• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Biekôs she wrote about de wrong subject

Started by Meraai vannie Baai, August 24, 2018, 01:43:27 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Die staatskoolkind kom by die huis met die tyding dat sy opdrag gekry het om 'n taak oor beddens te maak. Die ma dink dit is darem 'n baie eienaardige onderwerp vir 'n taak, maar sy help die stomme kind om inligting in te win oor verskillende volke se slaapgewoontes, oor matrasse van mielieblaarmodelle tot waterbeddens, oor matrose se hangmatte en oor katels en kooie en ledekante en hemelbeddens en wiegies en slaapsakke en bulsakke en lappieskomberse en donskussings en sponskussings en uiteindelik maak hulle 'n taak wat skrik vir niks.

'n Paar dae later kom die stomme kind huil-huil van die skool af by die huis aan – sy het nul vir die taak gekry. Dit is darem nie reg na al die moeite nie, dink die ma. Sy bel die stomme kind se "tietser", miss Masiepa, wat nie 'n dooie woord Menstaal kan praat nie, en vra hoekom haar kind nul vir die taak gekry het.

Miss Masiepa: "Biekôs she wrote about de wrong subject."
Ma: "What was the right subject?"
Miss Masiepa: "Beds."
Ma: "But she wrote about beds."
Miss Masiepa: "No, not det kind of beds – bêds det FLAAI." (birds)

Meraai vannie Baai

Lief die Polisindeton (oortollige woordgebruik) hier:

...sy help die stomme kind om inligting in te win oor verskillende volke se slaapgewoontes, oor matrasse van mielieblaarmodelle tot waterbeddens, oor matrose se hangmatte en oor katels en kooie en ledekante en hemelbeddens en wiegies en slaapsakke en bulsakke en lappieskomberse en donskussings en sponskussings en uiteindelik maak hulle 'n taak wat skrik vir niks.

Naas

Die is flippen skreeusnaaks.
Dit is flippen hartseer.
Dit is flippen nes dit is...

Zuma bly in die vyfster hotel (en ons betaal) Hy bel na ontvangs.
"Êe heloo. Dis ês Zuma from room tree to tree. We urgently need some peppa.
Sure Sir, would that be white pepper or black pepper?
White peppa. Do u think I must use black peppa because I am de black man. U bleddie rasist!
Sorry Sir. Coming right up.
Knock on door of room 323. Zuma opens and find a tray with white pepper on it.
No u bleddie fool. I want TOILET PEPPA.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Naas

By die web Ta Raaitjie. Me's tinks ded was one bed miestake talking about bêds when it should have bien bêds. Tche tche tche...  :nono: :nono:


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Hiehidhiehiehiehie, mis ek sommer 'n lag tussen my gehik deur  :toothy4: :pottytrain2:

Anastasia

Ek het 'n hele kwartaal daaraan aandag geskenk met sorg, om die kinders te leer om 'n ui reg uit te spreek in Engels.  Een dag voor die vakansie is dit perfek!  Ek het as onderwyser my doelwit in die lewe bereik!  Eerste dag na die vakansie is die een weer erg omgekrap omdat sy ma vir hom 'oenjoens' op sy broodjie gesit het! 

Ergste is, na 'n ruk begin jy saam 'bed' en 'oenjoen'
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Meraai vannie Baai

Aansteeklike taalskeet smaak dit my mos Anastasia  :toothy4: :headbang:

Meraai vannie Baai

Groot woorde
'n Amerikaanse toeris doen white water rafting op die Oranjerivier met Gatiep as sy toergids.

Die Amerikaner vra vir Gatiep: "Do you know psychology, methodology, biology or geology?"

Gatiep antwoord: "Nei Master, never heard of that big words."

Amerikaner: "You sure dont know a lot my friend?"

Skielik kry die boot 'n lekkasie en begin sink.

Gatiep: "Do you know swimonology and escapology away from crocodology?"

Amerikaner: "What the hell do you mean?"

Gatiep: "Well, today you going to see joumasemoerology just before you vesuipology."

Naas

Tussen julle lyne bly my tikkertjie toetentology skoonology want nou moet ek eers weer die toetse gaan afspoel want hulle is vol koffieology.  :sign10: :coffee2:
Sien ek jou my ology  :bootyshake: sonder 'n spieëlmaghaftertjie.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Naas

Moet sê, did lekker om soggens hiermee wakker te word.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Ek probeer nog ontsyfer presies wat met jou tikkertjie gebeure het Naas hehehehe.

PM

Ek het lanklaas gelag dat die trane loop.  Dit is skreeusnaaks. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Mog ek nooit ophou lag en my sin vir humor langs die pad verloor nie, seblief Liewe Jesus.

Naas

Juffrouens kan kinders se lewe rigting gee. Al is dit partykeer verkeerde rigting.
Naas. In standerd een. (graad drie) Juffrou Du Toit, toevallig die hoof se skelmpie, gee vir ons 'n taak. Ons moet blate bymekaarmaak, op papier plak en die plant se naam daarby skryf.
My ma gaan koop spesiaal 'n Croxley exercise boek vir die geleentheid van my eerste skooltaak. My pa se moer is suur want dit kos net soveel as 'n bottel Oom Tas.
Ek maak blare bymekaar dat al die blomme en bome in die buurt dink herfs het vroeg gekom.
Dis 'n dik taak. Naas is trots op sy blareboek.
Take word ingegee, gemerk...
Naas kry syne terug.
Nul. Niks. Fokkollie. Punt met 'n rooi pen en 'n stomp passer in Naas se siel gegraveer.
Rede vir vernedering van Naas.
Juffrou wou die blare 'n sekere manier gerangskik gehad het.
In Naas se hele skoolloopbaan was dit die eerste en ook die laaste taak wat Naas ingehandig het.
Juffrou Du Toit het Naas ure gespaar. By tye het Naas se gatvelle los gehang oor hy nie take ingegee het nie. Maar dit was maar reg so want hoekom ure se moeite doen vir 'n nul.
Juffrou DuToit het my geleer...

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Assie

Ek is seker daarvan daai Juffrou Du Toit het Oom ieggie se hart baie bly gemaak. Dink net hoeveel bottels vaaljapie het sy hom gespaar met die ongedoende take tot in matriek.

:mumum: