• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Tietiesbaai

Started by Anton Louw, September 21, 2018, 09:42:51 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Anton Louw

"As jy my vrou vra wat is haar gunsteling kampplek kan jy net een antwoord verwag:  Tietiesbaai!"


Kamp is koning!

Meraai vannie Baai

Trippel WOW!!! Ek stem saam, kamp is koning en as dit nog gedeel word met woord en beeld straal die oumens van oor tot toon
:headbang: :hello2: :icon_salut: :`ip2:

PM

Ek het nou heerlik saamgekuier op Tietiesbaai.  Dit is voorwaar 'n juweel van die Weskus.
Ons het in Paternoster gekuier toe daar nog net kleurlinghuisies en visvangerskuite op die strand was.  Die hotel en die winkeltjie "oep vir koep". 
Die Weskus roep my altyd.  Hoe verlang ek nou! 

Dankie vir die deel Anton.  Baie dankie. 
Was julle al by Tsitsikamma?
Om te weet is om te verstaan.

Assie

Ek onthou vir Tietiesbaai. Het een keer saam met Oom Naas daar gekamp. Dit was laaank terug. Ek dink die dooie see was daai tyd nog kretiek in die hospitaal.
Ek onthou die kreef. Dit was springgety die Saterdag oggend. Die water het so ver teruggetrek dat selfs ek, wat nie kan swem nie, op die rotse kon le en kreef uithaal met net my g-string en 'n duikbril aan.
Op die wal het 'n paar vissermanne oop bek gesit. Ek dink hulle het gewonder waar die water heen verdwyn het.

:mumum:

Meraai vannie Baai

Verstik ek amper myself die dooie see in Assie  :toothy4: Glo nie hulle het na die water gekyk nie  :icon_biggrin:

Assie

Hulle was so deur die wind, het nie eers 'n lyntjie in die water gehad nie. Toe ek vir die een vra of hy nie gaan duik nie raak hy rooier as daai kreef in my hand. Shame en die son was hoeka so lekker warm.

:mumum:

PM

Hulle was seker te besig om te duik.   :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.

Antjie Patat

 Ek is ook n kamper, en my droom is nog om lekker aan die Weskus te kamp.
Ek sal wat wil gee, Tietiesbaai en Paternoster, verseker. My droom is daardie teardrop karavaantjie, maar dit sal helaas n droom vir eers moet bly.
My opvou vintage Sprite, moes ek verkoop omdat ek hom nie meer kon onderhou nie, maar watter goeie memories het ek nie gehad nie.
Ek gaan juis die naweek saam in die wildtuin kamp en sleep twee kinnertjies saam, want hulle moet die liefde leer....

Antjie Patat

HAHAHAHAHAHHAHAHAHAHAHHAHA... om nou die woord "sleep" by die kinnertjies te gebruik.....aitog.... by hierdie 'topic' pas dit dalk nie....?
Ek gaat hulle in die kar laai en so saam sleep..... en nie agter die towbar aan nie....

Naas

Dis vir my hartseer as mens so kyk na vooruitgang.
Paternoster met sy hotel en unike kroeg vol panties en broekies en bra's. Enig in sy soort. Ek weet nie eers of die kroeg nog bestaan nie want laaste keer wat ek op Paternoster was het ek net my kop geskud. In my motor geklim en teruggedraai Jacobsbaai se kant toe.
Die vooruitgang het Paternoster in 'n onherkenbare Jappiepark verander. Vissershuisies vervang met duur vakansiehuisr.
Ek wou Paternoster onthou soos ek hom leer ken het met plat op die aarde vissermanne wat altyd 'n glimlag en 'n krefie in die hand gehad het.
Ek sal nou sekerlik nie weer op Tietiesbaai kom nie want om daar te kom moet ek deur Opgenoster ry.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Antjie Patat, jy sal nog leer dat enige onderwerp op enige ander onderwerp pas.  Of is dit nou in?
Ons taal is so uniek, ek het nie eers gedink dat jy twee kindertjies agter jou kar wil saamsleep nie.   :icon_biggrin:
Naas, ek stem saam met die Opgenoster.  Wat 'n gemors!  Geld is die oorsaak!  Hoe meer hulle het hoe meer wil hulle maak.
Jacobsbaai is 'n goeie middelpunt as jy 'n bietjie daar in die omgewing wil rondrits. 
Ek wonder hoe lank gaan Tietiesbaai nog ongeskonde bly. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

As Tietiesbaai aanhou uitboesem moet ons dalk begin dink dat dit gaan kersopsteek het by Dolly. As daardie 'vooruitgang' se 'gifsakkies' bars is alles opgenoster!

Assie

#12
Een ding is seker, as hulle Tietiesbaai gaan opnoster gaan dit in Pramdam verander.

:mumum:

Meraai vannie Baai

Wonder ek of dit dan wit soos melk gaan wees Assie of tjoklitbruin?  :dontknow:

Naas

Laaste keer wat ek en oupa tussen kersfees en nuwejaar bietjie wou strand toe gaan het die swartgety ons letterlik teruggespoel plaas toe. Ons Weskus is geneig tot rooigety wat later so erg kan word dat dit oorgaan in swartgety.

:mumum:
Ek is maar net een, maar ek ís een.