• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Hoe raak covid 19 jou lewe

Started by PM, May 06, 2020, 03:28:22 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Ons hekke is "toegemaak" vir enige besoekers of werkers van buite.  Binne in Leeupoort is daar geen inwonende werkers nie. 
Ons is aangewese op ons eie pogings en ek moet sê, dit is nie maklik vir 'n ou met hartversaking nie. 
Daar is nie 'n manier wat een van ons twee ou spoke op die leer kan staan om geute skoon te maak nie. 
Ditl lyk darem of die reenseisoen nou verby is.  Ons is egter te dankbaar vir dit wat onshierdie jaar ontvang het. Ons bos was pragtig groen en ons diere is vet.   :icon_salut:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Aaklige tydperk in ons almal se lewe. Vir ouens wat geseend is met goeie gesondheid is dit verseker 'n reuse aanpassing om so vasgekluister te wees. Vir diegene met kroniese ongesteldhede is die lewensrobot in alle gevalle heeltyd rooi. Stop. Besin. Bly tuis. Pas aan by die nuwe normaal is inderwaarheid vir ons 'n bietjie makliker want hartversaking (onder andere) het alreeds vereis dat soveel aanpassings en aanvaarding van liggaamlike beperkinge gedoen moes word liefste mater.  Ek het innige simpatie met jou. Midde covid 19 is dit te verstane dat daar ekstra voorsorg getref moet word want skielik besef jy hoe weerbaar die mens is.

Ons mis die kuiertjies van die kinders en kleingoed fiskriklik en natuurlik is die ouma en oupa se hart stikkkkint en terselfdertyd ook verheug - ons oudste seun en sy vroutjie se eersteling is die 1ste Mei 2020 gebore na 16 jaar saam. Pragtigste ou prinsessie en nie een van die familie kan by hulle wees nie. Gelukkig leef ons in die tegnologiese wonder eeu.

:notworthy: :hello2: :love7: 


PM

Baie baie geluk.  Ek glo sy sal vir julle almal nog baie vreugde bring. 
Jy is reg, die tegnologie maak dit effens makliker. 


Die jong gesonde persone staan nog 'n kans.  Ongelukkig is die ouens (soos ons) wat op die krukkelys is, in groot gevaar. 
Dit sal net soveel makliker wees as almal die reels en regulasies nakom. 
Ek sien NZ se gevalle is mooi in die groen.  Hoe lyk dit daar by julle?

Om te weet is om te verstaan.

adele

Die sosiale media is vol hiervan .... en baie antwoorde het dieselfde strekking. Hulle wil asseblief teruggaan werk toe. En die wat werk? Hulle begeer dalk ook 'n week tuis.
Ek is tuis, na jare se kantoorwerk het ek gewaag om op 62 jarige ouderdom, met pensioen uit te tree. Dink net, as ek vooruit kon sien, sou ek dalk nog aangebly het want my salaris was drie maal meer as my pensioen. En ek sou in elk geval merendeels tuis moes bly. Is ek spyt? Nie een oomblik nie! Uiteindelik kan ek weer leef ... nie net bestaan nie. Maar ek kry skaars kans vir dingetjies waarna ek so lank al uitgesien het want om weer huisvrou te speel, is en bly 'n voltydse 'job'
Dis huis en tuin en handgee op die plaas tussen die beeste en kallers, dis naaldwerk en net-daar-wees wanneer Chris geselskap-koffie soek .... jaaaa, ek bly besig. Maar wat ek die meeste geniet is om in my Bybelhoekie stil te raak. Te lees, te luister na preke van drie minute tot 'n uur lank. Gospelmusiek deur my hartsmure te trommel ... en les bes, te bid.
Al wat ek mis is daardie oggende se geselskuiers by vriendinne waarna ek jare lank uitgesien het. Maar ter wille van hulle, bly ek tuis en gesels ons oor die eter, virtueel, internetprentjies (so irriterend) en gebede vir elkeen.
adéle  :grommit:

PM

Matertjie, hier waar ons woon is Timbaktu.  Ons is redelik veilig.  Almal bly tuis en as ons kos nodig het dan maak ons beurte om Thaba toe te gaan.  So, ons is almal gesond en dus kuier ons maar so 'n klein bietjie oorkant die pad.  :angel12:   Dit is net 'n grondpaadjie en ons hoef nie te skreeu nie.   :angel4:


Ek het 'n bietjie agter geraak, wie is Chris?




Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#5
Genadiglik begin ons hierdie kant van die aardbol nou stelselmatig terugkeer na die leefwyse van drie, vier maande gelede. Mag nou 150km ver reis maar nie oorslaap nie. Die outbacks mag 500km wettiglik aanpak maar moet ook vanaand terug wees aan't huise  :icon_biggrin: :dontknow: Skole heropen eerskomende Maandag. Tot nou kon jy kies tussen tuisskool of kids skool toe stuur as jy essential-worker was/is.

PM

Hier by ons praat hulle van fase 3, dalk nog hierdie week.  Ons is in Limpopo met lae gevalle van infeksie.  Ongelukkig, soos alles in SA, moet jy maar wag en sien.  Die ergste is die vreeslike dors.   :angel12:  Ons sit nou al twee maande sonder 'n ou rooietjie of enige ander drankies.  Of ons slim katjies nou die drankwinkels gaan oopmaak is 'n ander saak.  Die swartmark floreer soos nog nooit van te vore nie.  Almal in die stede kry natuurlik enige drank teen 'n prys en sigarette is oral op die hoeke beskikbaar, natuurlik ook teen 'n prys.  Intussen verloor ons miljoene aan belasting. 
'n Mens sou nou dink dat in hierdie tyd van ekonomiese stress, elke ou geldjie welkom sou wees. ? ? ?


Nou hoor ek hoeveel ouens maak hulle eie wyn en as dit nou suksesvol is, wie gaan dan wyn koop as die winkels oopmaak?   :icon_biggrin:


Kos pryse is soveel hoger, dit lyk of almal sommer gou die verliese wil opmaak.  Verlede jaar se R25 per sakkie lemoene, is nou R55.00.  Vat maar of los maar!  R30 vir 'n kleiner as klein blomkooltjie?  Eish!


Ek mis net my enigste kind hier in SA.  Hy is in Gauteng en die grense is gesluit.  Ek maak nie beswaar teen die grense nie, dink dit is baie goed, maar oeee, die verlange!  :crybaby2:


Ons het nog nie uitsluitsel oor skoolgaan nie. 




Om te weet is om te verstaan.

PM

Gehoor dat ons skole vir graad 7 en 12 vanaf die 1ste Junie oop gemaak word. 


1577 skole is gevandaliseer gedurende ons "lockdown".  'n Paar vet katte het kospakkies gesteel en op die swartmark verkoop.  Welkom in SA?
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#8
Diekant van die aardbol was ons baie gelukkig (?) in die opsig dat die voggies en gifpyle nie verbode geword het nie want met al die spanning van werkloosheidsyfers en kostes van alles en nog wat, wat die hoogte ingeskiet het is die aantal 'domestic violence' gevalle hartbrekend midde die steeds beskikbaarheid van hierdie 'hulpmiddels'.  Dan is daar nog die mammas wat skielik tuis die taak van juffrou/meneer moes aanpak en glad nie voorbereid daarop was nie en het die skink van voggies ook vermeerder en die ure vervroeg volgens navorsing. Hoe hierdie syfers sou vertoon indien Australia opgetree het soos Suid Afrika wil ek liewers nie eers aan dink nie.

PM

Eish ja!  Met ys en koue water.   :mumum:


Ons misdaadsyfer is baie laer, maar dit is asgevolg van polisie en weermagpersoneel wat die strate vol is.  Dit het niks met drank te doen nie. 


Dit klink asof ons binnekort sal oorgaan na fase 3, maar of dit nou 'n sopie en 'n "smokey" gaan insluit sal ek nie weet nie.  Dankie tog ek rook nog steeds nie.  Dit is nou sewe jaar!  :icon_cheers:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

WOW! Knak die knieg en lig my hoed vir jou PM! :love7: :hello2: :notworthy:

PM

Dankie Raaitjie.  Ek was altyd bang ek raak soos een van die ander nie-rokers wat piep kry as iemand naby  jou rook.  Gelukkig nie.  Ek staan net 'n bietjie nader en vra:  blaas tog 'n bietjie diekant toe dat ek net kan snif!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

 :headbang: :icon_biggrin:

Lees ek vanoggend hierdie raak: LOL - Low On Liquor.  Skielik kry 'laugh out loud' 'n heel nuwe baadjie in die gevreesde, mees gehate, soms belaglike sinnelose gogga-beperkinge.

Naas

Ek moes ook noodgedwonge maar die pensioenpad vat. DSit was of dit of onbetaalde verlof tot aan einde van virus met gepaardgaande verlies in pensioen wat al klaar maar min is.
Ek is dus van vandag af inkomsteloos. My pensioen is eenmalig en net genoeg om my huis en motor klaar te betaal. So vir alle praktiese doeleindes is ek 'n werksoekende pensioenaris.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Naas ons dink aan jou mater. Nare nare situasie en finansiel het die miljoene mense geknak. Genadiglik het Outop nog werk maar waar die aftree ouderdom ons oor drie jaar sou omsingel sal hy nou moet aanhou werk solank die kragte en verstand hou. Ons pensioenbeleggings is letterlik opgevreet deur hierdie gogga!