• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Ek wil net graag sê!

Started by PM, July 19, 2011, 08:20:49 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Ek sal graag van daai teken en so aan wil sien. Laat weet asb waar ek kan gaan kyk. Ek teken en so aan ook so bietjie as ek kansie kry






:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Chichi

klein bitjie self bewus... maar sal seker 'n prentjie hier kan opsit....

:icon_salut:
*The one and only AWESOME-EST


PM

Hier lees ek sommer die antwoord.  Ons sal graag wil sien wat jy teken of is dit skilder?  Moenie selfbewus wees nie, ons is maar elkeen kunstenaars in ons eie reg.  Ek kan nie eers twee reguit lyne langs mekaar trek nie, maar is mal oor enige kunsvorm.
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Ai toggie PM  :sign10: Reguit lyne langs mekaar is klaar gedoen. Ons noem dit spoorlyne. Dus jy die onreguit lyne wat deurmekaarloop wat ons soek as kuns.
Vista djy nou?
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Ek vista gou as meneer laaaaank viduidelik.   :read2:
Om te weet is om te verstaan.

Chichi

Pm hoe maak jy dan 'n 11???

:icon_scratch:  :icon_biggrin: :icon_biggrin:
*The one and only AWESOME-EST


PM

Nee, moenie my somme vra nie,  dit is na spelling my swakste vak.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Chichi

Ek weet sommer jy praat nou nonsens. hehe

nommers is maklik, taal is afskuwelik ingewikeld..... sien.

:icon_biggrin: :icon_biggrin: :icon_biggrin:
*The one and only AWESOME-EST


PM

Ek het altyd my wiskunde op skool gepluk.  Ek weet nie hoe nie,  het altyd die antwoord geken,  kon net nooit weet hoe ek daarby uitgekom het nie.  2 uit 10!   :icon_biggrin:

Taal is iets wat 'n mens kan aanleer as jy genoeg belangstel daarin.  Dit is net leerwerk.  Met herhaling kry 'n ou enigiets reg.  Die meeste foute hier op die forum is tikfoute.  Die "preview" skakel hieronder laat jou toe om jou werk bokant die venstertjie te lees voordat jy die "post" knoppie druk.  Ek lees dit gewoonlik oor en oor en dan sien ek later dat 'n "fingerfoutjie" tog maar deurgeglip het. 
Om te weet is om te verstaan.

Chichi

Ek is meer 'n wiskunde, chemie, fisika mensie.... doen baie goed in daardie dinge.

En ek ken "post" en "preview" knoppies, is al lank deel van die rekenaar wêreld!  My programmering is ook nogal op standaard  :icon_biggrin: :icon_biggrin: :icon_biggrin:

So ek kan dit seker gebruik....  :tongue3:
*The one and only AWESOME-EST


PM

Skuus jong,  wou net strooi praat.   :icon_biggrin:  Ek is gladnie rekenaargeletterd nie.  Ek weet wel hoe om 'n pap ossewawiel op te pomp.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Chichi

Nee wat, dink ek was 'n baie klein dogtertjie die laaste keer toe ek 'n ossewa gesien het, en ek is baie seker die wiele is uit hout gemaak so het nie 'n clue waarvan jy praat nie... hehe  :icon_scratch: lyk my dit gaan gereeld gebeur  :icon_biggrin: :icon_biggrin: :icon_biggrin:
*The one and only AWESOME-EST


Lox

ek weet nou nie van die ossewa se wiele pomp nie maar weet darem hoe om die aste te ghries en die wa oor te stoot en die ander 2 aste te ghries en dan weet die wiele vas te maak.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Chichi

Ek weet dat osse 'n ossewa sleep

:happy4: :happy4: :icon_geek:
*The one and only AWESOME-EST


PM

Ag nee, ek wil net graag sê, ek het net lekker begin lees, gesels en kiekies kyk toe is dit klaar!  Ek weet almal werk hard maar ek mis julle!!!!!!
Om te weet is om te verstaan.