• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Soos kettie en klip

Started by PM, June 21, 2016, 01:04:05 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Lekker laat jy my nou glimlag Adele.  Ek hoop nie een van die twee nie.  Ek hoop jy is nou net tussen die boom en die bas totdat jy weer 'n maatjie gevind het. 
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

 :icon_biggrin:

Ek wil nou nie 'n stok in die wiel steek nie, maar die ronde waarheid is dat 'n skoen en 'n voet wel pasmaats is.
... soos soetpatats en bobotie.

Marieliefie

Ek hou daarvan. 'n Kettie is nikswerd sonder 'n klip nie, né?  Maar wie is die kettie en wie is die klip in die verhouding, PM?

In ons huis gebruik ons die uitdrukking: 'onshulle is soos die vinger en die nael'.

adele

Dankie lief Petra, maar ek is heel gelukkig in my holte tussen die boom en die bas. Ek het mos gehad waarna ek so gesmag het, soooo, ek is heel tevrede met elke innerlike van my.
adéle  :grommit:

PM

Wekom Marieliefie, dit is die eerste plasing van jou wat ek waarneem.  Ek spring op en af en juig!

Ek dink nou ernstig oor wie is die kettie en wie is die klip?  Die kettie is die wapen en die klip die ammunisie. Die een is nikswerd sonder die ander.  Dit beteken ons is aan die heup vas! 

Hier in Leeupoort werk dit ietsie anders.  Jy kan die kettie gryp en vir 'n aap of 'n bobbejaan mik, dan maak hulle 0 skoon.  (Nou moet ek eers verduidelik.  Op die forum beteken die 0 'n  "gat".)

Dit laat my dink dat die vrou die kettie is.  Die grootste gevaar!  Ha-ha.  (My ikone wil nog steeds nie werk nie.)

Adele, jy is nog 'n pragtige mens met baie "vooma" en ek is oortuig dat jy weer 'n maatjie sal vind.  Intussen wil ons weer jou maatjies wees soos altyd.  Dankie dat julle deelneem.  Sonder julle is daar nie 'n forum nie.   
Om te weet is om te verstaan.

Assie

Man en vrou moet maar eerder aan die heup vas wees want op die ou end as die spanning te veel raak verlaat die klip die kettie teen die spoed van witlig sonder om terug te kyk.
Ek dink maar aan Antie Stienie en haar Jood met die kaalkop. Sy het hom soos 'n klip verlaat ondat sy nie meer die spanning kon verdra nie. Hulle het bymekaar gepas soos 'n handskoen en 'n sokkie.


:mumum:

PM

Ha-ha, ek ken daai outannie.  Soos die rekkers van die kettie terug wip, so wip sy terug totdat die ou weer die kettie span!  Jy is reg oor die handskoen en die sokkie. 

Assie, vra asseblief vir Oupa of hy weet hoekom werk my gesiggies nie.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Giggel ek darem nou lekker hoor. Klink nes die non en haar sak wortels.  :icon_biggrin:

PM

Hê-hê, gelukkige non. 
Wie pas soos koffie en beskuit?
Om te weet is om te verstaan.

adele

Ekke! uhummm, ekke moet seker stilbly want iewers moet ek dalk my woorde sluk, daardie van verlede jaar.   :love7:   Maar regtig, ekke hettie gesoek hierna nie.  :love5:   Net nie non en haar wortels nie, nee wat, so desperaat was ek nog nooit nie. Maar koffie en besluit, ja dit leer ek nou ken en kettie en klip lief ek nog altyd.
adéle  :grommit:

PM

Gelukkig is verlede jaar verby nê?  Ons kyk vorentoe en maak nuwe besluite, voorkeure en liefdes vir alles en nog wat.  Mens groei mos, of hoe?
Ek dink ek  pas by myself soos kaas en wyn! 
Om te weet is om te verstaan.