outop het voorheen ook nog 'n lagie deeg bo oor gevleg en blommetjie gerangskik vir my maar nou moet ons ewe liefies die kaloriekies tel en die blomme in 'n blompot sit. 

Plaas terug in oond vir so kort rukkie tot kors begin donker word.

Dien op en geniet.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Patato%20top%20home%20made%20pies.jpg)
Title: Re: Wat eet julle vanaand?
Post by: PM on May 03, 2018, 08:41:24 AM
Ons gaan vandag vis soek.  As ons hier in die beskawing is geniet ons allerhande kossies wat ons nie in die boendoes kan koop nie. 
Hannes kan eers Maandag sy bakkie gediens kry en Dinsdag sien hy die spesialis vir sy voet, so ons is  nog 'n paar dae hier by Gerhard.  Lekker!  Die "kind" kan mos 'n hond uit 'n bos uit kook.
Sy seuntjie verseg om wegneem kos te koop.  Sy papa se kos smaak die lekkerste. 

Ek sal hierdie resep probeer wanneer ons tuis is.  Dankie Raaitjie.
Title: Re: Wat eet julle vanaand?
Post by: Trapsoetjie on October 08, 2021, 07:22:14 PM
Vanaand nie lus vir kos maak nie.

My moedertjie is bietjie siekies.

So in die (steamer) stoom masjien  :icon_scratch: het ek wortels, aartappels en mielies gestoom. Visvingers in die (Air fryer) lug braaier  :icon_biggrin: en daar het jy 'n ete.

En mint choc vir nagereg. Kan nou nie heeltemaal so gesond wees nie.  :evil6:

 :angel12:
Title: Re: Wat eet julle vanaand?
Post by: Antjie Patat on October 09, 2021, 07:23:53 AM
Ek is so bietjie op n eetplan....  hahahah mooi woord huh?

Ek kon nog nooit in die oggende eet nie, nie op skool nie, en nie nou nie, maar nou dwing ek myself om dit te doen, want ek raak rasend honger hier by 11 of 12 uur en as ek dan ook nie eet nie, vervreet ek my in die aande.

Nou knyp die finansies mens ook mos middeldeur en weer n keer middeldeur.
En raai wat, junk is goedkoop en gesond eet is duur... punt.

Maar ek probeer, en voel reeds baie ligter.
Gisteraand was vis, roosterbrood (droog), slaai en n pomelo. Vullend.
Title: Re: Wat eet julle vanaand?
Post by: Naas on October 09, 2021, 07:34:04 AM
Ek ken daai gevoel van eetgewoontes aanpas. Ek is 'n diabeet en vir ons is dit 10 keer erger om gewig af te skud.
Ek het laas 'n drie weke dieet gevolg en dit in vier dae klaargemaak.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Wat eet julle vanaand?
Post by: Antjie Patat on October 09, 2021, 08:06:18 AM
hahahahahahaha Naas !! lekker lag ek nou.... ken dit.
En groot empatie vir n diabeet.  Dis bitter moeilik
Title: Re: Wat eet julle vanaand?
Post by: PM on October 10, 2021, 04:58:18 PM
Jy is gelukkig Naas, ek het op 'n drie weke dieetplan (mooi woord Antjie Patat) gegaan en dit het my agt maande gevat.  Ek moet darem bysê, dit het my net drie weke gevat om al die gewig weer aan te sit.   :icon_scratch:
Title: Re: Wat eet julle vanaand?
Post by: Meraai vannie Baai on October 10, 2021, 11:13:34 PM
 :toothy4: Daar steek gereeld 'n stok in die wiele van ons eetplanne - druiwestok  :icon_biggrin:
Title: Re: Wat eet julle vanaand?
Post by: Trapsoetjie on October 10, 2021, 11:23:02 PM
Vanaand was maar 'n simpel ete, van brood en eiers.

Ons het vanmiddag ook nie 'n groot gedoente gehad nie. Was nie lus nie. Oma is bietjie siekerig so ek het vir middag ete wortels, groen boontjies en aartappels gestoom en wors in die "airfryer" (lugbraaier volgend google translate  :icon_biggrin:) gemaak.


 :angel12:
Title: Re: Wat eet julle vanaand?
Post by: PM on October 12, 2021, 05:54:29 PM
Ag ek hoop dit gaan gou beter met Oma Trappies.
Raaitjie, ek ken daardie gesteek van 'n druiwestok!   :angel4:
Hier steek die ding gereeld.


Hannes het gou vir ons 'n ietsie gaan koop om te eet, terwyl ek die druiwestok terg, want oor 5 minute gaan ons krag af vir 2,5 ure!  Ek kan nie verstaan hoekom hulle hierdie tyd van die dag (6 uur in die middag) die krag afsit nie.  Ons krag was af van half elf tot 1 uur vanmiddag. 
My neukenaar (skootbrakkie) se battery het opgepak, nou moet ek maar wag tot die krag weer aankom.
Sien julle later.   :love7: