Juffrouens kan kinders se lewe rigting gee. Al is dit partykeer verkeerde rigting.
Naas. In standerd een. (graad drie) Juffrou Du Toit, toevallig die hoof se skelmpie, gee vir ons 'n taak. Ons moet blate bymekaarmaak, op papier plak en die plant se naam daarby skryf.
My ma gaan koop spesiaal 'n Croxley exercise boek vir die geleentheid van my eerste skooltaak. My pa se moer is suur want dit kos net soveel as 'n bottel Oom Tas.
Ek maak blare bymekaar dat al die blomme en bome in die buurt dink herfs het vroeg gekom.
Dis 'n dik taak. Naas is trots op sy blareboek.
Take word ingegee, gemerk...
Naas kry syne terug.
Nul. Niks. Fokkollie. Punt met 'n rooi pen en 'n stomp passer in Naas se siel gegraveer.
Rede vir vernedering van Naas.
Juffrou wou die blare 'n sekere manier gerangskik gehad het.
In Naas se hele skoolloopbaan was dit die eerste en ook die laaste taak wat Naas ingehandig het.
Juffrou Du Toit het Naas ure gespaar. By tye het Naas se gatvelle los gehang oor hy nie take ingegee het nie. Maar dit was maar reg so want hoekom ure se moeite doen vir 'n nul.
Juffrou DuToit het my geleer...