• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Dit sal jou suur te staan kom...

Started by PM, September 06, 2011, 05:17:47 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Myb oom se vrou is so groot, sy klim soggens alkante van die bed het. Die regering het vir haar haar eie poskode toegeken en moenie laat sy voor die TV verby loop nie, dan mis jy drie episodes van 7de Laan. Sy weeg net 6,5 op die Richter skaal.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Lees ek 7 Episodes van 3de laan!   :sign10: 
Jy is dawwerend snaaks Naas!  Wat dink jou wyse oupa van haar!
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Hy is stom want hy kon nog nie om/oor haar kom nie.




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Gaan haal ek amper vir my Outop se lui-stoel met sy uitskop voetbankie amper soos oom Paul sin doei jare, so lekker kuier ek nou  :hello2: :love7:

PM

Ek kan glo dit sal nogal 'n ompad en 'n ofdraandepad wees ja.   :icon_biggrin:

Wonder nou net hoe lyk haar "belly button"...
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Die het sy in Kimberley verloor.
My broer, die een wat in 'n ongeluk nege van sy tone verloor het (hy is later dood van eentonigheid) was mos so skeel gewees. (rede vir die ongeluk) As hy huil loop die trane teen sy rug af. Ek het al staan en kyk hoe maak hy die hekkie oop en dan klim hy oor die draad. Sy gunsteling verkyker was 'n opgerolde tuinslang. Maar gee die duiwel wat hom toekom, hy was nie bang om homself in die oe te kyk nie.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

O vrek!  My maag is al seer gelag.   :sign10: 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek stem!! Ek het myself so geniet dat ek NOOOIT vir arme Outoppie hoor klop het nie. Hy loop al ommie huisie, al ommie huisie en roep laters benoud. Dog ek leg ergens baie stil toe moet ek mooi dink wat om te antwoord  :icon_biggrin:

PM

Jy laat my nou dink aan daai rympie:
Sy hol daar al om die dammetjie met 'n grassie in haar hol daar al om die dammetjie met 'n grassie in haar hol daar al om die dammetjie met 'n grassie in haar...   :icon_biggrin:

Ek wonder nog... daai antie... dit sal 'n ramp wees as sy nie daai e-posse aanstuur nie...
Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

O genade, ek lag nou so! Dat tot my oë lek  :toothy4:

Ek wou nog iets sê, maar toe waai dit by die volgende lagbui uit!  :laughing4: :laughing4:

:angel12:

PM

Waar het ek tog nou weer gelees van die ou wat gesê het hy haat mense wat honde aanhou, want hulle is te laks om self die inbrekers te byt.  Ek wou sê, as jou oë lek, lek hulle terug.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

Nee daarvoor het ek slange!  :laughing7: Die Honde is net vir mooigeit. Jy moet myse nuutste baby sien? Sy is te kotslik!

PM

Ek lag dat die trane loop.  Kotslik!  Dit kan net 'n blonde vingerfoutjie wees.   :sign10:
Is dit nou 'n slang of 'n hond?
Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

Nee dit was nie 'n foutjie van die finger nie  :icon_biggrin:, sy is te kostelik! Baie sê sy lyk nes 'n Gorilla so, vir my is sy te pragtig. Laat ek sien of ek 'n fototjie hier kan plaas. Nou moet ek weer mooi dink hoe ek dit nou weer doen.



Moes seker kleiner gemaak het,skuus! Was bietjie hastig se baas.

O, en dis nou Taranee! Sy is nog nie mooi 5 Maande nie.

PM

Ag sy is te pragtig Trappies!   :love7: 
Haar tong lyk nes myne na so 'n lekker proesessie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.