• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Pampoenkoekies

Started by PM, January 30, 2012, 11:22:31 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Pampoenkoekies.

Bestanddele:

500 ml droge gaar pampoen deur 'n sif gevryf of gepulp. (2 koppies)
30 gram (60 ml of 4 groot eetlepels) koekmeelblom
10 ml bakpoeier (2 telepels)
Halwe telepel sout
1 Eier
Olie om in te braai
Kaneelsuiker om oor te gooi
Suurlemoenskyfies.

So maak mens:

Meng die pampoen, meel, bakpoeier, sout en eier deeglik.
Bedek en plaas in koelkas vir 1 uur lank.
Verhit olie in 'n swaarboompot tot medium hitte.
Skep lepels vol in die olie en bak tot bruin.
Dreineer op kombuispapier.
Strooi kaneelsuiker oor terwyl die koekies nog warm is. 
Sit voor met suurlemoenskyfies.
Om te weet is om te verstaan.

Chichi

mamma maak die altyd wanr die familie kom
*The one and only AWESOME-EST


adele

Chris is gek hierna, maar ek glo hy sal enige resep geniet solank dit pampoenkoekies is ....

PAMPOENKOEKIES

Deeg:

500ml gaar pampoen         2 eiers
20ml bakpoeier            3ml sout
300ml koekmeel                         3ml koeksoda
30ml kondensmelk                      5 ml asyn

Meng saam en bak koekies.  Skep in vuurvaste bak.

Sous: (ek maak net helfte aan, anders bêre ek die res in vrieskas)
            
250ml melk            30ml margarien
125ml water            stukke pypkaneel (Ek gooi sommer half teelepel fyn kaneel by)
500ml suiker            15ml mielieblom
1ml sout                                    2ml vanilla

Kook stadig saam tot dik.  Gooi oor warm koekies.

of

KARAMELSOUS VIR PAMPOENKOEKIES

160g (200ml) suiker         knypie sout
50g (60ml) botter/margarine   250ml melk
125ml goue stroop         2ml vanieljegeursel

Smelt die suiker, botter, gouestroop en sout oor stadige hitte.
Roer die melk bietjies-bietjies by en laat die sous net opkook.
Voeg die vanieljegeursel laaste by.
Giet die sous oor pampoenkoekies en laat dit 'n rukkie in die lou-oond
staan sodat die sous kan intrek.
adéle  :grommit:

PM

Pas na Kersfees!  Ha-ha.
Dankie vir die deel matertjie. 
As ons iewers heen gaan dan is my resepte net so ver soos die rekenaar en die Afrikaanseforum. 
Om te weet is om te verstaan.

PM

Njam njam, het ek nou lekker gesmul aan hierdie pampoenkoekies.  Uit die boek uit!  Dankie vir die deel Adele.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

adele

Ag lekkerrrrr, hier is ook nog 2 oor van die mengsel wat ek saterdag gebak het. Chris eet dit sommer vir poeding na aandete....  :toothy4:
adéle  :grommit:

PM

Ek sien op die forum se deelname dat ek nie die enigste ou is wat gereeld terugkom vir resepte nie.  Daar is darem 'n paar wat nie gewen kan word nie.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

PM

Ek kom altyd terug om 'n reseppie op te pik.  Sondag is ons 51 jaar getroud en ouma moet uithang.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

adele

Baaaie geluk en liefgroete daar. Ja, ek het netnou na Broodpoedingresepte gesoek.... En toe maar uit my kop een aanmekaargeslaan, oond nou afgesit, dis vir netnou se koffie.
adéle  :grommit:

PM

Het gou die resep kom haal, kuier mos hier in die bos! :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.