Recent Posts

Pages: 1 ... 3 4 [5] 6 7 ... 10
41
Adéle se plek / Re: jou se plek
« Last post by PM on February 12, 2022, 09:26:30 PM »
Ek hoor net hoe goed dit met almal gegaan het wat reeds die operasie gekry het.  My broer het laat verlede jaar sommer altwee kniee laat doen en hy sê hy moes dit laaaankal laat doen het. 
Deesdae doen die jong doktertjies sommer die operasie in die dagkliniek.  Vannaand gaan jy huistoe.  Ongelukkig moet ek eers die internis sien oor die hartversaking.  Ek sal dalk die nag moet oorslaap.  Voorkoming is beter as genesing. Ek sal maar die stappe volg.  Hard werk daarna om so gou as moontlik weer op die been te kom.
Is daar 'n bietjie raat wat jy my kant toe kan gooi?
42
Adéle se plek / Re: jou se plek
« Last post by adele on February 10, 2022, 05:59:11 PM »
Sterkte liewe Petra. Ek gaan ook binnekort, sou Maart 2020 gedoen moes wees, maar toe covid almal, so.... Iewers oor maand of 6 moet ek gaan reël vir my ander Knie, nadat een reeds 2019 vervang is en dis so goed.
43
Adéle se plek / Re: jou se plek
« Last post by PM on February 10, 2022, 01:48:10 PM »
Ja jy sien?  Lekker kuier ek en jy hier tussen gister se lyne.
Ek sien 'n internis die 24ste Februarie om 'n knievervanging te doen.  My vergrote hart moet eers aan toetse blootgestel word om te sien of alles in orde is.  Die voorlopige datum is dan vir die 3de Maart.
44
Adéle se plek / Re: jou se plek
« Last post by adele on February 09, 2022, 07:45:48 PM »
 :love7:  :love7:
45
Tradisionele geregte / Re: PM se hoenderlewertjies
« Last post by PM on January 29, 2022, 11:11:07 AM »
Ek net gou weer kom loer na die resep.  Maak dit sommer gou vannaand vir 'n hoofgereg, met pap ja!  Met pap!  :icon_biggrin:
46
Pieternel gee raad / Re: Is ek my ouer se hoeder?
« Last post by PM on January 28, 2022, 09:08:17 PM »
Ai, dit is 'n moeilike vraag om te beantwoord. 
Ek weet dat daar wel kulture is waar dit die kinders se plig is om ouers te versorg nadat hulle werk gekry en selfonderhoudend is. 
My mammie het gesê dat een ouerpaar 10 kinders kan groot maak, maar dat 10 kinders nie een ouerpaar kan versorg nie. 
Kan julle my help asseblief!
Is dit kinders se plig om ouers by te staan en te ondersteun in hulle oudag?  Moet ouers maar net op hul eie stoom vir hulself sorg? 
Wat sê julle?
47
Pieternel gee raad / Is ek my ouer se hoeder?
« Last post by PM on January 28, 2022, 09:00:07 PM »
Kry ek 'n briefie van 'n eensame siel! 
"Ek voel so eensaam en alleen.  Al my kinders is in die buiteland en ek is so verlore sonder jong mense wat alles weet van TV's en selfone.  Nuwe tegnologie.
Ek kry knaend al hierdie boodskappe van "registreer om jou inligting te kry" en "ons het 'n "password" ingestel om jou inligting te beskerm!"
Kan ek nie maar my eie "password" kies nie?
Van hierdie plekke kies ek 'n password dan word daar vir my vertel dat dit nie "sterk" genoeg is nie? Nou kry ek nie geregistreer nie, want ek is te oningelig!
Wat nou?
Is daar nie iemand wat bereid is om oumense te help nie?  Ek is so verlore!
Waar is my kinders?  Is ek onregverdig om van hulle te verwag om my by te staan?
48
Vervloeë woordskatte / Re: Boesmanland-leer-jou-gou-opreg-bid
« Last post by PM on January 28, 2022, 08:50:37 PM »
Dit is 'n jammerte!  Daar is soveel kosbaarhede uit die volksmond wat opgedroog het.  Gelukkig het ek darem nog vir jou my lief!   :love7:
49
Vervloeë woordskatte / Re: Boesmanland-leer-jou-gou-opreg-bid
« Last post by adele on January 28, 2022, 05:07:59 PM »
Kom ek nou agter dat die artikels en briewe in die ou koerante nie meer bestaan nie  :icon_scratch:  :crybaby2:  :crybaby2:  :crybaby2:  :crybaby2:
50
Adéle se plek / Hoe soek ons 'n toekoms
« Last post by adele on January 18, 2022, 04:30:47 AM »
          Die Vrystaat (ook ander streke in ons mooi land) is nat. Eintlik NAT. Plek-plek was daar weke gelede laas enige droë plekkie grond. Lande is oorstroom en diere deur vol spruite vasgekeer.

          Mag ons vra dat ons Here weer sonskyn en wind gee om die lande so effens op te droog? Natuurlik. Hoekom nie. Is dit nie dalk waarvoor Hy wag nie? Ons glo ons moet vra, maar dan vergeet ons, in die ramp van té nat, om weer te vra, want ons het vir reën gevra omdat dit te droog was. Ek onthou iemand het eenkeer gesê, pas op waarvoor jy vra.

         Begin elke dag met gebed, en sommer gesels met ons Vader. Saans dink ons daaraan, maar dan vergeet ons môreoggend weer daarvan.

          Hy stap uit stoep toe, wil so na aan die landerye kom as wat hy kan. Maar dit is, soos hulle in engels sê ‘useless’ want die tuin is ‘n dam. Laasnag se reën kan nie meer wegsak nie; die grond is oorversadig. Die water lê reeds teenaan die boonste trappie en dreig om die huis in te vloei. Die skuur se vloer is reeds oorspoel. Die voertuie daar naby is tot by die deure onder water. Sakke saad, kunsmis, voeding, soutblokke … alles is nat en die skade is te veel om te bereken.

          Toe die son opkom, blink die landerye soos ‘n spieël. Daar steek nog enkele koringare bokant die water uit, maar dis net die langste stele. Die res het reeds ongesiens verdwyn. Verderaan is lande met ander gewasse, sommige pas geplant, ander met lusern reeds weggespoel en nog ‘n land wat voorberei was om binnekort te plant… Here Help! 

          Hy sluit sy oë en roep nog ‘n keer na die enigste Here wat hy ken en by wie hy hulp soek. Hy voel nie die trane oor sy wange nie, ook nie eers toe hulle afdrup op sy bors nie. Hy sien net die waterbeeld wat in sy betraande oë uit fokus raak en verdof.

          Terug in die huis in, gaan skink hy twee bekers koffie en stap dan weer stoep toe. Hy gaan sit langs haar op hulle rottangbankie. Toe hy haar plaas toe gebring het en oor die drempel gedra het, het sy hierdie stoephoekie ingerig en dit het hulle bidhoekie geword. Hulle oggend-huisgodsdiens-, gesels-, beplanning-, smeking- en dankiesê plekkie.

          Sy gee vir hom ‘n paar tissues, ja sneesdoekies, maar tissues vee meer trane af. Dan snik hy hardop en sy vat net sy hande in hare vas. Hy kry sy emosies vasgevat en begin dan bid. Hy bid tot die God van hemel en aarde, hulle Skepper wat alles onderhou. Hy pak sy hele hart se seer en angs en vrese vir die toekoms, op Christus se skouer af. Hy gaan haal dit by die droogte van die afgelope paar jaar, dan die vlamme wat die winter feitlik alle weiveld opgevreet het en kom by die reën van die afgelope twee maande uit, maar toe hy by vanoggend se vloed kom, breek sy stem weer.

          Sy tel die Bybel op, blaai na Psalm 23 en lees die eerste vers:
Die Here is my herder. 'n PSALM van Dawid.
Die Here is my herder; niks sal my ontbreek nie
… dan kom sy nie verder nie. Maar oomblikke later bid sy met haar helder stem:
Here, soos vir Dawid, is U ook ons Herder en ons weet U sal ons nooit verlaat nie. U genade sal ons nie ontbreek nie. Kom gee ons asseblief nou moed om aan te gaan, om die seisoen weer oor te begin. Here, ons glo in U. Amen.

          Hy kyk in haar oë en begin glimlag. Dan kyk hy uit, van die tuin af tot waar die horison die water ontmoet. En sy weet, als sal regkom. Soos ná die droogtes en die brande, die plaasaanval ‘n paar jaar tevore, sal hulle ook hierdeur kom. Ook dié ramp oorwin.

          Met al die seën en genade van Bo, stap hulle weer die nuwe toekoms in.

©adéle theron
Januarie 2022
Pages: 1 ... 3 4 [5] 6 7 ... 10