• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Die Forum se gedagtes.

Started by Naas, April 15, 2011, 12:19:29 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Meneer die Hoof. Ek het 'n aardige probleem. Die forum se gedagtes het Altzheimers en wil my nie onthou nie. Ek merk daar by "Sign in"  "forever" maar as ek later terugkom soek hy weer my se naam en passeerwoord.
Kan julle dalk help dat die forum se gedagtes bietjie langer hou?


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Bestuur

Die hoof is ernstig besig om die forum se gedagtes voor stok te kry.   :evil6:  Die hoof self sukkel nou al 'n geruime tyd met 'n soortgelyke probleem en dit is nogal half lastig.  Daar lui die klokkie nou vir teetyd.  Die hoof moet nou eers gaan tee drink.  Sal net daarna aandag gee aan die saak.   :icon_biggrin:

PM

 :icon_biggrin:  Passeerwoord!  Hoort dit nie dalk by die nuwe woorde nie?   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Passeerwoord kan dalk 'n anglisisme wees.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Stof

Hierdie is waarskynlik een van Bill gates se narcistiese stepe.  Explorer laat slegs een SMF forum se inlogbesonderhede in sy langtermyngeheue toe.  Nou weet Stof nie of Naas dalk die Forum verraai het en iewers anders ook 'n "forever" intekening het nie, maar as hy wel so stout sou wees, dan is dit waar die antwoord lê.  Stof gebruik soms Opera om veelvuldige forums se inlogbesonderhede gelyk te onthou, en dit werk goed.  Maar dis seker te verstane, want boetie Billy werk nie by hulle nie.
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie.  Twee breinselle bots en vreemde goed beland op papier.

Naas

Ek was nog by die Woes forum ingelog maar is lankal daar uitgelo(k)g.




:icon_bigsmurf:



Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Ek is nog by die passeerwoord ingelog!  Wat bedoel meneer nou met angelsismis?
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Ek passeer die mas.  :icon_scratch: Of is dit nou "Masseer die pas"
Hoe't ons dit nou weer in die weermag gedoen? Ek weet net jy't jou moeg gestap en nerens heen gegaan nie.
Blou, Quiza! Kom jelp hier.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Gawelina

Ek het ook 'n ploebleem om onthou te word meneel.  Die folim wil okkie vil my onthou nie, maar ek sien meneel is besig mettie ploebleem. Ek sal weel later kom hoor of ek nou onthou gaan worre.

PM

Dit lyk my die hoof drink nog tee, maar hier is 'n stoflap iewers wat deur die spinnerakke probeer beur om by die forum se blikkerige gedagtes uit te kom. 

Dalk kan jy intussen ook een of ander iets probeer passeer totdat die probleempie opgelos is.   :icon_biggrin:   
Om te weet is om te verstaan.

PM

Is julle nou al gestel met die forum se gedagtes?  Word julle nou al onthou of het julle nog steeds 'n ploebeempie?
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Nee wat. Ek moet nog altyd by die voordeur klop en by die agterdeur ingaan.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Bestuur

Bestuur het  "Firefox" opgradeer en nou tik ek net B in die blokkie,  dit gooi my hele naam en my dompaswoord uit. So maklik soos val uit 'n boom uit,  los net die tak!   :icon_biggrin:

PM

Dankie vir die ekstra myl wat jy loop Naas!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

adele

   :hello:   iewers in my binneste krul 'n borrellaggie rond,
laat my so dink aan ongeveer 4 jaar gelede toe ek julle "ontmoet" het   :love7: 
  :toothy4:      :toothy4:      :toothy4:
adéle  :grommit: