• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Soos kettie en klip

Started by PM, June 21, 2016, 01:04:05 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Ons het saam met vriende in Mozambiek gekuier en daar seg my vriend:  Julle hoort bymekaar soos kettie en klip.
Ken julle nog sulkes?
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#1
Pragtige uitdrukking! Nog nooit gehoor nie, ken net pot en deksel. Lief kettie en klip  :love7:

Ek en Outop hoort bymekaar soos pap en melk. Hooi en 'n vurk sal deug vir Meisiekind en kie. Branderplank en 'n golf vir oudste. Berge en dale vir jongste in sy 4 x 4. Al kopkrappende, klop ek toe aan by Dr Google en lees homp & kameel raak, luiperd & kolle. Oorlams sien ek toe visioene van kaas & wyn, brood & botter, pen & papier en gee op  :icon_biggrin:   

PM

Dankie vir die antwoord Raaitjie.  Ek dink ook toe aan
soos binne- en buiteband,
weet dit moet "tussen die tyre en die tube wees" maar kon dit nie weerstaan nie.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

 :icon_scratch:  En vir enkellopendes sal dit seker 'tjoeplis' wees  :icon_biggrin:

PM

Pragtig Raaitjie.  Jou sin vir humor is nog mooi gesond.  Ek glo solank 'n ou 'n gesonde, flinke verstand het, gaan dit nog goed. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

 :bootyshake: Ek het 'n skeet, die skeet het nie my nie  :icon_biggrin:

PM

O halie ha!  Dit is goed gestel. 
Ons kuier by vriende en die dogtertjie is siekerig.  Haar stemmetjie is piep en ek vra wat is seer?  My stem, seg sy! 
Om te weet is om te verstaan.

Assie

Nee o genugtug Ta Raatjie, dis juis omlat die enkellopendes so sonder tubes rondle dat daar soveel slange in die gras is.
Ek wou nou se "soos 'n bottel by 'n baba" maar dan is Ta hier op die plaas ook noggie vannie doeke af nie.


:mumum:

Meraai vannie Baai

O wee, besef ek nou vanoggend hoe ek die geskerts rondom ons mooie taal gemis het  :love7:

Naas

En ons pas bymekaar soos rympies en rym.


:mumum:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

En die aaa en die bbb en die cccc  :toothy4:

PM

Soos Dawid en Jonathan. 
Ja, dit was die goeie ou dae, toe Oom Paul nog vir Diggers skrumskakel gespeel het. 
Om te weet is om te verstaan.

Assie

Ek onthou toe Jan van Riebeeck nog onskuldig was.


:mumum:

PM

Dis nog baie verder terug in die geskiedenis.  Dalk die slegte ou dae. 
Om te weet is om te verstaan.

adele

Daardie "tyre en Tube"-storie, of te wel die tubeless-ene vir enkellopendes het my aan die dink gesit en toe wonder ek ... is ek nou tubeless? of is ek dalk tyreless?   :toothy4:   :toothy4: 
adéle  :grommit: