• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Hoe raak covid 19 jou lewe

Started by PM, May 06, 2020, 03:28:22 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Assie

Oupa sê:
Wanneer die hoendermis die sifdraad tref kruip al die hoeders weg vir die stront. Dis dan wanneer die haan koring kraai en die hele boerdery oorneem en die plaas in sy peetjie in boer.

Maar hier op die plaas is ons gelukkig vêr van die sifdraad so ons kyk maar hoe die appelbome met hulle kaal vingers na die wolke ryk. Een van die dae is die koue winter oor, dan sit die bloeisels weer wit en kan ons weer 'n lewe maak.
Sterkte vir algar van julle en wees asseblieftog veilig daar innie stede.

:mumum:

PM

Ek dink as daar 'n woord is wat die trofee van - meeste gebruik - sal wen, is dit Covid 19. Ek het so pas weer Shernobyl se geskiedenis gelees en besef dat covid die koek vat. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek stem 100% met jou saam PM en Assie jou oupa is 'n baie wyse man!

Assie

Ek praat nou as Naas.
Ek is bietjie bang.
Een van Elmarie se verpleegsters is laasnag oorlede aan Covid-19. Elmarie is ook besig om al sieker te word. Sy het nie Covid simptome nie maar ek is nie gewoond daaraan dat my vrou siek word nie.
Ek weet nie of ek naie sal gesels die volgende paar dae nie want ek sukkel self met seer keel.
Hopelik is dit maar net die gewone verkoue want ons het naie slegte weer gehad en ek moes moodgedwonge n paar keer in die reën uitgaan om mense in nood te help.
Lief julle almal.
God seën

:icon_bigsmurf:

adele

Al wat ek met my stil asem hier kan fluister, is dat ons aan Christus vashou, die Soom van sy Kleed in ons vuiste vasklem. Ek sê nie meer iets soos pas jouself op nie, almal doen dit na die beste van ons vermoë, maar ons gedagtes hardloop elke dag die paadjie by al ons vriende langs ....
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

My hart het nou beats geskiep soos nog nooit van tevore. Naas, ons dink aan julle mater. Sal saam bid dat dit niks ernstig is nie. Asb as jy kan, hou ons op hoogte. 
:love7:

Assie

Soos dit nou maar eenmaal is moet Elmarie eers toestemming van 'n dokter kry met bewyse dat sy 'n noodwerker is anders kan sy nie getoets word nie. Die toetssentrum is oorvol geboek so sy kan eers Woensdag 'n afspraak kry. Die uitslag kan dalk langer as 'n week vat om terug te kom. Intussen moet ons maar so tussen hemel en aarde hang.

:icon_bigsmurf:

PM

Ons hou vir julle duime vas Naas.  Suid Afrika het nou heeltemal ontspoor. 


Ek wil ook nie graag uit my beurt uit praat nie, maar hier by ons op die hoek woon vriende van ons.  Tannie Sarie het verlede maand haar 80ste verjaardag gevier.  10 dae gelede het sy gegaan vir hart toetse, maar voordat sy toegelaat mag word, moet sy getoets word vir Covid.  Daar toets sy toe positief, sonder simptome natuurlik.
Sy word in afsondering geplaas by die hospitaal, vier dae later word sy ontslaan en tot vandag toe nog is sy gesond.  ? ? ?


'n Aner vriend van ons is dood in 'n motorongeluk en voorwaar, sy vrou is baie verontwaardig, want, sy doodsertifikaaat stipuleer die oorsaak as Covid ?


Ons het so pas met Naas gepraat.  Hulle wag nog vir uitslae, maar dit lyk of alles goed gaan met hulle.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Duisend dankies vir terugvoering oor Naas en Elmarie! Hulle is gedurig in ons gedagtes. Ek kan net my kop skud oor die tante wat opgeneem is en nog steeds gesond is. Ek het gelees van 'n persoon wat se familielid selfmoord gepleeg het en op die doodsertifikaat was aangedui dit was a.g.v die virus. Die familie het aangedring dat dit verander word en gedreig met hofsake. Die uitspraak: Jy kan probeer, ek volg net die minister se opdrag.

PM

#24
Die bloedtoetse hier is nou tydelik gestaak.  Die loboratoria is toegegooi onder die "bloed"  :icon_biggrin:  en kan nie die pyp rook nie.  Steeds groei ons getalle by die duisende en niemand sterf meer aan iets anders nie.  Ons hou maar die oog op die horison.  Dalk Reijger daar 'n Drommedaris vir De Goede Hoop.  :dontknow:


Dit gaan ons 'n Walvis en 'n Oliphant kos.   :read2:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Elmarie raak al sieker. Haar toetsuitslae het gekom en dit is beslis positief. Ek self is onseker maar vermoed het klaar aangesteek. Ek trek nou maar more na my seun toe met die hoop dis nog nie te laat nie. 
Dit was seker onvermydelik want maak nie saak hoe versigtig mens is nie die mense rondom ons vee hulle agterente af aan die gevare.
Dinsdagoggend is een van Elmarie se verpleegsterd dood agv covid nadat sy vir amper twee weke geweier het om getoets te word want sy het volgens haar net verkoue. intussen het sy talle mense loop en aansteek.
Hier in die Kaap is die mediese sorg nogal redelik op die ball maar die publiek is onverantwoordelik.
Ek gaan nie lieg nie... Ek is bang.
Probleem is dat my dogter en haar dogter (my kleinkind) nou onlangs haar man en al haar skoonfamilie verloor het. sy is self in gevaar omdat sy obees en diabeties is met bloeddrukprobleme. Sy het nou ook simptome want hulle twee het gedurende lockdown by ons gebly.
ons is dus in vir n interresante tydjie.
As ek stil raak is ek of besig om te baklei of ek is nie meer nie.
Ek lief julle almal. wees asseblief veilig.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

adele

Ek kan ook nie ontken dat ons bang is nie, maar ek moet iets sê .... het dit hier by ons vriende en ander ook gesê, eintlik is niks anders as ons elkedaglewe nie, hoe kon ons weet of ons more nog die son sien opkom? Maar hier is dit soos kanker, ons kry kans om ons genade wat God vir ons gee, waarvoor Christus gesterf het, met meer as net ons twee hande aan te gryp sodat as ons siek word en Hy ons neem, ons dinge reg moet wees. En die belangrikste is dat ons soos die rower aan die ander kruis moet sê, Here, dink aan my ook.Vergifnis is die volgende belangrikste van alles. As ek hier my oë vir laas toemaak, moet ek 70 x 7 keer vergewe het.
adéle  :grommit:

PM

Naas, ons dink aan julle.  Hou ons asseblief op hoogte van sake.  Ons is lief vir julle. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek het gou kom loer of hier enige nuus is van ons geliefde mater. Ons dink aan julle Naas en Elmarie  :love7:

PM

Dit is asof iets al die lug uit my longe kom spat het.  Ek treur nog steeds oor my Ouma Naas en wat gebeur nou?  Ag nee!  Naas, wat gebeur nou?  Ek bel jou gou!  Ag nee, net een bobbejaan wat oor 'n heiningpaal hang?   :crybaby2: Geen antwoord nie!  :icon_bigsmurf:   
Om te weet is om te verstaan.