Recent Posts

Pages: 1 2 [3] 4 5 ... 10
21
Baie geluk... Baie welkom / Re: Wekom Anne-Lize
« Last post by PM on November 07, 2024, 10:20:05 AM »
Ek sien uit daarna om jou bydraes te lees.  Jy kan gerus vir ons 'n bietjie meer van jouself vertel. 
22
Baie geluk... Baie welkom / Re: Wekom Anne-Lize
« Last post by Anne-Lize on November 07, 2024, 09:47:31 AM »
 :hello: Baie dankie vir die hartlike verwelkoming en dat ek deel kan wees van Die Afrikaanse Forum.
23
Baie geluk... Baie welkom / Wekom Anne-Lize
« Last post by PM on November 07, 2024, 09:30:01 AM »
Baie welkom.   :hello:
Kom kuier saam en voel vry om op enige onderwerp kommentaar te lewer.
24
Baie geluk... Baie welkom / Wekom Piet
« Last post by PM on November 07, 2024, 09:26:41 AM »
Baie welkom by die forum.  :icon_cheers:
 Ek hoop jy neem deel en voel vry om op enige onderwerpe te kommentaar.
25
Hoendergeregte / Sosaties, hoender, kerrie en uie alla Petronella
« Last post by PM on October 27, 2024, 09:34:53 AM »
Hierdie resep het ek al met beesvleis en groente gemaak en al moet 'n mens die items vir twee dae in die kerriesous laat lê, is dit die moeite werd.  Moet jou ook nie blind staar teen die baie soetigheid in die resep nie, dit is nie so soet soos dit klink nie.


Ek het vier hoenderborsies (in groterige stukke gesny)gebruik vir hierdie hoeveelheid marinade, het 8 stokkies gemaak.  As jy meer wil maak moet jy die marinade se hoeveelheid aanpas.



Marinade:
Die hoender en ander groente wat gebruik word moet saam in die marinade lê.  Die hoeveelheid en sterkte van die kerriepoeier hang van jouself af.


4 Hoogvol eetlkepels kerriepoeier
1 Teelepel Cayen peper.
1 Teelepel borrie
2 Groot uie in dik ringe gesny. (Jy kan dit ook klaar in groot blokke sny)
Een derde koppie chutney
Halwe koppie asyn
7 Eetlepels suiker
4 Eetlepels appelkooskonfyt
500 ml water
1 Eetlepel sout
1 Teelepel peper


Kook alles saam en gooi dit net so warm oor die hoenderblokkies, rooipeper, geelpeper, groenpeper, sampioene en enige ander groente wat jy op die stokkie wil ryg.


As jy lus is vir sukkel kan jy die stokkies ryg en die marinade lê en kort kort omdraai.  Ek lê alles in die marinade en ryg die stokkies voor ek dit braai.  Moenie te lank braai nie, onthou die marinade maak die vleis klaar halfpad gaar.


As jy dit wil vries moet jy nie ander items behalwe die uie en pepers inryg nie.  Voeg 'n bietjie sous by en vries.


Lekker eet.





26
Die komiese hel van hallusinasies / Re: Die komiese hel van hallusinasies
« Last post by PM on June 22, 2024, 11:09:01 AM »
Hi daar Meraaitjie. Ja jong, die lewe vat ons elke dag op 'n ander toer.  Op my ouderdom is dit asof ek maar net in die bus klim sonder 'n keuse.  Dikwels kom ek eers middag-ete agter my "lunchpakkie" is nog iewers by die huis.  :dontknow:
Ek stem saam met die wroeging oor ete en drinke, plaas 'n wag voor jou mond en stres oor iets wat jy gister geseg het wat verkeerd opgeneem is.   :icon_scratch:


Ek het nog baie om voor dankbaar te wees en as ek so deur ons gisters se spore stap dan voel ek "blessed".


Ek sou graag wou weet hoe dit met al die matertjies wat hier spore getrap het gaan. Ek mis almal.
27
Jammer vir die lang swye PM. Die lewe maak snaakse draaie met ons almal en elkeen 'cope' of sy of haar manier. Hoop julle het aangepas. Dankie baie vir die terugvoering. Ek is dankbaar dat hierdie plasings vir iemand tot nut was. Wanneer jy jou eie waarnemings nie meer kan vertrou nie is 'n helse aanpassing. My innige simpatie met jou vriendin mater.

Diekant van die aardbol het ek so pas ‘n video opname gekyk van ‘n wonderlike, super intelligente man met demensie (weens breinbeserings). Hy wroeg met dieselfde vrae as die uwe: Onttrek jou familie/vriende weens die feit dat jy dinge sien/hoor/voel wat niemand anders kan nie of het jou optrede die afgelope klompie jare so totaal verskillend geword van hoe jy voorheen sou optree dat jy nou soos  ‘n ongevoelige, uitgesproke vreemdeling vir hulle voel?

Na 'n onlangse kampsessie het die uwe ernstige bedenkinge oor waar jy die streep trek om jouself te vrywaar van gedwonge optrede om die vrede te bewaar  :angel4:

Onttrek ek straks doelbewus oor die vrees vir my optrede as sommiges se geaardhede wat jy  voorheen slegs verduur het terwille van liefde/vriendskap nie meer ‘beheerbaar’ en selfs ‘toelaatbaar’ vir jou geword het nie?
 
Die wag voor jou mond het ‘n hele paar jaar gelede al gedros en simpatie saamgeneem in die proses. Hoe verduidelik jy dit aan ander sonder dat dit soos die verskoning van ‘n smart- of sketevraat klink?

Ek het nie meer nodig om te wroeg oor wat ander gaan opmerk as ek eet en drink wat ek voor lus het of my ongesensorde mening uitspreek oor waarin ek glo en nie glo nie.

Meraai gaan nie meer nagte ronddwaal oor wie voel nou weer verontreg/afgeskeep of te nagekom nie. Wat jy so mildelik uitdeel moet jy bereid wees om selfde maat terug te ontvang. Tyd en gemoedsrus is ongelooflik kosbaar en ons lewe in harde, wrede ongenaakbare tye. Ek het nie antwoorde op vrae of vermoedens nie behalwe die onbetwisbare feit dat daar bodemlose laaie in my kreukelkamer is.

‘n Outopsie is nog beslis nog nie ‘n oplossing nie… 😊

28
Ons Kabouter Afdeling / Anja en Jana
« Last post by Anton Louw on March 25, 2024, 03:04:51 PM »
Dit was laasjaar, 27 Junie, op my 49ste verjaarsdag.
Toe gaan staan en piepie my vrou op 'n stokkie en bring dit vir my met 'n " Happy Birthday my man!"
Dit het my 'n maand geneem om oor die skok te kom.
Nog 'n maand later en toe vind ek uit daar is twee!
Hulle is nou amper 3 maande oud, twee dogtertjies met die name Anja en Jana.
En so verander die lewe in 'n oogwink.
Wie sou kon dink dat ek op my 50ste met 2 babatjies op my skoot gaan sit?


29
Waar is jy? / AB waar is jy?
« Last post by PM on March 16, 2024, 10:16:13 AM »
Ek wonder of jy nou al soveel wenner wyne gemaak het dat jy my nie meer wil ken nie. Ek mis jou en die Kaap.
Kom vertel van jou wyn en waar kan 'n mens bestel.
30
Kom kuier saam / Re: Giggelgeel plesier!
« Last post by PM on March 16, 2024, 10:09:16 AM »
En nou het Tweetie 'n nuwe baas gekry. Uber en Bolt is my voorland.  Dit is nog goedkoper as lisensies, versekering, brandstof en onderhoud.  Wat 'n "cheep-cheep" manier om jou eie chauffeur te kry.
Geen meer parkeergeld en langafstand stap nie.  Laai jou reg voor die deur af en weer daar op.  :angel4:
Pages: 1 2 [3] 4 5 ... 10