Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: PM on September 06, 2011, 04:17:47 PM

Title: Dit sal jou suur te staan kom...
Post by: PM on September 06, 2011, 04:17:47 PM
Kry ek toe een van die goetertjies wat sê:  Stuur dit aan anders...
Dink ek toe dadelik aan Naas, hy het altyd sulke pittige sêgoed, toe ek hierdie lees:

Lastly, if you don't forward this to one of your friends within the next 5 minutes, your belly button will unscrew and your bum will fall off.    :icon_biggrin:
Title: Re: Dit sal jou suur te staan kom...
Post by: Chichi on September 06, 2011, 08:14:49 PM
hahahahaha ooo lekker gelag nou.... my belly button bly dan net altyd ingeskroef...
Title: Re: Dit sal jou suur te staan kom...
Post by: Meraai vannie Baai on September 07, 2011, 09:27:39 AM
En hier dog ek mens moet kranse uitklim en kilomyle per dag stap om van jou agterstewe ontslae te raak. Kyk nou net hoe maklik is dit eintlik!!  :icon_cheers: Ek gaan gou so paar skroewe losdraai.
Title: Re: Dit sal jou suur te staan kom...
Post by: PM on September 07, 2011, 10:38:51 AM
Dit is die beste, jy hoef niks eers te doen nie, moet dit net nie doen nie.   :icon_biggrin:  Wens dit was so maklik, dan sou jy my nie nog kon sien as ek lankal om die hoek is nie.   :icon_biggrin:
Title: Re: Dit sal jou suur te staan kom...
Post by: Naas on September 07, 2011, 11:04:47 AM
Ek is bevrees julle verstaan vir belly button verkeerd.
Die onslim tannie met die ligte hare was baie ontsteld toe 'n klippie haar motor se voorruit kraak. Sy neem toe die motor na Auto Glass toe want die kraak "loop" al verder.
Die man by Auto glass vat toe 'n boor en tot haar ontsteltenis boor hy 'n gat aan die einde van die kraak.
War maak jy? wil sy onstoke weet.
Ek moet die gaatjie boor. Dit keer dat die kraak verder gaan as ek die resin inspuit.
O! Nou verstaan ek. Dit is dan seker hoekom ek 'n belly button het.



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Dit sal jou suur te staan kom...
Post by: PM on September 07, 2011, 12:22:13 PM
Dom Blond, 'n mens spuit dit nie daar in nie!            :sign10:
Title: Re: Dit sal jou suur te staan kom...
Post by: Chichi on September 07, 2011, 04:20:31 PM
hehe PM dit was funny!

En.... Mens moenie van jou boudjies wil ontslae raak nie, dits dan mooi?
Title: Re: Dit sal jou suur te staan kom...
Post by: PM on September 07, 2011, 04:32:29 PM
Jy verstaan nie.  As kind het hulle my altyd eerste "geblok" as ons wegkruipertjie gespeel het.  Ek was nie bewus daarvan die ek sooo sigbaar is nie, al staan ek om die hoek.   :icon_biggrin:
Saartjie Baardman moes een van my groot grootjies gewees het.
Title: Re: Dit sal jou suur te staan kom...
Post by: Chichi on September 07, 2011, 10:17:59 PM
haha, ek dink alles van die liggaam is mooi! maak nie saak hoe groot of klein dit is nie!!!
Title: Re: Dit sal jou suur te staan kom...
Post by: PM on September 08, 2011, 06:00:59 AM
Jy is heeltemal reg.  Dit is nie die uiterlike wat tel nie, net die innerlike.  My een vriendin sit twee stoele vol, maar ek is geweldig lief vir haar.  Sy is altyd pynlik netjies en goed versorg.  'n Ander een is so maer, sy kan nie waag om haar arms op te tel nie.  Net so 'n dierbare mensie.
Title: Re: Dit sal jou suur te staan kom...
Post by: Naas on September 08, 2011, 06:29:42 AM
My oom, die een wat soos 'n termometer lyk as hy 'n rooi das dra, moet rondspring in die stort om nat te word. Hy gebruik 'n ou tuinslang vir 'n slaapsak. As hy swart koffie drink gooi hy 'n skaduwee en lyk soos 'n kraak innie muur.
Hy is seker mooi want hy is getroud.




 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Dit sal jou suur te staan kom...
Post by: PM on September 08, 2011, 06:40:11 AM
Of ryk?  Waar woon hy?   :toothy4:

Ek het so twee weke gelede 'n vloerwassertjie hier gehad wat gou kom help was het.  Afstof ook natuurlik.
Ek moes vir haar 'n leer bo op 'n leer plaas sodat sy by die tweede hoogste rakkie van die boekrak kon bykom.  :toothy4:
As sy van die trap af klim dat stamp haar boud 'n vetkol op die vloer. 
Title: Re: Dit sal jou suur te staan kom...
Post by: Fransi on September 08, 2011, 07:31:12 AM
 :icon_biggrin: :icon_biggrin: :icon_biggrin: :icon_biggrin: :icon_biggrin:
Title: Re: Dit sal jou suur te staan kom...
Post by: Meraai vannie Baai on September 08, 2011, 08:06:37 AM
Ek giggel soos 'n non. Julle is baija snaaaaaaaks!!  :hello2:
Title: Re: Dit sal jou suur te staan kom...
Post by: Chichi on September 08, 2011, 08:28:36 AM
hehehehe ook nou lekker gelag! ons almal hier is kort gatte!  :icon_biggrin: so ja niks word te hoog gebere nie, behalwe as my pa iets bere... of my ander helfte...
Title: Re: Dit sal jou suur te staan kom...
Post by: Naas on September 08, 2011, 09:01:00 AM
Myb oom se vrou is so groot, sy klim soggens alkante van die bed het. Die regering het vir haar haar eie poskode toegeken en moenie laat sy voor die TV verby loop nie, dan mis jy drie episodes van 7de Laan. Sy weeg net 6,5 op die Richter skaal.



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Dit sal jou suur te staan kom...
Post by: PM on September 08, 2011, 09:09:04 AM
Lees ek 7 Episodes van 3de laan!   :sign10: 
Jy is dawwerend snaaks Naas!  Wat dink jou wyse oupa van haar!
Title: Re: Dit sal jou suur te staan kom...
Post by: Naas on September 08, 2011, 09:13:05 AM
Hy is stom want hy kon nog nie om/oor haar kom nie.




 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Dit sal jou suur te staan kom...
Post by: Meraai vannie Baai on September 08, 2011, 09:17:35 AM
Gaan haal ek amper vir my Outop se lui-stoel met sy uitskop voetbankie amper soos oom Paul sin doei jare, so lekker kuier ek nou  :hello2: :love7:
Title: Re: Dit sal jou suur te staan kom...
Post by: PM on September 08, 2011, 09:18:30 AM
Ek kan glo dit sal nogal 'n ompad en 'n ofdraandepad wees ja.   :icon_biggrin:

Wonder nou net hoe lyk haar "belly button"...
Title: Re: Dit sal jou suur te staan kom...
Post by: Naas on September 08, 2011, 09:25:25 AM
Die het sy in Kimberley verloor.
My broer, die een wat in 'n ongeluk nege van sy tone verloor het (hy is later dood van eentonigheid) was mos so skeel gewees. (rede vir die ongeluk) As hy huil loop die trane teen sy rug af. Ek het al staan en kyk hoe maak hy die hekkie oop en dan klim hy oor die draad. Sy gunsteling verkyker was 'n opgerolde tuinslang. Maar gee die duiwel wat hom toekom, hy was nie bang om homself in die oe te kyk nie.



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Dit sal jou suur te staan kom...
Post by: PM on September 08, 2011, 09:33:51 AM
O vrek!  My maag is al seer gelag.   :sign10: 
Title: Re: Dit sal jou suur te staan kom...
Post by: Meraai vannie Baai on September 08, 2011, 10:03:54 AM
Ek stem!! Ek het myself so geniet dat ek NOOOIT vir arme Outoppie hoor klop het nie. Hy loop al ommie huisie, al ommie huisie en roep laters benoud. Dog ek leg ergens baie stil toe moet ek mooi dink wat om te antwoord  :icon_biggrin:
Title: Re: Dit sal jou suur te staan kom...
Post by: PM on September 08, 2011, 10:23:43 AM
Jy laat my nou dink aan daai rympie:
Sy hol daar al om die dammetjie met 'n grassie in haar hol daar al om die dammetjie met 'n grassie in haar hol daar al om die dammetjie met 'n grassie in haar...   :icon_biggrin:

Ek wonder nog... daai antie... dit sal 'n ramp wees as sy nie daai e-posse aanstuur nie...
Title: Re: Dit sal jou suur te staan kom...
Post by: Trapsoetjie on September 08, 2011, 10:37:52 AM
O genade, ek lag nou so! Dat tot my oë lek  :toothy4:

Ek wou nog iets sê, maar toe waai dit by die volgende lagbui uit!  :laughing4: :laughing4:

 :angel12:
Title: Re: Dit sal jou suur te staan kom...
Post by: PM on September 08, 2011, 10:54:20 AM
Waar het ek tog nou weer gelees van die ou wat gesê het hy haat mense wat honde aanhou, want hulle is te laks om self die inbrekers te byt.  Ek wou sê, as jou oë lek, lek hulle terug.   :icon_biggrin:
Title: Re: Dit sal jou suur te staan kom...
Post by: Trapsoetjie on September 08, 2011, 11:05:49 AM
Nee daarvoor het ek slange!  :laughing7: Die Honde is net vir mooigeit. Jy moet myse nuutste baby sien? Sy is te kotslik!
Title: Re: Dit sal jou suur te staan kom...
Post by: PM on September 08, 2011, 11:28:15 AM
Ek lag dat die trane loop.  Kotslik!  Dit kan net 'n blonde vingerfoutjie wees.   :sign10:
Is dit nou 'n slang of 'n hond?
Title: Re: Dit sal jou suur te staan kom...
Post by: Trapsoetjie on September 08, 2011, 02:15:46 PM
Nee dit was nie 'n foutjie van die finger nie  :icon_biggrin:, sy is te kostelik! Baie sê sy lyk nes 'n Gorilla so, vir my is sy te pragtig. Laat ek sien of ek 'n fototjie hier kan plaas. Nou moet ek weer mooi dink hoe ek dit nou weer doen.

(http://i764.photobucket.com/albums/xx288/Trapsoetjie/P1090212.jpg)

Moes seker kleiner gemaak het,skuus! Was bietjie hastig se baas.

O, en dis nou Taranee! Sy is nog nie mooi 5 Maande nie.
Title: Re: Dit sal jou suur te staan kom...
Post by: PM on September 08, 2011, 02:24:24 PM
Ag sy is te pragtig Trappies!   :love7: 
Haar tong lyk nes myne na so 'n lekker proesessie.   :icon_biggrin:
Title: Re: Dit sal jou suur te staan kom...
Post by: Trapsoetjie on September 08, 2011, 02:42:08 PM
My tong is tog blouer as joune!  :toothy4:

(http://i764.photobucket.com/albums/xx288/Trapsoetjie/CopyofP1090531.jpg)

Ek gee ou grote al sy dae!
 :angel12:
Title: Re: Dit sal jou suur te staan kom...
Post by: PM on September 08, 2011, 02:43:54 PM
Joune of jou hond s'n?   :toothy4:

O gaats, daar sien ek nou eers die foto!  *lag*
Title: Re: Dit sal jou suur te staan kom...
Post by: Meraai vannie Baai on August 16, 2018, 11:33:48 AM
Filang ek darem nou dik stukke hoor. Ons het drie sulke bloutonghonde gehad. Twee geles en ook 'n swarte. Die swart enetjie is bang gebore want sy ma was baie braaf as sy iets gehoor het. Sy het jou getrou gevolg, van agter. Solank jy voor is, was sy baie braaf. Die reun was pure leeu.
Title: Re: Dit sal jou suur te staan kom...
Post by: PM on August 16, 2018, 11:56:56 AM
Trappies se honde is haar lewe.  Wonder wat het van ons matertjie geword. 
Title: Re: Dit sal jou suur te staan kom...
Post by: Trapsoetjie on August 16, 2018, 09:28:31 PM
Hallo ek is hier tussen al die woorde.  :hello:

Jipp my honde is my kinders, van almal is dit nog net die swart enetjie wat nog leef.  :crybaby2: Mis my liefies nog baie.

Met die brand het ek my kat Akila, voeltjie Pepper en slang Kosie verloor.  :crybaby2:

Jacques het vir Samantha 'n katjie hier aan gebring en Mila het nie baie van hulle gehou nie, toe sy my sien toe klou sy soos 'n neet aan my vas. Sy is nou glad nie lief vir enige iemand anders behalwe my nie.

 :angel12:
Title: Re: Dit sal jou suur te staan kom...
Post by: Meraai vannie Baai on August 16, 2018, 10:54:08 PM
Simpatie-drukkie vir jou Trappies. Jy sal nie glo HOE wonderlik dit is om jou weer raak te lees nie. Moet groot asb nie weer verdwyn nie hoor XXX