• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Biekôs she wrote about de wrong subject

Started by Meraai vannie Baai, August 24, 2018, 01:43:27 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Dis waar Assie. Alhoewel hy nooit sou weet nie.
Juffrou DuToit het darem die kindertjies vir wie ek klas gegee het 'n guns gedoen.
Enigste wat nul gekry het was die wat soos Oom Naas verkies het om niks in te gee nie.
Ek het die take gerangskik van slegste na die beste. Die slegste een het nooit minder as slaagsyfer plus 5% gekry nie en die beste het so na as moontlik aan 100% gekry.
Aan die einde van die jaar, as iemand punte nodig het om my vak deur te kom het ek na sy taak gegaan en die punte daar bygevoeg.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

#16
Ek sluk, en ek sluk. Dit is onnies soos jy wat ouens soos ek, daarin laat slaag het om duskant 70 nog die onuitblusbare smagting na kennis het, al vat dit alles en 'n biekie om te onhou wat ek nou net geleer het Naas. Lig my hoed. Knak my knieg.
:love7: :notworthy:

Antjie Patat

"Miss Masiepa: "No, not det kind of beds – bêds det FLAAI." (birds)"

Ek het my slap gelag deur al die inskrywings.
Weet julle, jy kan in geen ander taal, verwoord wat ons so blindelings direk vertaal, en nog met skrif en taal en spelling kan aanwend, sodat elke een wat dit lees, presies weet wat aangaan.?? Het julle dit geweet?
Probeer nou dieselfde verhale in engels of enige ander taal oververtel?


En ons leef elke dag hiermee, ons is net so gewoond daaraan dat ons nie eers agterkom nie.


Ek kan my ure besig hou met hieride tipe ...hoekom?  Biekos whee understand de langwitch upside down and saaidways and rite about iet in manners ounlie us will understand!


Assie


Naas

  :coffee2: Soos die tannie wat van AWA ka doe praat ipv advokado.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

 :toothy4: Ek lag myself gereeld kreupel in die forumgang en het nog nooit die behoefte gehad om enige anti-dit of anti-dat te sluk nie. Die forum het die beste doepa. Erken weer blosende, die ouvrou is woordverslaaf en sluip soms selfs skelm weg na die forum toe. Hoekom? Antjie Patat het die antwoord:

Biekos whee understand de langwitch upside down and saaidways and rite about iet in manners ounlie us will understand!

:bootyshake: :love7: :hello2: :headbang:

PM

Kostelik!  As dit nie vir ons sin vir humor was nie sou ons lankal die emmer geskop het.  Miss Masiepa is een e van 'n vloekwoord af. 
Om te weet is om te verstaan.