Die Afrikaanse Forum

Digkuns => Digformules of -strukture => Topic started by: Meraai vannie Baai on May 21, 2018, 06:07:39 AM

Title: Sinonieme/antonieme gedigstruktuur
Post by: Meraai vannie Baai on May 21, 2018, 06:07:39 AM
Ek het 'n ietwat donker onderwerp vir hierdie struktuur gebruik. Riglyne baie eenvoudig en tog 'n heerlike uitdaging.

Skep jou gedig so:
Kies enige woord. Die riglyne stel voor dat dit in hoofletters in jou eerste reël verskyn.
Plaas nou ongeveer 3 tot 5 sinonieme of antonieme vir jou gekose woord langs mekaar in jou 2de reël.
Die 3de reël bevat 'n beskrywing van die woord wat jy gekies het.

Die laaste woord in jou derde reël moet rym met die laaste sinoniem wat jy gekies het.

DOODSKIS
Plant-my-nou, houtjas, ses-voet-huise
die langboomwaens se kluitekardoese.
Title: Re: Sinonieme/antonieme gedigstruktuur
Post by: Naas on May 21, 2018, 09:29:20 AM
Die konneksie tussen 'n doodskis en 'n kondoom is eenvoudig... in die een gaan jy en in die ander kom jy. hulle het my broer in 'n kondoom probeer keer maar hy het ontsnap so hier is my poging...

KONDOOM
Veiligheidsjassie, hou-my-reintjie, plastiekkousie
kortbeentjie gaan my nie flousie.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Sinonieme/antonieme gedigstruktuur
Post by: Meraai vannie Baai on May 21, 2018, 09:46:54 AM
Welgedaan.  :sign10: :toothy4: :snorting: Ek lees en proes onophoudelik vir die beelde wat jou woorde skep Naas. Dit is werklik 'n struktuur waarmee ons so kreatief in die woordsandput kan speel.
Title: Re: Sinonieme/antonieme gedigstruktuur
Post by: Meraai vannie Baai on November 15, 2018, 08:45:09 PM
Assie, ta Raaitjie wag vir jou voorbeeld sebliefie hoor  :hello2: :love7:
Title: Re: Sinonieme/antonieme gedigstruktuur
Post by: Naas on November 15, 2018, 10:25:10 PM
EPITEEF
Sletslagspreek, Rondlêrympie, Matrasrapport
Die laaste oproep tot pret in die bed.


 :mumum:
Title: Re: Sinonieme/antonieme gedigstruktuur
Post by: Meraai vannie Baai on November 16, 2018, 03:48:20 AM
 :angel4: :headbang: :`ip2: Puik puik puik!!!
Title: Re: Sinonieme/antonieme gedigstruktuur
Post by: PM on November 16, 2018, 11:30:10 AM

Kan hierdie een werk?

LUCIFER
Duiwel, Pylstert, Satan, Slang.
Veilig in die arms van 'n Engel.
Title: Re: Sinonieme/antonieme gedigstruktuur
Post by: Assie on November 16, 2018, 11:43:08 AM
Dis vir my baie oulik. Die struktuur se die laaste vers moet die woord beskryf. Ek weet nou nie of ek lucifer as 'n engel sal beskryf nie.
Wel 'n gevalle Engel ja.




 :mumum:
Title: Re: Sinonieme/antonieme gedigstruktuur
Post by: PM on November 16, 2018, 11:47:50 AM
Skuus, ek het al weer nie gelees nie.  Dag 'n antoniem is die teenoorgestelde?
Wag, ek probeer weer. 
Title: Re: Sinonieme/antonieme gedigstruktuur
Post by: Meraai vannie Baai on November 16, 2018, 01:22:00 PM
Jy kan of sinonieme in geheel in jou vers gebruik of antonieme in geheel mater. Die laaste sinoniem (of anoniem, hang af wat jy gekies het) moet rym met jou laaste woord. So jy moet 'n woord gebruik wat rym met slang    :notworthy:
Title: Re: Sinonieme/antonieme gedigstruktuur
Post by: PM on November 17, 2018, 04:24:22 PM
LUCIFER
Duiwel, pylstert, satan, slang.
Die swernood wat onskuldiges vang.


Sê of dit nou reg is.  As ek nog moet kopkrap maak ek so.   :wave:
Title: Re: Sinonieme/antonieme gedigstruktuur
Post by: Meraai vannie Baai on November 17, 2018, 09:19:59 PM
Gee die duiwel wat hom toekom - hy werk soos 'n bom PM  :notworthy: :headbang: :icon_salut:
Title: Re: Sinonieme/antonieme gedigstruktuur
Post by: Naas on November 17, 2018, 09:58:11 PM
 :hello2: :hello2: :hello2: :icon_salut:
Dis 100 persent reg.
Ek wonder net of jy onskuldig was as die duiwel jou vang.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Sinonieme/antonieme gedigstruktuur
Post by: Meraai vannie Baai on November 18, 2018, 10:58:27 PM
Hahahahaahaha. Hier sal die jurie moet kom uitslag gee Naas.

Title: Re: Sinonieme/antonieme gedigstruktuur
Post by: PM on November 19, 2018, 05:38:11 AM
Die spreekwoord seg mos: Die duiwel haal jou.  Hy sal my eers moet vang.   :bootyshake:
Dit is soos die dominee vir die dronkie wat homself bekeer het vra wat hy dan nou sal doen as die Here hom nou kom vat.
"Nee hoor, dit is nie sommer net vir vat nie!"


Lees ek daar by die kindersêgoed van die duiwel wat sy vinger in elke pie het:



LUCIFER
Satan, slang, duiwel, vurkstert,
met 'n vinger in elke tert!

Title: Re: Sinonieme/antonieme gedigstruktuur
Post by: Meraai vannie Baai on November 19, 2018, 07:36:29 AM
Ek lees en ek lees weer - elke keer bulder ek onvroulik. Hierdie is die ideale draaksteek-struktuur.  Lees ek ook van die seuntjie wat aan tafel gebid het dat Liewe Jesus tog sebliefie vir die hawelose omie wat so by sy mamma kom slaap as pappa weg werk, klere en 'n eie blyplekkie moet gee.
Title: Re: Sinonieme/antonieme gedigstruktuur
Post by: PM on November 20, 2018, 02:10:51 PM
So kom die laggies in ons lewens.