Author Topic: Biekôs she wrote about de wrong subject  (Read 5724 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Biekôs she wrote about de wrong subject
« on: August 24, 2018, 12:43:27 AM »
Die staatskoolkind kom by die huis met die tyding dat sy opdrag gekry het om ‘n taak oor beddens te maak. Die ma dink dit is darem ‘n baie eienaardige onderwerp vir ‘n taak, maar sy help die stomme kind om inligting in te win oor verskillende volke se slaapgewoontes, oor matrasse van mielieblaarmodelle tot waterbeddens, oor matrose se hangmatte en oor katels en kooie en ledekante en hemelbeddens en wiegies en slaapsakke en bulsakke en lappieskomberse en donskussings en sponskussings en uiteindelik maak hulle ‘n taak wat skrik vir niks.

‘n Paar dae later kom die stomme kind huil-huil van die skool af by die huis aan – sy het nul vir die taak gekry. Dit is darem nie reg na al die moeite nie, dink die ma. Sy bel die stomme kind se “tietser”, miss Masiepa, wat nie ‘n dooie woord Menstaal kan praat nie, en vra hoekom haar kind nul vir die taak gekry het.

Miss Masiepa: “Biekôs she wrote about de wrong subject.”
Ma: “What was the right subject?”
Miss Masiepa: “Beds.”
Ma: “But she wrote about beds.”
Miss Masiepa: “No, not det kind of beds – bêds det FLAAI.” (birds)

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Biekôs she wrote about de wrong subject
« Reply #1 on: August 24, 2018, 01:10:57 AM »
Lief die Polisindeton (oortollige woordgebruik) hier:
 
...sy help die stomme kind om inligting in te win oor verskillende volke se slaapgewoontes, oor matrasse van mielieblaarmodelle tot waterbeddens, oor matrose se hangmatte en oor katels en kooie en ledekante en hemelbeddens en wiegies en slaapsakke en bulsakke en lappieskomberse en donskussings en sponskussings en uiteindelik maak hulle ‘n taak wat skrik vir niks.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Biekôs she wrote about de wrong subject
« Reply #2 on: August 24, 2018, 05:32:33 AM »
Die is flippen skreeusnaaks.
Dit is flippen hartseer.
Dit is flippen nes dit is...

Zuma bly in die vyfster hotel (en ons betaal) Hy bel na ontvangs.
"Êe heloo. Dis ês Zuma from room tree to tree. We urgently need some peppa.
Sure Sir, would that be white pepper or black pepper?
White peppa. Do u think I must use black peppa because I am de black man. U bleddie rasist!
Sorry Sir. Coming right up.
Knock on door of room 323. Zuma opens and find a tray with white pepper on it.
No u bleddie fool. I want TOILET PEPPA.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Biekôs she wrote about de wrong subject
« Reply #3 on: August 24, 2018, 05:38:26 AM »
By die web Ta Raaitjie. Me's tinks ded was one bed miestake talking about bêds when it should have bien bêds. Tche tche tche...  :nono: :nono:


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Biekôs she wrote about de wrong subject
« Reply #4 on: August 24, 2018, 06:04:59 AM »
Hiehidhiehiehiehie, mis ek sommer 'n lag tussen my gehik deur  :toothy4: :pottytrain2:

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Biekôs she wrote about de wrong subject
« Reply #5 on: August 24, 2018, 06:41:48 AM »
Ek het 'n hele kwartaal daaraan aandag geskenk met sorg, om die kinders te leer om 'n ui reg uit te spreek in Engels.  Een dag voor die vakansie is dit perfek!  Ek het as onderwyser my doelwit in die lewe bereik!  Eerste dag na die vakansie is die een weer erg omgekrap omdat sy ma vir hom 'oenjoens' op sy broodjie gesit het! 

Ergste is, na 'n ruk begin jy saam 'bed' en 'oenjoen'
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Biekôs she wrote about de wrong subject
« Reply #6 on: August 24, 2018, 06:56:06 AM »
Aansteeklike taalskeet smaak dit my mos Anastasia  :toothy4: :headbang:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Biekôs she wrote about de wrong subject
« Reply #7 on: August 24, 2018, 07:03:39 AM »
Groot woorde
'n Amerikaanse toeris doen white water rafting op die Oranjerivier met Gatiep as sy toergids.

Die Amerikaner vra vir Gatiep: "Do you know psychology, methodology, biology or geology?"

Gatiep antwoord: "Nei Master, never heard of that big words."

Amerikaner: "You sure dont know a lot my friend?"

Skielik kry die boot 'n lekkasie en begin sink.

Gatiep: "Do you know swimonology and escapology away from crocodology?"

Amerikaner: "What the hell do you mean?"

Gatiep: "Well, today you going to see joumasemoerology just before you vesuipology."

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Biekôs she wrote about de wrong subject
« Reply #8 on: August 24, 2018, 07:29:34 AM »
Tussen julle lyne bly my tikkertjie toetentology skoonology want nou moet ek eers weer die toetse gaan afspoel want hulle is vol koffieology.  :sign10: :coffee2:
Sien ek jou my ology  :bootyshake: sonder 'n spieëlmaghaftertjie.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Biekôs she wrote about de wrong subject
« Reply #9 on: August 24, 2018, 07:31:53 AM »
Moet sê, did lekker om soggens hiermee wakker te word.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Biekôs she wrote about de wrong subject
« Reply #10 on: August 24, 2018, 09:51:41 AM »
Ek probeer nog ontsyfer presies wat met jou tikkertjie gebeure het Naas hehehehe.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Biekôs she wrote about de wrong subject
« Reply #11 on: October 02, 2018, 01:39:45 PM »
Ek het lanklaas gelag dat die trane loop.  Dit is skreeusnaaks. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Biekôs she wrote about de wrong subject
« Reply #12 on: October 17, 2021, 10:04:36 AM »
Mog ek nooit ophou lag en my sin vir humor langs die pad verloor nie, seblief Liewe Jesus.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Biekôs she wrote about de wrong subject
« Reply #13 on: October 17, 2021, 10:28:32 AM »
Juffrouens kan kinders se lewe rigting gee. Al is dit partykeer verkeerde rigting.
Naas. In standerd een. (graad drie) Juffrou Du Toit, toevallig die hoof se skelmpie, gee vir ons 'n taak. Ons moet blate bymekaarmaak, op papier plak en die plant se naam daarby skryf.
My ma gaan koop spesiaal 'n Croxley exercise boek vir die geleentheid van my eerste skooltaak. My pa se moer is suur want dit kos net soveel as 'n bottel Oom Tas.
Ek maak blare bymekaar dat al die blomme en bome in die buurt dink herfs het vroeg gekom.
Dis 'n dik taak. Naas is trots op sy blareboek.
Take word ingegee, gemerk...
Naas kry syne terug.
Nul. Niks. Fokkollie. Punt met 'n rooi pen en 'n stomp passer in Naas se siel gegraveer.
Rede vir vernedering van Naas.
Juffrou wou die blare 'n sekere manier gerangskik gehad het.
In Naas se hele skoolloopbaan was dit die eerste en ook die laaste taak wat Naas ingehandig het.
Juffrou Du Toit het Naas ure gespaar. By tye het Naas se gatvelle los gehang oor hy nie take ingegee het nie. Maar dit was maar reg so want hoekom ure se moeite doen vir 'n nul.
Juffrou DuToit het my geleer...

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Biekôs she wrote about de wrong subject
« Reply #14 on: October 17, 2021, 10:40:56 AM »
Ek is seker daarvan daai Juffrou Du Toit het Oom ieggie se hart baie bly gemaak. Dink net hoeveel bottels vaaljapie het sy hom gespaar met die ongedoende take tot in matriek.

 :mumum:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Biekôs she wrote about de wrong subject
« Reply #15 on: October 17, 2021, 10:48:12 AM »
Dis waar Assie. Alhoewel hy nooit sou weet nie.
Juffrou DuToit het darem die kindertjies vir wie ek klas gegee het 'n guns gedoen.
Enigste wat nul gekry het was die wat soos Oom Naas verkies het om niks in te gee nie.
Ek het die take gerangskik van slegste na die beste. Die slegste een het nooit minder as slaagsyfer plus 5% gekry nie en die beste het so na as moontlik aan 100% gekry.
Aan die einde van die jaar, as iemand punte nodig het om my vak deur te kom het ek na sy taak gegaan en die punte daar bygevoeg.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Biekôs she wrote about de wrong subject
« Reply #16 on: October 17, 2021, 11:15:58 AM »
Ek sluk, en ek sluk. Dit is onnies soos jy wat ouens soos ek, daarin laat slaag het om duskant 70 nog die onuitblusbare smagting na kennis het, al vat dit alles en 'n biekie om te onhou wat ek nou net geleer het Naas. Lig my hoed. Knak my knieg.
 :love7: :notworthy:
« Last Edit: October 17, 2021, 11:19:25 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Biekôs she wrote about de wrong subject
« Reply #17 on: October 18, 2021, 02:36:11 PM »
"Miss Masiepa: “No, not det kind of beds – bêds det FLAAI.” (birds)"

Ek het my slap gelag deur al die inskrywings.
Weet julle, jy kan in geen ander taal, verwoord wat ons so blindelings direk vertaal, en nog met skrif en taal en spelling kan aanwend, sodat elke een wat dit lees, presies weet wat aangaan.?? Het julle dit geweet?
Probeer nou dieselfde verhale in engels of enige ander taal oververtel?


En ons leef elke dag hiermee, ons is net so gewoond daaraan dat ons nie eers agterkom nie.


Ek kan my ure besig hou met hieride tipe ...hoekom?  Biekos whee understand de langwitch upside down and saaidways and rite about iet in manners ounlie us will understand!


Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Biekôs she wrote about de wrong subject
« Reply #18 on: October 18, 2021, 03:44:02 PM »
Dis sooo waar Ta Antjie.

 :mumum:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Biekôs she wrote about de wrong subject
« Reply #19 on: October 18, 2021, 04:47:30 PM »
  :coffee2: Soos die tannie wat van AWA ka doe praat ipv advokado.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Biekôs she wrote about de wrong subject
« Reply #20 on: October 18, 2021, 11:51:51 PM »
 :toothy4: Ek lag myself gereeld kreupel in die forumgang en het nog nooit die behoefte gehad om enige anti-dit of anti-dat te sluk nie. Die forum het die beste doepa. Erken weer blosende, die ouvrou is woordverslaaf en sluip soms selfs skelm weg na die forum toe. Hoekom? Antjie Patat het die antwoord:

Biekos whee understand de langwitch upside down and saaidways and rite about iet in manners ounlie us will understand!

 :bootyshake: :love7: :hello2: :headbang:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Biekôs she wrote about de wrong subject
« Reply #21 on: October 19, 2021, 01:13:14 AM »
Kostelik!  As dit nie vir ons sin vir humor was nie sou ons lankal die emmer geskop het.  Miss Masiepa is een e van 'n vloekwoord af. 
Om te weet is om te verstaan.