41
PH (Pulmonale Hipertensie) / Re: 'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)
« Last post by Meraai vannie Baai on June 02, 2023, 08:38:12 AM »Covid-19 en Pulmonale Hipertensie: Verskil in simptome tussen Outop en myself.
Daar was 'n groot verskil tussen die simptome wat Outop ervaar het invergelyking met wat ek ondervind het. My eerlike mening was dat hy baie sieker was. My groot voordeel was die Anti Viral medikasie wat ek kon gebruik binne 24 uur vandat simptome begin het.
My eerste simptome was 'n vreemde hoes. Ek is gewoond aan 'n gekug en onbeheerste hoesbuie van PH. Hierdie was vreemd want ek het rooi wange gehad maar geen koors nie. En toe het die lyf- en gewrigspyne begin, was ek die derde aand vir die eerste keer bewus van benoudheid en ek moet noem, daar was al baie meer benoudheid met die asemdief. Of dit die rede, of die medikasie was dat hierdie pes meer gevoel het soos 'n nare griep, sal ek nooit weet nie.
Ek kon nog met niemand anders gesels met PH, wat ook Covid gehad het om dit te kan bespreek of vergelyk nie. My ore het gepyn, en koue koors het my soms drie keer per dag in die bad laat klim wat ook verligting vir die seer spiere en gewrigte gebring het.
My bolyf en maag het meer geswel as met PH en het op 'n stadium gevoel of ek 'n ballon gevul met sement in my ronddra. Die ouvrou het niesbuie ervaar wat my hele waterwerke ontwrig het en soms deur vier stelle nagklere gegaan in die proses.
Dit was die langste in my lewe wat ek in nagklere uit eie keuse deurgebring het. En ek moet blosend erken ook die langste wat Outop aan my voorkoms sonder oorlogsverf blootgestel was.
Daar was een dag wat ek 'n ligte keelseer begin ontwikkel het en 'n pakkie sout chippies het dit genadiglik gestuit.
Arme Outop het hierdie pes in sy volle glorie leer ken. Hy het oorspronklik gedink toe ons die Woensdagmiddag hier wegtrek om ons drie maande toer te begin, dat hy weer 'n sinusontsteking het.
Ons het na 140km besluit om te oornag en van slaap was daar geen sprake. Hy het net sieker en sieker geword. Die oggend het hy 'n covid toets gedoen en positief getoets. Ons het toe reeds besluit indien hy positief toets gaan ons dadelik omdraai en huistoe gaan.
Genadiglik was daar 'n hele week se voorraad in die wieletjieshuis asook noodvoorraad vir ingeval ons iewers oorstromings teekom en vasgevang word vir 'n week of so.
By die huis het hy die wieletjieshuis geparkeer, ons ander voertuig se battery weer gekoppel sodat ek vervoer het om die nodigste medikasie oor die toonbank te kan koop want ek het geweet, ons gaan altwee binnekort te siek wees.
Niemand mag by ons kom nie en ons is vasgevang in die pandokkie. Ons kinders wou met alle mag net kom help. Hoe stel jy as ouer jou kinders bloot aan hierdie vieslike virus? Ons het belowe dat ons sal laat weet indien dit regtig nodig word dat hulle kom help.
My arme Outop se neus was so toe dat hy vir drie of vier aande rondgedwaal het soos 'n gees. Net te benoud om te le en slaap. Later het hy klein rukkies regop op die bank of leunstoel gesit en dut. En toe kom die keelseer van alle sere. 11 dae later is my Outop nog steeds nie homself nie. Ons rus soveel as moontlik en net tyd sal leer of daar vir hom of myself, langdurige newe effekte gaan wees.
Een simptoom wat nie een van ons ervaar het nie was erge koors!
Ons was wel beide baie naar met tye en beslis verminderde eetlus en albei se smaak was aangetas. Beide 'n ligte hoofpyn ervaar met tye. Niks ergs nie.
Outop het in ligte maat self ook spierpyne ervaar. Hy sukkel nog steeds met sinus-tipe simptome. En die uwe het dit genadiglik vrygespring. Hoe geseend is ons nie. Ons lewe en kan getuig dat ons handgeskud het met 'n nare nare ding.
So het twee ou siele en die virus mekaar verpes. Ek kon nie enige PH simptome soos bv. hartritme-afwyking/kortasem/benoudheid toeskryf aan Covid-19 nie omdat dit vir jare reeds deel is van my leefstyl met die asemdief.
My bloedtoets sal Maandag wys in watter mate die Anti Viral medikasie die werking van Warfarin beinvloed het