• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Dit sal jou suur te staan kom...

Started by PM, September 06, 2011, 05:17:47 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Kry ek toe een van die goetertjies wat sê:  Stuur dit aan anders...
Dink ek toe dadelik aan Naas, hy het altyd sulke pittige sêgoed, toe ek hierdie lees:

Lastly, if you don't forward this to one of your friends within the next 5 minutes, your belly button will unscrew and your bum will fall off.    :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Chichi

hahahahaha ooo lekker gelag nou.... my belly button bly dan net altyd ingeskroef...
*The one and only AWESOME-EST


Meraai vannie Baai

En hier dog ek mens moet kranse uitklim en kilomyle per dag stap om van jou agterstewe ontslae te raak. Kyk nou net hoe maklik is dit eintlik!!  :icon_cheers: Ek gaan gou so paar skroewe losdraai.

PM

Dit is die beste, jy hoef niks eers te doen nie, moet dit net nie doen nie.   :icon_biggrin:  Wens dit was so maklik, dan sou jy my nie nog kon sien as ek lankal om die hoek is nie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Ek is bevrees julle verstaan vir belly button verkeerd.
Die onslim tannie met die ligte hare was baie ontsteld toe 'n klippie haar motor se voorruit kraak. Sy neem toe die motor na Auto Glass toe want die kraak "loop" al verder.
Die man by Auto glass vat toe 'n boor en tot haar ontsteltenis boor hy 'n gat aan die einde van die kraak.
War maak jy? wil sy onstoke weet.
Ek moet die gaatjie boor. Dit keer dat die kraak verder gaan as ek die resin inspuit.
O! Nou verstaan ek. Dit is dan seker hoekom ek 'n belly button het.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Dom Blond, 'n mens spuit dit nie daar in nie!            :sign10:
Om te weet is om te verstaan.

Chichi

hehe PM dit was funny!

En.... Mens moenie van jou boudjies wil ontslae raak nie, dits dan mooi?
*The one and only AWESOME-EST


PM

Jy verstaan nie.  As kind het hulle my altyd eerste "geblok" as ons wegkruipertjie gespeel het.  Ek was nie bewus daarvan die ek sooo sigbaar is nie, al staan ek om die hoek.   :icon_biggrin:
Saartjie Baardman moes een van my groot grootjies gewees het.
Om te weet is om te verstaan.

Chichi

haha, ek dink alles van die liggaam is mooi! maak nie saak hoe groot of klein dit is nie!!!
*The one and only AWESOME-EST


PM

Jy is heeltemal reg.  Dit is nie die uiterlike wat tel nie, net die innerlike.  My een vriendin sit twee stoele vol, maar ek is geweldig lief vir haar.  Sy is altyd pynlik netjies en goed versorg.  'n Ander een is so maer, sy kan nie waag om haar arms op te tel nie.  Net so 'n dierbare mensie.
Om te weet is om te verstaan.

Naas

My oom, die een wat soos 'n termometer lyk as hy 'n rooi das dra, moet rondspring in die stort om nat te word. Hy gebruik 'n ou tuinslang vir 'n slaapsak. As hy swart koffie drink gooi hy 'n skaduwee en lyk soos 'n kraak innie muur.
Hy is seker mooi want hy is getroud.




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Of ryk?  Waar woon hy?   :toothy4:

Ek het so twee weke gelede 'n vloerwassertjie hier gehad wat gou kom help was het.  Afstof ook natuurlik.
Ek moes vir haar 'n leer bo op 'n leer plaas sodat sy by die tweede hoogste rakkie van die boekrak kon bykom.  :toothy4:
As sy van die trap af klim dat stamp haar boud 'n vetkol op die vloer. 
Om te weet is om te verstaan.

Fransi


Meraai vannie Baai

Ek giggel soos 'n non. Julle is baija snaaaaaaaks!!  :hello2:

Chichi

hehehehe ook nou lekker gelag! ons almal hier is kort gatte!  :icon_biggrin: so ja niks word te hoog gebere nie, behalwe as my pa iets bere... of my ander helfte...
*The one and only AWESOME-EST