Author Topic: Diagnose: Hartversaking.  (Read 17149 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Diagnose: Hartversaking.
« on: November 14, 2018, 04:29:15 AM »
Skielik flikker daar 'n oranje lig op jou lewenspad... jy raak ongewoon uitasem na inspanning en wonder of die ouderdom jou nou ingehaal het oornag?

Na 'n besoek aan die dokter en 'n reeks toetse ontvang jy die uitslag: Hartversaking en jou hart klop skielik in jou keel en val dan tot by jou kleintoontjie. Benoud wonder jy of jou testament in orde is? Rolbos-emosies verdoof jou TOT jy verstaan dat hartversaking beteken doodeenvoudig dat jou hart nou probleme ondervind om die funksie na behore te vervul waarvoor dit ontwerp was in jou liggaam nl. die pompaksie.

Ter opsomming is hartversaking dus die onvermoë van die hart om genoegsame bloedvolume te pomp of te ontvang, om aan die liggaam se vereistes te voldoen.

Dit het nie net oorgegee en opgehou werk nie en is nie 'n onmiddelike doodsvonnis wat jy gedink het dit is nie al voel dit so weens die onaangename simptome wat jy ervaar a.g.v die verminderde bloedtoevloei.

Omdat die hart se pompaksie 'n knou gekry het, begin vog ophoop in jou liggaam en veroorsaak pynlike swelling in jou enkels, bene, maag sowel as vog wat in die longe opbou waarvan jy deeglik bewus raak met asemhaling  :crybaby2:

Simptome mag kom en gaan. Oor die algemeen kan die simptome mettertyd vererger en daarom is dit belangrik dat jy jou dokter in kennis stel as jou simptome verander/vererger.

Dit is nie 'n toestand wat onbehandeld gelaat kan word nie - die oranje lig gaan een of ander tyd oorslaan na rooi! Daarom is dit belangrik dat jy bewus is van die gevaartekens van hartversaking indien jy enige mediese probleme het wat aanleiding kan gee tot hartversaking.

Die meeste mense met gediagnoseerde hartversaking het eers ʼn verwante probleem gehad. Dit kan hoë bloeddruk wees of kroonslagaarsiekte, ʼn hartaanval, ʼn geboortedefek van die hart of ʼn siekte wat die hartspier tref. Longsiektes soos pulmonale hipertensie kan ook tot hartversaking lei. Vetsug, diabetes en slaapapnee is ook al aan hartversaking gekoppel.

Simptome:

Benoudheid a.g.v kortasemheid.
Gewoonlik een van die eerste simptome wat verskyn nadat jy aktief was. Indien die hartversaking vergerger sal hierdie simptoom ook ervaar word wanneer jy rustig verkeer, of as jy plat lê. Baie persone het opgemerk dat hulle al hoe meer kussings gebruik aangesien dit help met die benoudheid en is dan ook een van die eerste vrae van jou dokter/kardioloog - op hoeveel kussings slaap jy? Ek sal hier graag meer op wil uitbrei:

Orthopnea/orthopnoea
Griekse orto (reguit) + pnoia (asem) is kortasem (dispnee) wat plaasvind wanneer die persoon plat lê, wat veroorsaak dat pasiente noodgedwonge verkies om meer gestut te slaap of eerder in 'n stoel te sit en slaap.

Dit word algemeen beskou as 'n laat manifestasie van hartversaking as gevolg van vog-herverdeling in die sentrale sirkulasie, wat 'n toename in pulmonale kapillêre druk veroorsaak. Dit beteken dat vloeistof wat in die bene opgebou het gedurende die dag, versprei na die longe wanneer die persoon horisontaal verkeer.

Die verplasing van opgeboude vog in bene na die longe, verduidelik natuurlik die tipiese sementgevoel in jou bolyf wat ervaar word kort na die liggaam in 'n horisontale posisie verkeer. Hierdie toestand veroorsaak erge ongemak en ook gepaardgaande slaaploosheid wat onder andere ook 'n simptoom van hartversaking is. 

Mense met orthopnea vergoed dikwels - soms onbewustelik - deur met meer kussings onder die kop te slaap sodat die bolyf gelig is en sodoende hul simptome te verminder. Dit is die rede waarom dokters dikwels pasiënte met hartversaking vrae op hoeveel kussings slaap hulle in die nag.

Nog 'n simptoom van hartversaking is paroxysmal nocturnal dyspnea. 'n Skielike aanval van erge benoudheid snags, gewoonlik 'n paar uur nadat die persoon gaan slaap het. Onverklaarbare skielike tamheid en benoudheid tydens oefening is ook algemene klagtes wat verband hou met asemhalingsprobleme.

Moegheid
As jou hart nie behoorlik pomp nie, word bloed van minder belangrike dele van die liggaam – soos die spiere in jou ledemate – na die brein en ander lewensorgane geneem. Dit kan jou arms en bene swak laat voel. Jy kan moeg voel as jy alledaagse dinge doen soos om trappe te klim of deur ʼn vertrek te loop. Jy kan ook lighoofdig voel.

Lastige hoes/kuggie en hyg
'n Teken dat bloed wat van die longe af na die hart terugvloei, opdam en vloeistof in jou longe beland. Soms kan jy wit of pienkerige slym uithoes. Ek het persoonlik agterkom dat hierdie slym 'borrelrig' vertoon. Gaan spreek jou dokter so gou as moontlik indien jy las het met hierdie simptoom.

Swelling en gewigstoename
Vloeistof kan ook in weefsels opdam. Dit kan veroorsaak dat jou voete, enkels, bene of maag swel. Omdat die niere te min bloed kry, kan hulle sukkel om natrium uit te skei. Dit sal veroorsaak dat nog meer vloeistof in jou weefsels agterbly. Pasiente word aangeraai om hulle daagliks te weeg. Meer as twee kilogram per dag moet aan jou dokter gemeld word sodat jy behandeling kan ontvang.

Naarheid
Hierdie is vir my een van die naarste (letterlik) simptome. Ek voel gedurig swanger. Jy mag ook voel of jy jouself ooreet het. Hartversaking kan ook lei tot 'n verlies aan aptyt omdat jou spysverteringstelsel nie genoeg bloed en suurstof kry nie.

Hartkloppings/Hartritme afwykings
Skrikwekkende simptoom as jy dit nog nie voorheen ervaar het nie.  Dit is jou liggaam se manier om die hart te dwing om meer bloed te pomp - dus verhoog dit jou harttempo. Die hulpproses kan ook op die volgende maniere geskied:

*deur jou hartspier te vergroot sodat dit sterker kan klop;
*deur jou hart te vergroot sodat dit beter kan strek en terugtrek.

Vir meer inligting rondom hierdie simptoom en verskeie betroue video opnames deur 'n bekende kardioloog in die buiteland, volg asb hierdie skakel:
http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=2436.465

Verwarring
Jy kan gedisoriënteerd en vergeetagtig raak. Wanneer ander organe weens ʼn bloedtekort nie goed werk nie, beïnvloed dit die hoeveelhede van sekere stowwe (soos natrium) in die bloed. Dit kan jou brein beïnvloed.

Wenke om hartversaking te voorkom
Indien jy rook, hou op.
Verloor gewig as jy oorgewig is.
Gesonde eet- en drinkgewoontes.
Beperk sout inname.
Hou by voorgestelde vogbeperkinge.

Hartversaking is meestal 'n chroniese, langtermyn harttoestand wat stelselmatig kan vererger met verloop van tyd. Hoe gouer jy begin met lewenstyl veranderinge om die toestand te behandel, hoe beter. As jy reeds ʼn hoë risiko het of as jou hart reeds beskadig is, kan jou dokter jou risiko met medisyne help verlaag.

Lewensverwagting met CHF (Kongestiewe hartversaking) wissel na gelang van die erns van hartversaking, ouderdom en ander faktore.

Bronne:
http://kedlaguru.bid/vrae/2012-hoe-lank-kan-jy-leef-met-kongestiewe-hartversaking.html
https://welstand.solidariteit.co.za/die-z-van-hartversaking/

« Last Edit: November 15, 2018, 05:59:34 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Diagnose: Hartversaking.
« Reply #1 on: November 14, 2018, 04:40:40 AM »
Baie met hartversaking kla oor 'n ongemaklike gevoel na ete. Asof hulle ooreet is, selfs na 'n ligte maal.

Meeste van ons is bewus dat 'n oormaat sout in jou dieet sal veroorsaak dat die liggaam vloeistof moeiliker afskei en derhalwe vog opbou wat kan lei tot swelling, ongemak en verhoogde sistemiese bloeddruk aangesien 'n hoë soutinname die massa van die linkerventrikel van die hart verhoog.

Die are verdik en verstyf wat dan lei tot verhoogde weerstand; insluitende die koronêre are en die van die niere. Dit verhoog die voorkoms van beroertes, die graad van hartversaking en die neiging tot klonting en versnel die agteruitgang van renale funksies.
 
As jy regterhartversaking het is hierdie ekstra stremming van 'n oormaat sout in jou dieet op die hart 'n vergrote risiko.  Indien jy vogafdrywende medikasie (waterpille in die volksmond) neem, plaas dit ekstra las op die niere - ekstra sout kan sake drasties vererger.

Hoeveel jy op enige gegewe tydstip eet, sal natuurlik beïnvloed hoe jy voel. Alhoewel die maaggrootte baie wissel van een persoon na die volgende, kan 'n oorvol maag sy normale grootte tot vier keer verhoog en sal beslis bydra tot jou ongerief.

So oorvol maag (reg onder die diafragma gelee) sal opwaartse druk op die diafragma veroorsaak. Die relatief swakker spiere het dus probleme om tydens asemhaling te strek en kan jou longfunksie beïnvloed.

Spysvertering is afhanklik van asemhaling om suurstof te verskaf aan die spiere wat gebruik word in die omskakeling van vaste voedsel na vloeistof soos dit deur die spysverteringskanaal beweeg. Vir die pasiënt wat nie in staat is om te vergoed vir die ekstra suurstof aanvraag nie, beteken dit dat minder suurstof tydelik beskikbaar is vir ander organe.

Vir persone met vergrootte hart/versaking en asemhalingsprobleme skep dit groot ongemak en vererger simptome. Ek het agtergekom dat dit help om jou suurstof tydens maaltye ook te gebruik as jy nie reeds op 'n 24/7 dosis is nie.

Hier is hoe jy jouself kan help:
• Vermy té sout kos en etes
• Raak vertroud met jou soutverdraagsaamheid
• Eet kleiner maaltye deur die dag, eerder as groot etes
• Vermy moeilik verteerbare voedsel
• Rus en gee jou liggaam kan om die maal te verteer
 
*Bronne:
 Harmful effects of dietary salt in addition to hypertension, Nature
 How do the digestive and respiratory systems work together, Livestrong
 Volume of a Human Stomach, Livetextbook
 Breathing and Motor Neuron Disease, MND

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Diagnose: Hartversaking.
« Reply #2 on: November 14, 2018, 04:42:51 AM »
Indien jy op vogafdrywende (Diuretics) geplaas word, is dit belangrik dat jy gereeld getoets word vir wanfunksies. Dit geld veral ook vir pasiente met hartversaking (heart failure).

Meeste van ons is bewus daarvan dat sekere tekorte kan lei tot krampe, gewrigs- en spierpyne maar vir my was dit tog half skrikwekkend as mens besef hoe groot is die sleutelrol wat gespeel word om die normale spiersametrekkings/ontspannings te beheer.

Aangesien die hart die belangrikste spier in jou liggaam is, kan onvoldoende inname lei tot hartritmeversteurings en in die ergste gevalle kan lae kalium tot hartversaking lei, volgens die Harvard Mediese Skool.

Te lae vlakke kan ook aanleiding gee tot slaaploosheid, moegheid en 'n algemene gevoel van swakheid. Duiseligheid en floutes weens verlaagde bloeddruk en wanfunksionering van die niere wat weer ontaard in 'n bose kringloop van onwatering en 'n oormatige dorsgevoel is simptome wat ernstige gevolge kan inhou.

Geestesongesteldhede soos verwardheid, prikkelbaarheid is nog newe effekte en so ook daardie liggaamlike ongemak van been-, arm- en selfs maagkrampe wat weer aanleiding kan gee tot hardlywigheid.

Die verhouding tussen voedingstowwe wat ons liggame benodig is inderdaad baie delikaat. Verbasend kan 'n wanbalans ook aaleiding gee tot swetende, stinkende voete, slegte asem en liggaamsreuke.

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Diagnose: Hartversaking.
« Reply #3 on: November 14, 2018, 04:46:38 AM »
Herken en identifiseer die gevaartekens wanneer jou suurstofvlakke te laag is:

Brittany Foster het 'n prag artikel saamgestel oor haar eie ervaring en simptome. Ek was verstom om te sien hoeveel van hierdie waarskuwingstekens ervaar die uwe self. Sommige van hierdie simptome het ek nie eers besef is a.g.v suurstof te kort nie!

Sy noem dat dit so belangrik is om bewus te wees oor vroeë waarskuwingstekens en simptome. Ewe belangrik ook dan om ander persone en jou dokter in te lig as bewusmaking sodat hulle weet wat jy ervaar. Dit is nie net belangrik om simptome te noem wat jy herken nie, maar dit is eweneens om terugvoering van ander te kry oor wat hulle mag waarneem en die waarskuwingstekens te herken.

Hierdie tekens kan verskil van persoon tot persoon. Soos vir Brittany, is daar 'n aantal bekende tekens wanneer my liggaam my laat weet dat die suurstofvlakke te laag is.

Die uiterlike tekens is soms die verskyning van 'hoendervleis' en selfs waarneembare blou en wit, selvormige merkies op my arms en bene en 'n onverklaarbare bewerigheid. Minder sigbare tekens wat ooreenstem met wat Brittany ervaar is 'n gevoel van onverwagse verwardheid en 'n algemene 'af' gevoel sowel as naarheid en gepaargaande duiseligheid.

Oë wat aanhoudend traan, ongemaklike gevoel soortgelyk aan slegte spysvertering, en laer rugpyn wat ek toegeskryf het aan die manier waarop ek in geligde posisie slaap om benoudheid snags te voorkom.

Pynlike simptome is die brandgevoel op bors asof jy onfiks aan 'n maraton deel geneem het. Dan word elke asemteug 'n pynlike ervaring en stryd. Gewoonlik volg 'n nare hoesbui wanneer ek enige inspannende aktiwiteit doen wat net verlig word met die neem van suurstof.

Outop en my kinders/kleinkinders kan blykbaar aan my oë en algemene houding sien wanneer my suurstofvlakke laag is.

Soos Britanny ook waargeneem het, is daar soms die tipiesie neiging van 'dagdroom' en gedagtes wat maklik dwaal, herhaling van dinge reeds genoem en die vergeet van sekere name van artikels ens. is vir my veral baie frustrerend. Nog ooreenstemmende simptome is 'n stadiger pas en totale gebrek aan energie hê.

Sy stel voor dat ons begin om aan die fisiese en minder opvallende simptome te dink en dit neer te skryf. Vra diegene na aan jou oor hul insette van wat hulle waarneem. Gebruik hierdie versamelde inligting as bewusmaking vir ander.

Suurstof as terapie.

Nie almal verstaan altyd dat jy een oomblik afhanklik kan wees van mediese toerusting en dan nie. Soms benodig pasiënte suurstof op dieselfde manier as iemand wat 'n rolstoel gebruik om oor die weg te kom. Sekere mediese komplikasies soos kongestiewe hartversaking veroorsaak pulmonale kongestie - behandeling sluit dikwels aanvullende suurstofterapie in. 

Serana Lawrence het 'n pragtige artikel saamgestel in die 27ste uitgawe van die phan mail, oor die gebruik van suurstof.

Sy noem ondere andere dat hierdie wonderlike hulpmiddel nie net 'n behandeling is wat bejaardes by hospitale kry nie maar dat meer bewusmaking aan die samelewing gedoen moet word dat dit ook daar is as terapie vir pasiënte van alle ouderdomme en vermoëns.

Dit is nie net daar om help met asemhaling nie maar ook om sekere inspannende aktiwiteite gemakliker te kan doen bv. trappe klim, werk ens. Selfs alledaagse roetine soos stort/bad. Ek het nooit besef hoe asemrowend aan- en uittrek kan wees nie!

Sommige hartversakings en PH pasiënte benodig suurstof slegs tydens vlugte en ander weer net vir slaap. Ander mag dit weer nodig nodig hê tydens swaar inspanning, terwyl ander dit dalk 24/7 benodig.

Ek kan vir lang tye sonder geleende asems oor die weg kom maar die oomblik as die ouens om jou begin stook aan 'n braaivleisvuurtjie word daar inderhaas gegryp na die pypies. Verby is die dae wat jy na binne moes vlug of skaam kry oor jy soms afhanklik is van mediese hulpmiddels. Dit stel jou in staat om saam te kuier en lag dat die trane loop.

Wanneer jy dus weer iemand sien wat die suurstofpypies afhaal en die masjien afskakel - tot later (en bly leef  :icon_scratch: ) sal jy hopenlik beter verstaan.





Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Diagnose: Hartversaking.
« Reply #4 on: November 14, 2018, 04:48:10 AM »
Hoe kan jou suurstofvlak normaal vertoon op 'n oksimeter terwyl asemnood ervaar word?

Baie pasiënte aanvaar dat wanneer hulle sukkel om genoegsaam/vrylik asem te haal, moet hulle suurstofvlakke laag wees.  Hierdie vlakke word gemeet volgens die hoeveelheid suurstof in die bloed, nie die hoeveelheid suurstofryke bloed wat van die hart na die res van die liggaam gepomp word nie. Pasiënte is altyd verbaas as hul suurstoflesing binne normale perke is tydens asemnood.

Waarom voel ons dan so benoud?

Hartversaking, PH en ander gevorderde longsiektes kan die hart ooreis sodat dit minder doeltreffend pomp. 'n Ondoeltreffende hart het 'n laer kardiale uitset.  'n Laer hoeveelheid bloed word met elke klop van die hart na die res van die liggaam gestuur en dit lei dan tot die gevoel van 'kortasemheid' terwyl jou suurstoflesing op die oksimeter normaal vertoon!

Daar is twee getalle op die oksiemeter - die pols en die suurstofversadigingslesing. 'n Normale lesing is 95-100%. Dokters is normaalweg nie bekommerd oor lesings bo 90% nie.

Daar is 'n paar faktore wat die akkuraatheid van 'n pols-oksimeterlesing kan beïnvloed. 

1. Naellak. Omdat die pols-oksimeter afhanklik is van die lig wat deur die vinger beweeg, kan pasiënte wat naellak dra dus 'n foutiewe lesing kry.

2. Lae bloedvloei. Sommige siektes soos skleroderma kan lei tot lae bloedvloei in die vingers. Omdat die pols-oksimeter afhanklik is van hemoglobien in die bloed, sal dit nie 'n akkurate lesing gee as daar lae bloedvloei is nie.

3. Foutiewe oksimeters.

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Diagnose: Hartversaking.
« Reply #5 on: November 14, 2018, 04:52:49 AM »
:notworthy:  :icon_salut: Al die grafiese voorstellings is met erkenning geleen van LearnTheHeart.com

Wat het 'n donkie, hartversaking en PH in gemeen?

Ons weet nou reeds dat hartversaking (heart failure) die onvermoë van die hart is om genoegsame bloedvolume te pomp of ontvang, om aan die liggaam se vereistes te voldoen.  Cardiomyopathy (cardio= heart, myo = muscle, pathy = disease) is slegs een van die oorsake wat kan lei tot hartversaking.



Pulmonale Hipertensie kan ook lei tot hartversaking en as dit gebeur, kan ons dit vergelyk met 'n donkie wat swaar sleep aan 'n oorlaaide vrag sandsakke. Na 'n ruk gaan die donkie nie meer kan volhou nie, so sal die hart onder stres van abnormale drukking ook nie kan volhou om genoegsame, suurstofryke bloed aan die liggaam te voorsien nie.

Dit is van uiterste belang vir jou as pasient om die simptome van hartversaking te eien sodat jy betyds gediagnoseer en gepasde medikasie voorgeskryf kan word aangesien dit 'n progressiewe toestand is en fataal kan wees indien onbehandeld.

Heart faliure is usually a progressive condition that begins with risk factors for LV dysfunction (e.g., hypertension), proceeds to asymptomatic changes in cardiac structure (e.g., LV hypertrophy) and function (e.g., impaired relaxation), and then evolves into clinically overt HF, disability and death

Skematiese voorstelling van 'n ooreisde hart.
 


Hier is weer 'n kort skematiese opsomming van verskeie simptome en vorme van hartversakings:



Hartversaking kan aan die linker- of regterkant (selfs beide kante) van die hart voorkom. Dit word ook verdeel in sistoliese of diastoliese wanfunksie.  Dokters diagnoseer hartversaking na aanleiding van die graad/erns van simptome en die beperking wat dit op normale funksionering meebring volgens die (NYHA) - New York Heart Association Functional Classification.



NYHA Class   Symptoms

I   Cardiac disease, but no symptoms and no limitation in ordinary physical activity, e.g. no shortness of breath when walking, climbing stairs etc.

II   Mild symptoms (mild shortness of breath and/or angina) and slight limitation during ordinary activity.

III   Marked limitation in activity due to symptoms, even during less-than-ordinary activity, e.g. walking short distances (20–100 m). Comfortable only at rest.

IV     Severe limitations. Experiences symptoms even while at rest. Mostly bed bound patients.


Jou diagnose op 'n verslag kan straks so vertoon:
Diastoliese LV  (linker ventrikulêre) disfunksie. Stadium NYHA - fase 11.

Korrekte behandeling is van uiterste belang. Verskeie medikasie is beskikbaar wat verskillende hulpfunksies aan die ooreisde hart verskaf.

Om terug te keer tot die 'donkie teorie':



Wanneer daar van die sandsakke op die donkie se sleepwa afgehaal word, word die swaar las verlig, net so is daar vogafdrywende medikasie om die hart se werking te verlig.

Soms kan 'n spoedbeperking (beta-blocker vir die hartpasient) verligting bring om krag te spaar/herwin.



En dan is daar natuurlik die 'wortel voor die neus van die donkie' - medikasie wat vir kort termyn, binneaars toegedien word aan pasiente met gevorderde hartversaking wat wag op hartoorplanting. Hier word die hart gedwing om sterker te pomp sodat daar genoegsame bloedvloei na die liggaam kan wees.



Bron: http://www.healio.com/cardiology/learn-the-heart/blogs/the-donkey-analogy-for-congestive-heart-failure-treatment





« Last Edit: November 14, 2018, 08:41:45 PM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Diagnose: Hartversaking.
« Reply #6 on: November 14, 2018, 09:13:03 PM »
Hoe word hartversaking gediagnoseer?
BNP Bloedtoets
Echocardiogram (echo)

BNP Bloedtoets
As jy hartversaking het, vervaardig jou hart twee proteïene nl. B-tipe natriuretiese peptied (BNP) en N-terminale-pro-BNP (NT-pro-BNP) 

Vlakke van albei in jou bloed styg wanneer jou hartversaking erger word en verminder wanneer dit beter word.  'n BNP bloed toets meet hierdie twee belangrike vlakke.

Hoekom is 'n BNP-bloedtoets nodig?
BNP vlakke help jou dokter uitvind of jy hartversaking het of iets anders met soortgelyke simptome soos kortasemheid. Die toets toon ook of jou hartversaking vererger het. Dit sal jou dokter help om te besluit watter behandelings jy benodig en of hospitalisasie nodig is. Dit kan hom ook 'n blik gee op wat die toekoms inhou vir jou. Dit is 'n sensitiewe toets om die dokter toe te laat om die verbetering of verslegting van hartversaking te evalueer en om te help monitor of die medikasie goed werk of nie.

Echocardiogram
'n Grafiese uiteensetting van jou hart se beweging met hoë frekwensie klankgolwe (ultraklank beelde) van die hartkleppe en kamers. Dit laat jou dokter toe om die pompaksie van die hart te sien.

Echo word dikwels gekombineer met Doppler ultraklank en kleur Doppler om die bloedvloei deur die hart se kleppe te kontroleer asook die algemene gesondheid en werking van jou hart waar te neem. Dokters gebruik die toets om die vordering van hartsiektes soos hartversaking dop te hou en te verseker dat die voorgeskrewe medikasie werk.

Verskillende tipe echo's:
Transthoracic.
Transesophageal.
Stress Echo.
Dobutamine / adenosine stress.
Intravascular ultrasound.

Die proses van hartversaking is onvoorspelbaar en verskil van persoon tot persoon. In baie gevalle bly die simptome 'n geruime tyd (maande of jare) stabiel voor agteruitgang intree. Hulle kan ook vinnig ontwikkel na byvoorbeeld 'n nuwe hartaanval, hartritmeversteurings of 'n longinfeksie. Sulke akute toestande reageer gewoonlik op behandeling.

Die belangrikste is dat jy verstaan ​​dat die behandeling van hartversaking nie net simptome kan verlig nie, maar ook die lewensverwagting kan verbeter en verleng. Jou dokter en ander lede van jou mediese versorgings-span sal saam met jou werk om jou toestand doeltreffend te behandel met 'n kombinasie van medikasie en veranderinge in jou leefstyl.

Bronne:
https://www.heartfailurematters.org/sv_SE/Att-f%C3%B6rst%C3%A5-hj%C3%A4rtsvikt/how-can-heart-failure-change-over-time
https://www.webmd.com/heart-disease/heart-failure/bnp-blood-test
« Last Edit: November 14, 2018, 09:26:38 PM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Diagnose: Hartversaking.
« Reply #7 on: November 15, 2018, 05:24:40 AM »
Daar is twee hooftipe hartversakings:

1. Hartversaking met verminderde linker ventrikulêre funksie (HF-rEF) 
Die linkerventrikel vergroot en verloor sy vermoë om genoegsaam saam te trek om bloed na die res van liggaam te pomp nie.

2. Hartversaking met bewaarde (preserved) linker ventrikulêre funksie (HF-pEF)
Die hart se saamtrekvermoë en pompaksie is normaal, maar die onderste kamers van die hart (ventrikels) is dikker en stywer as normaal.

As gevolg hiervan kan die ventrikels nie behoorlik ontspan nie en kan hulle nie heeltemal gevul word met verlangde hoeveelheid bloed wat die liggaam benodig nie. Omdat daar minder bloed in die ventrikels is, word minder bloed na die res van die liggaam uitgepomp wanneer die hart saamtrek.

'Ejection Fraction'

Elkeen wat gediagnoseer is met hartversaking het nodig om die terme 'Ejection Fraction' en die persentasie aangedui op jou verslae te verstaan. Hierdie terme beskryf meestal die hoeveelheid bloed wat vanuit jou linkerventrikel gepomp word elke keer wat jou hart saamtrek.

Normale Hart.
'n Normale linker ventrikulêre uitsetpersentasie (LVEF) wissel van 55% tot 70%. 'n  LVEF van 65% beteken byvoorbeeld dat 65% van die totale hoeveelheid bloed in die linkerventrikel met elke hartklop gepomp word. Jou EF kan op en af ​​gaan, gebaseer op jou hart se toestand en hoe goed jou behandeling werk.

HF-pEF
Normale uitsetpersentasie omdat die linkerventrikel nog steeds behoorlik pomp. Jou dokter sal jou EF meet en mag jou hartkleppe en spierstyfheid nagaan om te sien hoe ernstig jou hartversaking is.

HF-rEF
'n Uitsetpersentasie van minder as 35% beteken dat jy 'n groter risiko het ten opsigte van 'n lewensbedreigende, onreëlmatige hartklop wat skielike hartstilstand / dood kan veroorsaak. Behandeling kan die volgende behels: implantable cardioverter defibrillator (ICD) or cardiac resynchronization therapy (CRT).

Minder algemene behandelingsopsies sluit in hartoorplanting of 'n ventrikulêre hulpmiddel (VAD).

Ek plaas die volgende inligting van die uiteensetting van die EF soos wat ek dit geleen het:

What do the numbers mean?

Ejection Fraction (EF) 55% to 70%
Pumping Ability of the Heart: Normal
Level of Heart Failure/Effect on Pumping: Heart function may be normal or you may have heart failure with preserved EF (HF-pEF)

Ejection Fraction (EF) 40% to 54%
Pumping Ability of the Heart: Slightly below normal
Level of Heart Failure/Effect on Pumping: Less blood is available so less blood is ejected from the ventricles. There is a lower-than-normal amount of oxygen-rich blood available to the rest of the body. You may not have symptoms.

Ejection Fraction (EF) 35% to 39%
Pumping Ability of the Heart: Moderately below normal
Level of Heart Failure/Effect on Pumping: Mild heart failure with reduced EF (HF-rEF)

Ejection Fraction (EF) Less than 35%
Pumping Ability of the Heart: Severely below normal
Level of Heart Failure/Effect on Pumping: Moderate-to-severe HF-rEF. Severe HF-rEF increases risk of life-threatening heartbeats and cardiac dysynchrony/desynchronization (right and left ventricles do not pump in unison)

BRON: https://my.clevelandclinic.org/health/diseases/17069-heart-failure-understanding-heart-failure

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Diagnose: Hartversaking.
« Reply #8 on: November 15, 2018, 09:46:38 AM »
Hier het jy heelpartye probleme uitgelig wat 'n mens dikwels aan iets anders toeskryf.  Nou sien ek eers hoeveel simptome hier aan hartversaking toegeskryf kan word. 
Soos altyd is jou werk deeglik nagevors en ek lig my hoed en knak my knieg.  Jy is goud werd vir ons Raaitjie.   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Diagnose: Hartversaking.
« Reply #9 on: November 15, 2018, 10:26:18 AM »
Voorreg van deel altyd myne PM. Hierdie was vir my 'n riem onder die hart (verskoon die pun) omdat ek weet jy self met hierdie toestand kennis gemaak het. Dokters het net nie meer die tyd om in groot praktyke te gaan sit en al jou vrae te beantwoord en jou vrese te besweer nie.

Selfs in die hospitaal met behandeling het ek amper my moses teegekom. Weens die feit van vogretensie kan selfs die toedien van binne-aarse medikasie komplikasies veroorsaak soos bv. antibiotika met drip. Die vog inhoud was meer as wat my hart kon hanteer en dit het letterlik gevoel of my maag gaan bars.

Soms is dit nodig dat jy 'opgeleide personeel' moet inlig rakende jou toestand/situasie snik snik snik.  Glo my vry, ondervinding het my geleer dat jy nie 'n gewilde pasient na die tyd is nie. Op 'n vogbeperking van 1 liter per dag is binne-aarse behandeling 'n nagmerrie vir die hartversakingspasient  :crybaby2:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Diagnose: Hartversaking.
« Reply #10 on: November 15, 2018, 10:49:58 AM »
Die uitasem en vogretensie is op hierdie stadium my grootste probleme.  My bloeddruk is so te sê onder beheer.  Ek het die vogretensie toegeskryf aan die bloeddrukpille. 
Oom dokter het wel gesê dat my hart vergroot is, maar Hannes het dit  toegeskryf aan die "taxi sindroom".   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Diagnose: Hartversaking.
« Reply #11 on: November 16, 2018, 07:35:04 AM »
My hart gaan uit na jou toe PM. Jy moet probeer aansluit by 'n ondersteuningsroep vir hartversaking. Ongelukkig weet ek nie van enige Afrikaanse groepe nie maar op FB is daar twee wonderlike Engelse groepe. Dit help ongelooflik baie om te lees wat ander ouens kwel, wat hulle doen om byvoorbeeld simptome te help verlig.

Daar is ook gereeld wenke oor hoe om by jou voorgeskrewe vloeistofbeperking te hou. Soutvrye disse word ook so tussen deur gedeel en jy tel jou seeninge wanneer jy lees hoe sommige pasiente angstig wag op 'n skenkerhart  :crybaby2:

Ek voel nie meer so alleen nie en besef dat ons almal saam baklei in hierdie oorlog teen tikkers wat in stadige aksie staak. Ons kan nie anders nie - elkeen doet voort en veg braaf sonder ophou.

Hierdie was vir my so treffend:
Before you quit - try and before you die - live!



Ondersteuningsgroepe
https://www.facebook.com/groups/313275948825556/
https://www.facebook.com/groups/552790591557221/
« Last Edit: November 16, 2018, 07:46:50 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Diagnose: Hartversaking.
« Reply #12 on: November 16, 2018, 11:35:25 AM »
Ek is mos 'n Vanhelsdingen.  As die lewe druk dan druk ek terug.   :toothy4:
Ek sien volgende week 'n kardioloog.  Ons sal maar hoor wat oom dokter te sê het.   :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Diagnose: Hartversaking.
« Reply #13 on: November 16, 2018, 01:25:24 PM »
Sterkte matertjie. Hou ons asb op hoogte. Gelukkig is jy gewapen met 'n paar feite.  :love7:

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Diagnose: Hartversaking.
« Reply #14 on: December 12, 2018, 11:41:25 PM »
By die hartversakings-ondersteuningsgroepe sien ek gereeld hoe die ouens trots getuig oor hulle ervarings op die asemlose paaie en die wapentuig wat hulle inspan om die nare simptome baas te raak.

Elke dag leer ek 'n nuwe les en verbreed my selfkennis want op hierdie pad moet jy soms jou dokter inlig en probeer oortuig dat dit WEL simptome is van HF wat baie ander ook ervaar al is dit nie opgeteken in sy/haar mediese handboeke nie!

As jy nie weet dat ander dieselfde beleef nie, gaan jy later voel dit is 'all in your mind'. Vir my het die wete dat vele ander pasiente teen dieselfde vyande veg, gerusstelling gebring wat geen geld kan koop nie.

We proudly share our stories, because we care!


« Last Edit: December 12, 2018, 11:44:53 PM by Meraai vannie Baai »