• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

ek het 'n vragie

Started by Chichi, September 04, 2011, 10:24:22 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Chichi

Luister julle almal RSG? of wat luister julle as julle wel na die draadloos luister?

persoonlik is ek 'n 5FM, highveld stereo en bo almal Tuks.fm volger. Ek geniet ook classic fm baie, en luister dit eintlik baie!

Ek hou nie daarvan as die mense heeltyd praat nie, so ek skakel altyd tussen die stasies sodat ek net heeltyd musiek luister.
*The one and only AWESOME-EST


PM

As ons ry luister ons na RSG, of CD's, maar tuis is dit altyd doodsestilte by my.  Ons het baie vogeltjies in die tuin en hulle maak vir my musiek. 
Om te weet is om te verstaan.

Jeannedarc

Ek luister 94,2 en is versot op Barney Simon. Ek het baie lank Tuks 107,2 geluister tot die dag wat ek nie meer die studente se lawwighede kon hanteer nie. Classic 102,7 luister ek deur die nag en Sondae maar dis ongemaklik omdat die opvangs nie goed is nie. Ek sien gister in die Rapport LM Radio word uit die dood opgewek - ek kan nie wag daarvoor nie. Ek luister gladnie na RSG of ander stasies nie.

Chichi

hey ek hou van Barney Simon ook... ag wat ek luister nie rêrig na die saamgepratery nie, eks mal oor tuks se musiek!!   Ek het nie 'n clue wat LM radio is nie!

Ek hou ook van die voëltjies luister! Maar hier waar ek bly hoor jy hulle net baie vroeg in die oggend of wanneer dit vir een of ander onverklaarbare rede stil is... Op die presies oomblik kan ek sproeiers, 'n grassnyer, een of ander konstruksiewerke, 'n paar voëltjies, ons huishulp en haar dogtertjie (sys amper 2) en nog 'n paar ander dinge hoor.
*The one and only AWESOME-EST


PM

Toe Oom Paul nog vir Diggers skrumskakel gespeel het, was Mosambiek Lorenzo Marques.  Oeps, ek hoop dit is reg gespel.  Die radiostasie het gesorg vir ure se vermaak.  Sondagaande is die top tien snitte gespeel en ons het soos vliegies om die rodio gehang.  Dit was ook 'n baie gesogde vakansieplek.  Toe breek die oorlog daar uit en alles gaan ten gronde. 
Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

Hierdie kant van die land luister ek na Houtstok of Bok Radio. Dis die nuwe radio stasie in onse plekkie die kant van die ander kant. Hulle speel meestal net Afrikaanse musiek. Anders luister ekke ook CD's.
:angel12:

Chichi

Bok radio..... hehe mwahahahahahahahahahahahahahahahaha *vee traantjies uit my ogies
*The one and only AWESOME-EST


PM

Jou laggie is vreeslik aansteeklik.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Chichi

hehe ek kan met alle eerlikheid se, my persoonlike ondervinding is dat my vriende en kennisse en so aan sal saam met jou stem PM  :icon_biggrin: :icon_biggrin:
*The one and only AWESOME-EST


PM

Mooi so, 'n mens het altyd 'n vriendelike aansteeklike laggie nodig. Hierdie een laat my altyd lag.   :read2:
Om te weet is om te verstaan.

Chichi

Dit is 'n oulike ene!!!  :icon_biggrin:

ek hou van die ene  :bootyshake:
*The one and only AWESOME-EST


Naas

Ek luister na Radio sonder mense op oor my radio sonder batterye.




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Ek gaan vir julle rekening stuur ... proes amper my hele glas vol borreltjies oor die skrientjie uit  :headbang: radio sonder mense - is daar dalkies ook 'n so-maak-mens-nie program op jou batterylose draadlosie Naas?

PM

Moet nou nie laat Naas vir jou ore aansit nie, sy radio werk met krag.   :icon_biggrin:

Hier op die forum het ons almal 'n "gatseggie" gekies as 'n kenteken.  Ek het die  :bootyshake: sonder die "seggie" gevat.  Los my  :bootyshake: uit. 
:angel12:  Trappies
:icon_bigsmurf:  Naas
:book1:  Raaitjie, maar as sy die woorddief is dan is sy  :read:
:angel8:  Stof, die agtpotige luis
:snorting:  Miss Piggy, of "Mevrou varkie" 
en so gaan dit aan.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Met eskomkrag wil ek elk geval niks hoor nie.
Lees in gister se Burger dat Mugabe prostaat kanker het. Dit bewys ten minste dat hy 'n prostaat het. En nou weet ons almal verseker hy sal nooit breinkanker kry nie.




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.