Die Afrikaanse Forum

Die Biblioteek => Kampstories => Topic started by: Anton Louw on September 21, 2018, 08:42:51 AM

Title: Tietiesbaai
Post by: Anton Louw on September 21, 2018, 08:42:51 AM
"As jy my vrou vra wat is haar gunsteling kampplek kan jy net een antwoord verwag:  Tietiesbaai!"

(https://www.kampforum.co.za/sites/default/files/inline-images/Tieties%20Baai%20Artikel.jpg)
Title: Re: Tietiesbaai
Post by: Meraai vannie Baai on September 21, 2018, 09:44:30 AM
Trippel WOW!!! Ek stem saam, kamp is koning en as dit nog gedeel word met woord en beeld straal die oumens van oor tot toon
 :headbang: :hello2: :icon_salut: :`ip2:
Title: Re: Tietiesbaai
Post by: PM on September 21, 2018, 11:06:36 AM
Ek het nou heerlik saamgekuier op Tietiesbaai.  Dit is voorwaar 'n juweel van die Weskus.
Ons het in Paternoster gekuier toe daar nog net kleurlinghuisies en visvangerskuite op die strand was.  Die hotel en die winkeltjie "oep vir koep". 
Die Weskus roep my altyd.  Hoe verlang ek nou! 

Dankie vir die deel Anton.  Baie dankie. 
Was julle al by Tsitsikamma?
Title: Re: Tietiesbaai
Post by: Assie on September 11, 2021, 01:43:31 PM
Ek onthou vir Tietiesbaai. Het een keer saam met Oom Naas daar gekamp. Dit was laaank terug. Ek dink die dooie see was daai tyd nog kretiek in die hospitaal.
Ek onthou die kreef. Dit was springgety die Saterdag oggend. Die water het so ver teruggetrek dat selfs ek, wat nie kan swem nie, op die rotse kon le en kreef uithaal met net my g-string en 'n duikbril aan.
Op die wal het 'n paar vissermanne oop bek gesit. Ek dink hulle het gewonder waar die water heen verdwyn het.

 :mumum:
Title: Re: Tietiesbaai
Post by: Meraai vannie Baai on September 12, 2021, 05:48:04 AM
Verstik ek amper myself die dooie see in Assie  :toothy4: Glo nie hulle het na die water gekyk nie  :icon_biggrin:
Title: Re: Tietiesbaai
Post by: Assie on September 12, 2021, 06:58:47 AM
Hulle was so deur die wind, het nie eers 'n lyntjie in die water gehad nie. Toe ek vir die een vra of hy nie gaan duik nie raak hy rooier as daai kreef in my hand. Shame en die son was hoeka so lekker warm.

 :mumum:
Title: Re: Tietiesbaai
Post by: PM on September 12, 2021, 03:25:19 PM
Hulle was seker te besig om te duik.   :dontknow:
Title: Re: Tietiesbaai
Post by: Antjie Patat on October 18, 2021, 02:54:12 PM
 Ek is ook n kamper, en my droom is nog om lekker aan die Weskus te kamp.
Ek sal wat wil gee, Tietiesbaai en Paternoster, verseker. My droom is daardie teardrop karavaantjie, maar dit sal helaas n droom vir eers moet bly.
My opvou vintage Sprite, moes ek verkoop omdat ek hom nie meer kon onderhou nie, maar watter goeie memories het ek nie gehad nie.
Ek gaan juis die naweek saam in die wildtuin kamp en sleep twee kinnertjies saam, want hulle moet die liefde leer....
Title: Re: Tietiesbaai
Post by: Antjie Patat on October 18, 2021, 02:56:04 PM
HAHAHAHAHAHHAHAHAHAHAHHAHA... om nou die woord "sleep" by die kinnertjies te gebruik.....aitog.... by hierdie 'topic' pas dit dalk nie....?
Ek gaat hulle in die kar laai en so saam sleep..... en nie agter die towbar aan nie....
Title: Re: Tietiesbaai
Post by: Naas on October 18, 2021, 03:39:39 PM
Dis vir my hartseer as mens so kyk na vooruitgang.
Paternoster met sy hotel en unike kroeg vol panties en broekies en bra's. Enig in sy soort. Ek weet nie eers of die kroeg nog bestaan nie want laaste keer wat ek op Paternoster was het ek net my kop geskud. In my motor geklim en teruggedraai Jacobsbaai se kant toe.
Die vooruitgang het Paternoster in 'n onherkenbare Jappiepark verander. Vissershuisies vervang met duur vakansiehuisr.
Ek wou Paternoster onthou soos ek hom leer ken het met plat op die aarde vissermanne wat altyd 'n glimlag en 'n krefie in die hand gehad het.
Ek sal nou sekerlik nie weer op Tietiesbaai kom nie want om daar te kom moet ek deur Opgenoster ry.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Tietiesbaai
Post by: PM on October 19, 2021, 02:17:06 AM
Antjie Patat, jy sal nog leer dat enige onderwerp op enige ander onderwerp pas.  Of is dit nou in?
Ons taal is so uniek, ek het nie eers gedink dat jy twee kindertjies agter jou kar wil saamsleep nie.   :icon_biggrin:
Naas, ek stem saam met die Opgenoster.  Wat 'n gemors!  Geld is die oorsaak!  Hoe meer hulle het hoe meer wil hulle maak.
Jacobsbaai is 'n goeie middelpunt as jy 'n bietjie daar in die omgewing wil rondrits. 
Ek wonder hoe lank gaan Tietiesbaai nog ongeskonde bly. 
Title: Re: Tietiesbaai
Post by: Meraai vannie Baai on October 19, 2021, 03:06:29 AM
As Tietiesbaai aanhou uitboesem moet ons dalk begin dink dat dit gaan kersopsteek het by Dolly. As daardie 'vooruitgang' se 'gifsakkies' bars is alles opgenoster!
Title: Re: Tietiesbaai
Post by: Assie on October 19, 2021, 07:10:26 AM
Een ding is seker, as hulle Tietiesbaai gaan opnoster gaan dit in Pramdam verander.

 :mumum:
Title: Re: Tietiesbaai
Post by: Meraai vannie Baai on October 19, 2021, 07:35:40 AM
Wonder ek of dit dan wit soos melk gaan wees Assie of tjoklitbruin?  :dontknow:
Title: Re: Tietiesbaai
Post by: Naas on October 19, 2021, 07:46:45 AM
Laaste keer wat ek en oupa tussen kersfees en nuwejaar bietjie wou strand toe gaan het die swartgety ons letterlik teruggespoel plaas toe. Ons Weskus is geneig tot rooigety wat later so erg kan word dat dit oorgaan in swartgety.

 :mumum:
Title: Re: Tietiesbaai
Post by: PM on October 19, 2021, 10:34:21 AM
Nou praat jy, maar Natal het dieselfde probleem met die swartgety.  Erg seg ek vir u, erg.  :violent5:
Title: Re: Tietiesbaai
Post by: Antjie Patat on October 19, 2021, 09:50:11 PM
Ja, mens wil juis gaan oor wat jy nog onthou Naas.
Met ontwikkeling jaag hulle my ver weg, daarom dat ek bos of berg toe vlug. Hoe jammer.
Ek gaan ook buite seisoen, en mis meeste van die swart seisoen.
Wetter ek mos n ding wat lawaai en skreeu soos n sleg spirits geelbek-wyf, met n toilet borsel....kan mos nie praat nie, nee... skreeu mos... en los die gety mos n braaksel van lee glasbottels, vuil doeke, en kanibaal-agtige beendere met die terugtrekslag.

Title: Re: Tietiesbaai
Post by: PM on October 20, 2021, 04:46:17 AM
Ag nee sies, nie so vroeg op my nugter maag nie.   :sign10:
Dit is erg Antjie Patat.  'n Mens sal 'n ver afgelee plekkie moet gaan soek vir rus en vrede.


n sleg spirits geelbek-wyf