Wat de dinges is 'haakballe'?
Klink baie stekelrig. Keelseer se moses.
Gisteraand, 2min noodles. Roerbraai groente of net tamatietjies terwyl die 2min noodles in 'n bietjie kookwater sag word.
Gooi dit dan by die groente in die pannetjie en laat droog prut.
Soms gooi ek sommer nog kaas ook in as ek die dag voel en kan doen met nog 'n kg aan die lyf.
As dit mushroom geur noodles is, braai ek mushrooms en roer die klomp deurmekaar. Daardie nag slaap ek nie, want die mushrooms hy willie verteer nie.
Soms gooi ek 'n blikkie hoender by. Whatever.
Tjoeftjaf en jy het 'n warm ete met die minimum moeite en kragverbruik.. ook sommer net 'n pannetjie en 'n bakkie om skoon te maak.
Vanaand, toast en roereier. Drink later koffie.
Ja nee, baie praat, want dit is mos kos. Mos pure lekkerte.