11
Die komiese hel van hallusinasies / Re: Die komiese hel van hallusinasies
« Last post by Meraai vannie Baai on June 22, 2024, 06:29:38 AM »Jammer vir die lang swye PM. Die lewe maak snaakse draaie met ons almal en elkeen 'cope' of sy of haar manier. Hoop julle het aangepas. Dankie baie vir die terugvoering. Ek is dankbaar dat hierdie plasings vir iemand tot nut was. Wanneer jy jou eie waarnemings nie meer kan vertrou nie is 'n helse aanpassing. My innige simpatie met jou vriendin mater.
Diekant van die aardbol het ek so pas ‘n video opname gekyk van ‘n wonderlike, super intelligente man met demensie (weens breinbeserings). Hy wroeg met dieselfde vrae as die uwe: Onttrek jou familie/vriende weens die feit dat jy dinge sien/hoor/voel wat niemand anders kan nie of het jou optrede die afgelope klompie jare so totaal verskillend geword van hoe jy voorheen sou optree dat jy nou soos ‘n ongevoelige, uitgesproke vreemdeling vir hulle voel?
Na 'n onlangse kampsessie het die uwe ernstige bedenkinge oor waar jy die streep trek om jouself te vrywaar van gedwonge optrede om die vrede te bewaar
Onttrek ek straks doelbewus oor die vrees vir my optrede as sommiges se geaardhede wat jy voorheen slegs verduur het terwille van liefde/vriendskap nie meer ‘beheerbaar’ en selfs ‘toelaatbaar’ vir jou geword het nie?
Die wag voor jou mond het ‘n hele paar jaar gelede al gedros en simpatie saamgeneem in die proses. Hoe verduidelik jy dit aan ander sonder dat dit soos die verskoning van ‘n smart- of sketevraat klink?
Ek het nie meer nodig om te wroeg oor wat ander gaan opmerk as ek eet en drink wat ek voor lus het of my ongesensorde mening uitspreek oor waarin ek glo en nie glo nie.
Meraai gaan nie meer nagte ronddwaal oor wie voel nou weer verontreg/afgeskeep of te nagekom nie. Wat jy so mildelik uitdeel moet jy bereid wees om selfde maat terug te ontvang. Tyd en gemoedsrus is ongelooflik kosbaar en ons lewe in harde, wrede ongenaakbare tye. Ek het nie antwoorde op vrae of vermoedens nie behalwe die onbetwisbare feit dat daar bodemlose laaie in my kreukelkamer is.
‘n Outopsie is nog beslis nog nie ‘n oplossing nie… 😊