• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Die Forum se gedagtes.

Started by Naas, April 15, 2011, 12:19:29 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Dit was lekker dae.   :love7:   :read2:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Dit is juis al hierdie geliefde name wat ek raakgelees het wat my hoek, sinker en aas aan die kraag beetgekry het  :love7:

PM

Ek lees ook nou weer deur al die geselsies en voel ook daai borrellaggie hier iewers in my binneste krioel!  Ek wonder hoeveel van julle besef wat julle vir my beteken?   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

adele

Quote from: Meraai vannie Baai on June 20, 2011, 04:11:49 AM
Dit is juis al hierdie geliefde name wat ek raakgelees het wat my hoek, sinker en aas aan die kraag beetgekry het  :love7:

dankie dat jy ook opgeklim het, ek het spesiaal so na as moontlik aan die kus geroei om jou te soek, was so bang ons mis jou....
:grommit:
adéle  :grommit:

Naas

Baie welkom Ta' Raaitjie. Nou voel ek weer heel.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Voel ek ook skielik weer heel!  :love7:

PM

 :hello2:  Dit is wonderlik!  Hierdie week wat kom gaan ek probeer om by al die strukture uit te kom wat vir my lê en wag.  Ek het so lank laas geskryf, ek kan nie eers meer die woord spel nie!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Stof

Noudat die Forum se databasis weer honkiedorie is, lyk dit of die lede aflyn is.  Maar ongelukkig kan die beste van programmeerders, nie juis iets daaromtrent doen nie.  'n Goeie maatjie van my beveel die volgende daarvoor aan:
Heuning, suurlemoensap en gemmerbier, sluk so gereeld soos jy kan, en spoedig kan jy weer op die Forum kom kuier.
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie.  Twee breinselle bots en vreemde goed beland op papier.

PM

Laas week het ek ook genies en proes vir die eerstespan.  Dit voel nog of my kop 'n pampoen is, maar ek glo dit sal ook gou weer sak.   :icon_biggrin:

Hierdie week wil ek ernstig begin met die inhoud van die boek.  Ek sal die nodige plaas en as julle sal antwoord sal ek dit baie waardeer. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  :bootyshake: :wave: Weet nie of ek nou twee stelle vergrootglase nodig het nie maar ek kan nie by sommige afdelings soos bv. die gedigstrukture, 'n skakel kry vir nuwe plasings?  :dontknow:

PM

Ek sal nou dadelik gaan kyk wat fout is.  Hou daar, ek is nou daar!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

PM

Pragtige geselsies uit ons groeipyne. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Vanaand loop ek weer wye draai om onse kooi en dwaal kort-kort terug om eers gou weer te sien wie kuier saam. Loop ek gelukkig vir Naas raak so tussen die lyne en soos gewoonlik sorg hy vir my lagpilletjie  :toothy4:

PM

Ek is bly ons loop mekaar so nou en dan raak vir 'n kuiertjie en 'n doppie.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Wie gaan my kwalik neem as ek skryf: ons het geweet HOE om te kuier tussen lyne. My grootste wens vandag is dat ons hier weer so gaan saam kuier. Seblief ouens - ek het julle nodig. Moenie verdwyn nie. Sleep 'n mater saam as jy kan en kom griffel 'n vers en drink 'n woorddop in ons kroeg. Kry jou daar  :wave: