Author Topic: Soos kettie en klip  (Read 16118 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Soos kettie en klip
« on: June 21, 2016, 12:04:05 PM »
Ons het saam met vriende in Mozambiek gekuier en daar seg my vriend:  Julle hoort bymekaar soos kettie en klip.
Ken julle nog sulkes?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Soos kettie en klip
« Reply #1 on: June 21, 2016, 11:44:28 PM »
Pragtige uitdrukking! Nog nooit gehoor nie, ken net pot en deksel. Lief kettie en klip  :love7:

Ek en Outop hoort bymekaar soos pap en melk. Hooi en 'n vurk sal deug vir Meisiekind en kie. Branderplank en 'n golf vir oudste. Berge en dale vir jongste in sy 4 x 4. Al kopkrappende, klop ek toe aan by Dr Google en lees homp & kameel raak, luiperd & kolle. Oorlams sien ek toe visioene van kaas & wyn, brood & botter, pen & papier en gee op  :icon_biggrin:   
« Last Edit: June 22, 2016, 12:11:36 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Soos kettie en klip
« Reply #2 on: June 22, 2016, 02:39:03 PM »
Dankie vir die antwoord Raaitjie.  Ek dink ook toe aan
soos binne- en buiteband,
weet dit moet "tussen die tyre en die tube wees" maar kon dit nie weerstaan nie.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Soos kettie en klip
« Reply #3 on: June 22, 2016, 11:11:31 PM »
 :icon_scratch:  En vir enkellopendes sal dit seker 'tjoeplis' wees  :icon_biggrin:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Soos kettie en klip
« Reply #4 on: June 23, 2016, 11:50:53 AM »
Pragtig Raaitjie.  Jou sin vir humor is nog mooi gesond.  Ek glo solank 'n ou 'n gesonde, flinke verstand het, gaan dit nog goed. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Soos kettie en klip
« Reply #5 on: June 23, 2016, 09:02:44 PM »
 :bootyshake: Ek het 'n skeet, die skeet het nie my nie  :icon_biggrin:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Soos kettie en klip
« Reply #6 on: June 25, 2016, 08:13:42 AM »
O halie ha!  Dit is goed gestel. 
Ons kuier by vriende en die dogtertjie is siekerig.  Haar stemmetjie is piep en ek vra wat is seer?  My stem, seg sy! 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Soos kettie en klip
« Reply #7 on: July 05, 2016, 02:55:14 PM »
Nee o genugtug Ta Raatjie, dis juis omlat die enkellopendes so sonder tubes rondle dat daar soveel slange in die gras is.
Ek wou nou se "soos 'n bottel by 'n baba" maar dan is Ta hier op die plaas ook noggie vannie doeke af nie.


 :mumum:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Soos kettie en klip
« Reply #8 on: July 06, 2016, 11:39:12 PM »
O wee, besef ek nou vanoggend hoe ek die geskerts rondom ons mooie taal gemis het  :love7:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Soos kettie en klip
« Reply #9 on: July 06, 2016, 11:52:41 PM »
En ons pas bymekaar soos rympies en rym.


 :mumum:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Soos kettie en klip
« Reply #10 on: July 07, 2016, 06:54:51 AM »
En die aaa en die bbb en die cccc  :toothy4:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Soos kettie en klip
« Reply #11 on: July 13, 2016, 09:17:26 AM »
Soos Dawid en Jonathan. 
Ja, dit was die goeie ou dae, toe Oom Paul nog vir Diggers skrumskakel gespeel het. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Soos kettie en klip
« Reply #12 on: July 16, 2016, 10:42:24 AM »
Ek onthou toe Jan van Riebeeck nog onskuldig was.


 :mumum:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Soos kettie en klip
« Reply #13 on: July 18, 2016, 03:17:53 PM »
Dis nog baie verder terug in die geskiedenis.  Dalk die slegte ou dae. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Soos kettie en klip
« Reply #14 on: August 01, 2016, 05:42:17 PM »
Daardie "tyre en Tube"-storie, of te wel die tubeless-ene vir enkellopendes het my aan die dink gesit en toe wonder ek ... is ek nou tubeless? of is ek dalk tyreless?   :toothy4:   :toothy4: 
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Soos kettie en klip
« Reply #15 on: August 03, 2016, 10:22:06 AM »
Lekker laat jy my nou glimlag Adele.  Ek hoop nie een van die twee nie.  Ek hoop jy is nou net tussen die boom en die bas totdat jy weer 'n maatjie gevind het. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Soos kettie en klip
« Reply #16 on: August 03, 2016, 11:57:34 AM »
 :icon_biggrin:

Ek wil nou nie 'n stok in die wiel steek nie, maar die ronde waarheid is dat 'n skoen en 'n voet wel pasmaats is.
... soos soetpatats en bobotie.

Offline Marieliefie

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 4
  • Passievol Afrikaans!
Re: Soos kettie en klip
« Reply #17 on: August 03, 2016, 03:25:16 PM »
Ek hou daarvan. 'n Kettie is nikswerd sonder 'n klip nie, né?  Maar wie is die kettie en wie is die klip in die verhouding, PM?

 In ons huis gebruik ons die uitdrukking: 'onshulle is soos die vinger en die nael'.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Soos kettie en klip
« Reply #18 on: August 03, 2016, 04:52:15 PM »
Dankie lief Petra, maar ek is heel gelukkig in my holte tussen die boom en die bas. Ek het mos gehad waarna ek so gesmag het, soooo, ek is heel tevrede met elke innerlike van my.
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Soos kettie en klip
« Reply #19 on: August 03, 2016, 07:06:24 PM »
Wekom Marieliefie, dit is die eerste plasing van jou wat ek waarneem.  Ek spring op en af en juig!

Ek dink nou ernstig oor wie is die kettie en wie is die klip?  Die kettie is die wapen en die klip die ammunisie. Die een is nikswerd sonder die ander.  Dit beteken ons is aan die heup vas! 

Hier in Leeupoort werk dit ietsie anders.  Jy kan die kettie gryp en vir 'n aap of 'n bobbejaan mik, dan maak hulle 0 skoon.  (Nou moet ek eers verduidelik.  Op die forum beteken die 0 'n  "gat".)

Dit laat my dink dat die vrou die kettie is.  Die grootste gevaar!  Ha-ha.  (My ikone wil nog steeds nie werk nie.)

Adele, jy is nog 'n pragtige mens met baie "vooma" en ek is oortuig dat jy weer 'n maatjie sal vind.  Intussen wil ons weer jou maatjies wees soos altyd.  Dankie dat julle deelneem.  Sonder julle is daar nie 'n forum nie.   
Om te weet is om te verstaan.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Soos kettie en klip
« Reply #20 on: August 04, 2016, 11:32:33 AM »
Man en vrou moet maar eerder aan die heup vas wees want op die ou end as die spanning te veel raak verlaat die klip die kettie teen die spoed van witlig sonder om terug te kyk.
Ek dink maar aan Antie Stienie en haar Jood met die kaalkop. Sy het hom soos 'n klip verlaat ondat sy nie meer die spanning kon verdra nie. Hulle het bymekaar gepas soos 'n handskoen en 'n sokkie.


 :mumum:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Soos kettie en klip
« Reply #21 on: August 06, 2016, 11:10:41 AM »
Ha-ha, ek ken daai outannie.  Soos die rekkers van die kettie terug wip, so wip sy terug totdat die ou weer die kettie span!  Jy is reg oor die handskoen en die sokkie. 

Assie, vra asseblief vir Oupa of hy weet hoekom werk my gesiggies nie.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Soos kettie en klip
« Reply #22 on: October 22, 2016, 09:26:49 AM »
Giggel ek darem nou lekker hoor. Klink nes die non en haar sak wortels.  :icon_biggrin:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Soos kettie en klip
« Reply #23 on: September 20, 2017, 02:27:02 PM »
Hê-hê, gelukkige non. 
Wie pas soos koffie en beskuit?
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Soos kettie en klip
« Reply #24 on: September 20, 2017, 08:23:27 PM »
Ekke! uhummm, ekke moet seker stilbly want iewers moet ek dalk my woorde sluk, daardie van verlede jaar.   :love7:   Maar regtig, ekke hettie gesoek hierna nie.  :love5:   Net nie non en haar wortels nie, nee wat, so desperaat was ek nog nooit nie. Maar koffie en besluit, ja dit leer ek nou ken en kettie en klip lief ek nog altyd.
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Soos kettie en klip
« Reply #25 on: September 28, 2017, 03:30:15 PM »
Gelukkig is verlede jaar verby nê?  Ons kyk vorentoe en maak nuwe besluite, voorkeure en liefdes vir alles en nog wat.  Mens groei mos, of hoe?
Ek dink ek  pas by myself soos kaas en wyn! 
Om te weet is om te verstaan.