• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Sinonieme/antonieme gedigstruktuur

Started by Meraai vannie Baai, May 21, 2018, 07:07:39 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Ek het 'n ietwat donker onderwerp vir hierdie struktuur gebruik. Riglyne baie eenvoudig en tog 'n heerlike uitdaging.

Skep jou gedig so:
Kies enige woord. Die riglyne stel voor dat dit in hoofletters in jou eerste reël verskyn.
Plaas nou ongeveer 3 tot 5 sinonieme of antonieme vir jou gekose woord langs mekaar in jou 2de reël.
Die 3de reël bevat 'n beskrywing van die woord wat jy gekies het.

Die laaste woord in jou derde reël moet rym met die laaste sinoniem wat jy gekies het.

DOODSKIS
Plant-my-nou, houtjas, ses-voet-huise
die langboomwaens se kluitekardoese.

Naas

Die konneksie tussen 'n doodskis en 'n kondoom is eenvoudig... in die een gaan jy en in die ander kom jy. hulle het my broer in 'n kondoom probeer keer maar hy het ontsnap so hier is my poging...

KONDOOM
Veiligheidsjassie, hou-my-reintjie, plastiekkousie
kortbeentjie gaan my nie flousie.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

#2
Welgedaan.  :sign10: :toothy4: :snorting: Ek lees en proes onophoudelik vir die beelde wat jou woorde skep Naas. Dit is werklik 'n struktuur waarmee ons so kreatief in die woordsandput kan speel.

Meraai vannie Baai

Assie, ta Raaitjie wag vir jou voorbeeld sebliefie hoor  :hello2: :love7:

Naas

EPITEEF
Sletslagspreek, Rondlêrympie, Matrasrapport
Die laaste oproep tot pret in die bed.


:mumum:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai


PM


Kan hierdie een werk?

LUCIFER
Duiwel, Pylstert, Satan, Slang.
Veilig in die arms van 'n Engel.
Om te weet is om te verstaan.

Assie

Dis vir my baie oulik. Die struktuur se die laaste vers moet die woord beskryf. Ek weet nou nie of ek lucifer as 'n engel sal beskryf nie.
Wel 'n gevalle Engel ja.




:mumum:

PM

Skuus, ek het al weer nie gelees nie.  Dag 'n antoniem is die teenoorgestelde?
Wag, ek probeer weer. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Jy kan of sinonieme in geheel in jou vers gebruik of antonieme in geheel mater. Die laaste sinoniem (of anoniem, hang af wat jy gekies het) moet rym met jou laaste woord. So jy moet 'n woord gebruik wat rym met slang    :notworthy:

PM

LUCIFER
Duiwel, pylstert, satan, slang.
Die swernood wat onskuldiges vang.


Sê of dit nou reg is.  As ek nog moet kopkrap maak ek so.   :wave:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Gee die duiwel wat hom toekom - hy werk soos 'n bom PM  :notworthy: :headbang: :icon_salut:

Naas

 :hello2: :hello2: :hello2: :icon_salut:
Dis 100 persent reg.
Ek wonder net of jy onskuldig was as die duiwel jou vang.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Hahahahaahaha. Hier sal die jurie moet kom uitslag gee Naas.


PM

#14
Die spreekwoord seg mos: Die duiwel haal jou.  Hy sal my eers moet vang.   :bootyshake:
Dit is soos die dominee vir die dronkie wat homself bekeer het vra wat hy dan nou sal doen as die Here hom nou kom vat.
"Nee hoor, dit is nie sommer net vir vat nie!"


Lees ek daar by die kindersêgoed van die duiwel wat sy vinger in elke pie het:



LUCIFER
Satan, slang, duiwel, vurkstert,
met 'n vinger in elke tert!

Om te weet is om te verstaan.