Min slaap het gelei tot die vermaak van 'n magnesium verskaffer gister. Ek het 'n advertensie gesien vir organiese magnesium op 'n stiffie (roll-on) dit help glo om beter te slaap en krampe te verlig en blykbaar selfs te verhoed. Op die stadium is die ouvrou bereid om enige iets van perdemis tot byepiepie te probeer as iemand my kon oortuig dit werk
As kommentaar stuur ek toe die skakel vir Outop: Dalk iets om te oorweeg wat nie sal inwerk (ek moes dalk maar gehou het by die Engelse wolf in Afrikaanse skaapsklere) en geskryf het 'interfere' op die rottegif nie lol. Die verskaffers span toe prof Google in:
Maybe something to consider that does not work on the rat?Los toe vir my 'n boodskap:
Amazing Oils - Organic Magnesium Products Hi guys, we put this through Google translate it was rather amusing. If you have any questions then please let us know Navorsing het bewys dat magnesium in tabletvorm 96 persent geaffekteer word deur die maagsappe en met die aanwend uit 'n gel in stiffievorm, word die magnesium dadelik geabsorbeer deur die selle en omseil die spyverteringstelsel. Hulle raai dus aan dat jy die middel direk op die vel aanwend soos bo op jou voete.
Outop het vir ons 'n stiffie bestel en ek sal laat weet of daar 'n verandering in die slaappatroon en krampe is.
Terugvoering van die verskaffers: Amazing Oils - Organic Magnesium Products. Just a tip, for sleeping apply a couple of sprays to the top of feet, calves and lower back about 15 mins before going to bed each night! 😉