Recent Posts

Pages: 1 ... 5 6 [7] 8 9 10
61
Adéle se plek / Re: Kersfees - Christusfees
« Last post by PM on December 22, 2021, 11:23:07 AM »
Dit is voorwaar 'n voorreg.  Ons sit hier alleen terwyl al ons kinders in die buiteland is.  NZ se grense is nog toe.  Amsterdam s'n ook. 
62
Adéle se plek / Re: As Sondag te lank raak
« Last post by PM on December 22, 2021, 11:19:09 AM »
Dit is altyd op die voorgrond by my.  Al wat 'n mens kan doen is om te hoop dat jy die krag sal kry om daar deur te kom wanneer dit met jou gebeur. 
Ons laaste kleinkind het gisteraand Engeland toe vertrek.  Nou is ons behoorlike weesouma en -oupa.   :crybaby2:
63
Adéle se plek / Re: Kersfees - Christusfees
« Last post by adele on December 22, 2021, 11:08:55 AM »
Dis die grootste voorreg om 'n Christusfees saam met familie te vier, en hoef steeds nie te mammon nie ...  :love7:  :love7:
64
Adéle se plek / Re: As Sondag te lank raak
« Last post by adele on December 22, 2021, 11:02:40 AM »
Dis wanneer mens in die diep kant ingegooi word, inval, dat jy die troos en krag kry om te KAN. Eintlik moet elke mens, sonder om daaroor te tob en depressief te raak, in jou agterkop weet dit kan gebeur.
65
Adéle se plek / Re: trooskleure
« Last post by PM on December 22, 2021, 10:21:59 AM »
Pragtig geskryf.  Ek sien die "skildery" in my geestesoog en dit bring ook vir my troos. 
66
Adéle se plek / Re: Jonathan, Elisa en Christus
« Last post by PM on December 22, 2021, 10:20:18 AM »
Dankie vir die mooi boodskap Adele. 
67
Adéle se plek / Re: Kersfees - Christusfees
« Last post by PM on December 22, 2021, 10:13:31 AM »
Soos altyd laat jou gedagtes my stilstaan en dink.  Dit is so dat kersfees vir baie mense net vakansietyd en geskenke inhou.  Dan, aan die anderkant, is dit vir baie mense die enigste tyd wat hulle by hul familie kan kuier. 
68
Adéle se plek / Re: As Sondag te lank raak
« Last post by PM on December 22, 2021, 09:59:31 AM »
Dit is iets waaraan ek nooit gewoond sal raak nie, dit is alleen.  Ek lief stilte en rustigheid, maar daar moet iemand wees om dit mee te deel. 
Ons was die 19de 51 jaar getroud.  Ek sal dit nie maak om alleen te wees nie.   :glasses7: :glasses8:
69
Adéle se plek / Kersfees - Christusfees
« Last post by adele on December 22, 2021, 09:57:44 AM »
Oor drie dae is daar op die kalender ‘n vakansiedag gemerk, nl kersdag. Ek kry die volgende aanhaling op Internet se Wikipedia:
“Kersfees, vanuit Kerst, 'n Middelnederlandse naam vir ‘Christus’, en dus letterlik Christusfees, is 'n tradisionele herdenkingsdag op die Christelike kalender wat plaasvind op die vyf-en-twintigste (en ses-en-twintigste) dag van Desember en vier die geboorte van Jesus.”

Ek wou graag ‘n paar gedagtes deel, maar tussen al die beskrywings, sienings en menings, sêgoed en musiek oor kersdag, vergeet ek later waarna ek aanvanklik gesoek het toe ek Google ingevaar het. Ek wou meer weet oor ‘n werklike Christusfees. En keer op keer kom ek terug na die Bybel langs my op ‘n tafeltjie. Daar vind ek wat ek soek en nodig het. Die enigste vertelling en beskrywing van die “inleiding of aanleiding” die hele Ou Testament deur, nl God se beloftes oor Jesus se koms, die redding wat Hy gaan bring en die profete se woorde daaroor; dan die aankondiging en geboorte van Christus in die Nuwe Testament. Wat meer het ons nodig?

Deur Matthéüs en Lukas se vertellings, kan ek my verbeelding laat gaan na daardie tyd, ongeveer 2000 jaar gelede. Daar is ‘n kaart wat aandui waar Nasaret was, en Josef en Maria moes daarvanaf na Bethlehem gaan. Hoe lank het hulle gestap en wat het alles op die pad gebeur? Wie het saam met hulle geloop en waaroor het hulle alles gesels? En die hele tyd het Josef en Maria gewonder wanneer hul seuntjie wat hulle Jesus moes noem, gebore sou word. Dit laat my wonder of hulle twee baie met ander reisigers gesels het, of hulle gedagtes nie te vol van die wonderlike gedagtes wat die engel aan hulle meegedeel het, was nie.

En, soos met alle moeilike dae en ervarings wat christene vandag nog deurmaak … want geen christen het dit in hierdie wêreld maklik nie … het daardie twee mense geen maklike paar weke en maande beleef nie. Eers die gesukkel om ‘n redelike blyplek te bekom, toe moes hulle ‘n paar maande later na Egipte vlug en later met ‘n ompad huiswaarts keer.

Maar nooit het Josef en Maria gesê “ons wil nie …” Nooit het hulle teruggedeins voor die groot taak wat hulle opgelê is nie. Die ster en besoek van die herders, die engelgesange daar om hulle in die nag, en wie weet hoeveel liefde hulle van ander mense gekry het, is deel van alles wat Maria, soos dit genoem word, in haar hart bewaar het. Lukas 2: 19 maar Maria het al hierdie woorde gekoester en in haar hart daaroor bly nadink, en ook later,(nadat hy op 12 jarige ouderdom in die tempel agtergebly het) in vers 51Maar sy moeder het al hierdie dinge in haar hart bewaar.

Die geboorte van Jesus Christus was die een wonderwerk op die ander en dis vir ons onverstaanbaar dat baie mense dit geensins glo nie. Maar ons glo omdat ons in Hom glo en die enigste wat God van ons verwag, is om dit aan almal te vertel. En dit kan ons net doen as ons dié tyd elke jaar waarlik as ‘n Christusfees gedenk, nie deel in ‘n wêreldse kersfees gevul met mammon-uitbuitery nie. Moenie net jaag van een vakansiebestemming na ‘n volgende, sonder om stil te raak en waarlik die geboorte-herdenking van Jesus met lofsang en lofprysing deur te bring nie.
70
Adéle se plek / Jonathan, Elisa en Christus
« Last post by adele on December 22, 2021, 09:53:01 AM »
Boodskap 20 Desember 2021

Ek groet julle, vriende …

Die laaste paar dae voor ons Christusfeesdag lei my na Elisa, die profeet wat Elia opgevolg het, en Jonathan. Tydens Donderdag se Geloftediens, het ds Jan de Wet ons iets vertel van Jonathan, seun van Saul, en sy wapendraer. Die man wat Jonathan gehelp het om die Filistyne aan te val. Ons lees die gebeure in 1 Samuel 14:6 Jonatan sê toe vir die jong man wat sy wapens dra: “Kom ons gaan oor na die garnisoen van hierdie onbesnedenes. Miskien help die Here ons, want daar is vir die Here geen beperking om deur baie of deur min te verlos nie.”

Jonathan het eers vir sy dienskneg vertel hoe almagtig God is, die God wat deur die Israeliete aanbid word, in wie hulle geglo het. Die filistyne was baie, in slagordes opgestel rondom Saul en sy paar honderd manskappe opgestel. Boonop het die Israeliete geen wapens gehad nie, behalwe net Saul en Jonathan, want die filistyne het lankal gesorg dat daar in Israel geen grofsmid meer was nie. Maar daardie dag het God die filistyne verslaan. (Lees daarvan in 1 Samuel 13)

Dieselfde het met Elisa gebeur; sy dienskneg het beangs gekyk na die duisende van vyande rondom hulle. Ek lees 2 Konings 6:15 en verder …Toe die dienaar van die man van God vroeg opstaan en uitgaan, was daar sowaar 'n leërmag met perde en strydwaens om die dorp! Sy dienaar sê toe vir hom: “Ag, my heer, wat moet ons doen?” 16Maar hy het geantwoord: “Moenie bang wees nie, want hulle wat by ons is, is meer as dié wat by hulle is.”
 17Elisa het toe gebid en gesê: “Here, maak tog sy oë oop, dat hy kan sien!” Daarop het die Here die dienaar se oë oopgemaak, en hy sien toe – sowaar, die berg rondom Elisa is vol perde, en strydwaens van vuur!

En weer het God verwarring in die vyand se laer gebring, soos baie ander kere ook. Ja, elke keer het God as Oorwinnaar uit die stryd getree.

Maar keer op keer het Israel weer afgedwaal, het hulle agter ander gode aangeloop, gemeng en ondertrou met heidense nasies. En die uiteinde daarvan was dat God op ‘n dag moeg geraak het daarvoor. Ons weet dat God hulle jare lank in ballingskap in Babilonië laat swaargekry het, tot hulle weer teruggetrek het na die Beloofde Land en  dit opgebou het. Ook dat God op ‘n dag gewyk het van die kinders van Israel, ongeveer 400 jaar geen woord meer deur hulle profete met hulle gepraat het nie. En onder die Romeinse oorheersing het hulle nog swaarder gekry.

En toe is Jesus Christus gebore. Die grootste omwenteling in die mensdom se bestaan. Die troon en koninkryk van Dawid sou vir ewig bestaan, en in Christus se koms, is dit vervul. Wat ‘n vreugde, wat ‘n lus om Hom te loof.

Maar omdat Israel, die volk wat deur God uitverkies is, Hom nie wou aanvaar en in Hom glo nie, het die tempel se voorhangsel geskeur en so het mense uit alle nasies en tale, toegang gekry tot Christus se verlossing en die Ewige Lewe.

Vriende, ons dwaal so maklik af. Maar in Christus kry ons krag om nie in dit wat ons so treiter en mislei, te volhard nie. Kniel neer, vra vergifnis by Hom. Gee vergifnis aan hulle wat jou seermaak en woedend maak.

Loof en prys Hom. Moet nie deel raak van die wêreldse kersfeeskultuur wat om mammon draai nie. Onthou dat julle, as gelowiges in Christus, die tyd moet gebruik om mekaar te herinner aan Christus se wonderwerk-koms en nederige lewe op aarde. Die voorbeelde wat Hy aan ons gestel het, is so baie en die Ewige Lewe waarheen Hy ons lei, is onbeskryflik wonderlik.

Hiermee groete ek tot ons weer kuier. Mooi dag vir elkeen. Totsiens.

Bybelaanhalings uit die Direkte Vertaling 2020
Pages: 1 ... 5 6 [7] 8 9 10