• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Recent posts

#1
Gesegdes van toeka tot nou / Re: Skelm mentaliteit?
Last post by PM - August 14, 2026, 11:29:53 AM
Verseker Raaitjie, dink net wat sou ons kon doen in die plek van ure in 'n biblioteek spandeer aan boeke wat jy nie kon uitneem nie.  :book1:
#2
Gesegdes van toeka tot nou / Re: Skelm mentaliteit?
Last post by Meraai vannie Baai - August 14, 2026, 09:52:03 AM
Kosbaar! Ek tel my seeninge dat ons in hierdie tegnologiese wonder-eeu lewe en 'n biblioteek vol kennis het deur net aan te klop by die onsigbare bron van kennis en dit in ons eie Moedertaal. Vir my is dit werklik 'n bron wat onder jou vingerpunte wag vir ontgunning.
#3
Ek seg Amen op jou dankie vir Jan Dink wat die forum lewendig hou PM. Rukkie gesukkel om aan te teken want ek het my wagwoord skandelik vergeet. In daardie tyd was ek doodsbenoud dat terwyl ons getoer het, die forum finaal gesluit was. Amper ondenkbare angs beleef  :angel4:

Dit is eintlik vir my hartseer dat so nare skeet die meeste lesers getrek het oor die jare, sou dit veel eerder by van ons ander wonderlike plasings wou sien. Tog ook innig dankbaar dat ek my deel van bewusmaking kan doen.

Ek besef van vooraf dat humor 'n wonderlike kruk is as so deur van die plasings hier dwaal. Vra iemand my anderdag:"Moet jy nie al dood gewees het nie Meraai? Moet noem jy lyk glad nie siek nie!"

Wat anders antwoord 'n mens as 'baie dankie vir die pluimpie, ek waardeer opreg'.
 :toothy4: 
#4
Kom kuier saam / Re: Is hier dan geen tee en ko...
Last post by Meraai vannie Baai - August 14, 2026, 09:38:08 AM
Ek loer gereeld in, mis ons saam kuier ongelooflik baie. Ongelukkig as ek byvoorbeeld deur ou plasings gaan waar daar redelike klompie blaaie is, gooi die forum my af en dan is daar 'n slotjie op vir die res van die dag maar aanhouer wen en gereeld kan ek gou weer kom loer of hier dalkies nuwe woordspore gelaat is. Vandag was nou pure kersgeskenk in Augustus want toe volg ek jou meer as welkome spore PM  :love7:  :hello2:  :notworthy:
#5
Die Gorrel plek / Re: begrafnis
Last post by PM - August 12, 2026, 07:39:26 PM
Dit is kostelik.
Ek voel my hart breek vir jou Raaitjie.  Ek is so jammer.  Hoop jy sal berusting vind. :icon_salut:
#6
Kom kuier saam / Re: Is hier dan geen tee en ko...
Last post by PM - August 12, 2026, 07:26:55 PM
Julle twiekies laat my skaam kry.  Kom sit nader dan skink ek vir ons 'n glasie wyn met lekker worsrolletjies. :love7:
#7
Gesegdes van toeka tot nou / Skelm mentaliteit?
Last post by PM - August 12, 2026, 07:22:47 PM
Skelm het deel van ons kultuur geword? Ek was vandag weer verstom om te sien dat  mense wat jy vertrou het, terwille van 'n paar randjies, hul menswaardigheid ingeboet het.  Toe gaan klop ek by AI aan om te hoor wat is "skelm gesegdes" in dit is waarmee dit te voorskyn gekom het:

Afrikaanse gesegdes oor oneerlikheid
  • "'n Jakkals verloor wel sy hare, maar nie sy streke nie." 
    Beteken: 'n Mens kan uiterlik verander, maar sy slinkse of oneerlike gewoontes bly dieselfde.
  • "Stille waters, diepe grond; onder draai die duiwel rond." 
    Beteken: 'n Stil of kalm persoon kan gevaarlike of oneerlike bedoelings wegsteek.
  • "Al dra 'n aap 'n goue ring, hy is en bly 'n lelike ding." 
    Beteken: Mooie voorkoms of versiering kan nie 'n slegte of oneerlike aard wegsteek nie.
🇳🇱 Nederlandse gesegdes oor oneerlikheid
  • "Een vos verliest wel zijn haren, maar niet zijn streken." 
    Nederlandse ekwivalent van die Afrikaanse jakkals-gesegde; dui op iemand wat sy sluwe aard nooit verloor nie.
  • "Als de kat van huis is, dansen de muizen op tafel." 
    Beteken: Wanneer gesag of toesig ontbreek, tree mense oneerlik of ongeoorloof op.
  • "Hij heeft de klok horen luiden, maar weet niet waar de klepel hangt." 
    Beteken: Iemand wat voorgee om kennis of waarheid te hê, maar eintlik verkeerd of misleidend is.
📌 Kernpunt
  • Afrikaans gebruik dikwels die jakkals as beeld vir slinksheid, terwyl Nederlands die vos gebruik.
  • Beide tale beklemtoon dat oneerlikheid 'n ingeboude karaktertrek is wat moeilik verander.
  • Gesegdes soos dié word gebruik om iemand se valsheid, bedrog of skynheiligheid te beskryf op 'n beeldende manier.
#8
Uit die ossewa se medisynetrommel / Re: Onnutsige Boererate
Last post by PM - August 11, 2026, 06:41:15 PM
Het ek nou weer gelag dat die trane rol.  "tjek" hierdie een: HART...Bring 3 bottels water tot kookpunt en voeg dan 3 pakkies engelse
sout by....laat 10 minute kook en haal dan van stoof af om af te koel.
Voeg nou 1 botteljie peppermentessens by en meng goed. Gooi in in
bottel met prop. Drink ½ kelkievol voor etes 3 maal per dag. Klink of dit ook goed kan werk vir 'n verstopping en vir hoes. Jy sal nie waag om te hoes nie.
#9
PH (Pulmonale Hipertensie) / Re: 'n Hand en tand bekgeveg t...
Last post by PM - August 11, 2026, 06:27:28 PM
Ek het nou  weer hier gesit en lees soos meer as 'n miljoen ander.  Ek glo nie daar is nog 'n onderwerp wat soveel aandag gekry het nie.  
Wat my bybly is die gesegde:  Ervaring is die beste leermeester.  
Jy beskryf ook gevoelens wat mens nie kan beskryf as jy nie weet waarvan jy praat nie. ...en jy weet!
Baie dankie vir die ure en ure se werk wat jy hier insit Raaitjie.  
Dankie vir Jan Dink wat steeds ons forum lewendig hou.   :notworthy:
#10
Groente / Re: Pampoenkoekies
Last post by PM - August 11, 2026, 06:12:15 PM
Het gou die resep kom haal, kuier mos hier in die bos! :bootyshake: