Author Topic: Waarskuwing: Draagbare Defibrillator (Zoll LifeVest) kan faal.  (Read 3857 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Waarskuwing: Draagbare Defibrillator (Zoll LifeVest) kan faal.
« on: November 20, 2018, 11:57:52 PM »
By altwee die ondersteuningsgroepe vir hartversaking is daar heelwat vrae oor hoe suksesvol hierdie lewensreddende draagbare toestelle is. Sommige pasiente lewer positiewe kommentaar en ander berig weer oor foutiewe reaksies van hulle toestelle. As jou hartversaking so erg geword het dat skielike hartstilstand jou dood gaan veroorsaak, word die dra van hierdie toestel jou enigste toevlug totdat jou mediese span besluit het op verdere ingrypende behandeling.

Daar word gesê dat 'Wearable defibrillators - LifeVest' lewens red maar pasiënte en dokters bevraagteken teen watter koste dit geskied.

Gedurende 2015 het die 11 jarige Natalie Pezzani, wat besig was om te herstel van 'n nood hartchirurgie wat verband hou met 'n geboorte defek, 'n draagbare defibrillator Zoll LifeVest op die hospitaal se aandring gedra na haar ontslag totdat sy sterk genoeg was om 'n pasaangeërs te ontvang.

Sy was ook op medikasie om haar hart te stabiliseer maar dit was nie suksesvol nie en haar hart het gaan staan (cardiac arrest) . Sy het haar bewussyn verloor. Die LifeVest was veronderstel om skokke te gee wat lewens kon red maar die toestel het gefaal.

Gel het uit die defibrillatorblokkies wat aan Natalie se vel geheg was, gesypel en onder dit het Natalie se vel geskroeid gelyk. Die LifeVest het nie reageer op haar toestand nie.

Haar ma het dadelik die voorval gerapporteer. Natalie se gesondheidsorgverskaffers was verstom maar  het aangedring daarop  dat Natalie 'n LifeVest moet dra. 

ZOLL Mediese Korporasie, die toestelmaker, kon geen verduideliking bied nie, het Pezzani gesê, maar hulle het 'n nuwe toestel gestuur. Dit het nie gehelp nie. In die geheel het Pezzani gesê, het soortgelyke voorvalle ses keer plaasgevind. Daarbenewens het die toestel gereeld waarskuwingsalarms uitgereik, wat die hele gesin paniekbevange gelaat en haar dogter getraumatiseer het.

Verskeie verslae wat verband hou met pasiëntveiligheid het bewys dat Natalie se ervarings nie uniek is nie. Foutiewe reaksies wat verband hou met die ZOLL LifeVest verskyn algemeen. Dit is egter nie maklik om uit te vind oor hierdie risiko's van gesondheidsorgverskaffers nie, sommige pasiënte en dokters rapporteer dit maar bewusmaking van die lewensgevaar verbonde wanneer die toestel faal, word net moeiliker gemaak deur die realiteit dat byna alle nuus en pasiëntinligtingwebwerwe die risiko's onderskat. Mediese toestelle word lus gereguleer deur die FDA en moet nie dieselfde veiligheidstandaarde as dwelms nakom nie.

Hoe gevaarlik is die ZOLL LifeVest?

Dit is moeilik om verseker te weet aangesien dieselfde streng regulasies wat vir medikasie geld, nie ter sprake is vir hierdie soort toestelle nie. In die FDA se databasis bekend as MAUDE, is daar talle verslae van sterftes, beserings en toestelfoute maar dit is nie 'n omvattende lys nie, aangesien ZOLL slegs federaal vereis word om verslae in te dien, en daar is min toesig om seker te maak dat hulle dit wel doen. Dokters en pasiënte kan verslae vrywillig indien.

Velontsteking is 'n algemene klagte. So ook word "onvanpaste" skokke aan pasiënte gelewer wat nie hulle bewussyn verloor het nie en dus wakker is. In een voorbeeld vanaf die databasis het 'n vrou 39 skokke ervaar. 

Net twee weke later na die geval, het 'n ander probleem opgeduik toe die FDA 'n veiligheidswaarskuwing uitgereik het oor die toestel wat soms 'n 'vae foutiewe alarm' uitstuur. In ten minste een geval was dit gekoppel aan 'n pasiëntsterfte. ZOLL het 'n herroep vir toestel uitgereik wat die spesifieke fout vertoon het.

Toe kommentaar op hierdie probleme gevra was het 'n skakelbeampte by ZOLL geweier om die vrae te beantwoord en hierdie stelling gestuur:

"Op enige gegewe dag word tienduisende mense regoor die wêreld beskerm teen SCD deur die LifeVest Wearable Defibrillator. LifeVest word gebruik vir 'n wye verskeidenheid van pasiënt toestande of situasies, insluitende die gevolge van 'n miokardiale infarksie, voor of na koronêre revaskularisering, en vir diegene met kardiomyopatie of kongestiewe hartversaking wat hulle op 'n spesifieke risiko plaas.

LifeVest gee dokters tyd om mediese terapie te optimaliseer en 'n pasiënt se langtermynrisiko vir skielike dood te evalueer. "

BRON:
https://www.healthnewsreview.org/2018/02/wearable-defibrillators-may-save-lives-but-patients-and-doctors-question-at-what-cost/
« Last Edit: November 21, 2018, 03:06:54 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Waarskuwing: Draagbare Defibrillator (Zoll LifeVest) kan faal.
« Reply #1 on: November 21, 2018, 10:16:01 AM »
Sjoe, wie sou dit nou glo.  Dit wys jou net, niks is gewaarborg nie. 
Om te weet is om te verstaan.