• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Ou Miena, die drif en die sleepwa.

Started by Assie, December 20, 2015, 01:51:53 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Assie

Dawid gooi die inhoud van die glas diep agter in sy keel. 
Oupa wil Dawid se glas weer volmaak maar hy hou sy hand oor die glas. "Dis nog bietjie vroeg Oom" is sy kommentaar.
Oupa ignoreer dit, bewe nog 'n trippel van die Drie Skippies in sy eie glas en gooi dit met een sluk in sy keel af.
"Die pad deur die drif sal nooit weer dieselfde wees nadat Ou Miena die nag daar deur die weghol sleepwa van haar kop en lewe vervreemd is nie."
Dawid, wie se bleek gesig weer bietjie kleur begin kry van die skippies se byt, sit nog stomgeslaan na sy asem en snak.
Ek wonder stilweg of dit nog van die hardloop is en of dit nou die skippies is wat so oor sy longe trek.
"Wat het dan daar gebeur?" wil ek nuuskierig weet. Ek kom nooit in die nag deur die drif nie so ek weet nie waaroor die gedoente nou eintlik gaan nie.
Oupa vertel: "My ouer broer, Naas (Dis nou jou Oom Naas se Oupa) en sy vrou Ousie, het hier gekuier. Ek het vir Naas gesê hulle moet die sleepwa saambring sodat ek 'n paar bokse appels kan aanstuur Kaap toe. Ek het op die ou end die sleepwa bietjie swaar gelaai en moes die ding toe met die trekker uitsleep dorp toe omdat Naas se ou ford nie die sleepwa oor die grondpad se middelmannietjie kon sleep nie en die bult annerkant die drif was te styl. Intussen het Miena, Ta se ma, laataand loop kuier by die bure en middernag teruggeslinger huis toe. Nou soos die Langkloofduiwel dit beplan het, is sy toe mos nou onner in die drif toe Naas se sleepwa sy A-raam wip vir die trekker teen die buld en met volvrag appels terughol drif toe. Toe ons nou onner in die drif kom sien ons hy en Miena het mekaar verkeerd opgesom en 'n onderonsie gehad. Miena was nie opgewasse teen die oorlaaide sleepwa nie en het letterlik kop verloor. Alhoewel ons ou Miena se oorskot in die plaaskerkhof geplant het, het haar siel nie rus gekry nie. Sy pas nou nog daai driffie op en bewaar enigeen wat tien voor twaalf snags deur daai drif probeer gaan."
"Ja," seg Dawid, met die blikbeker moer wat ek intussen in sy hand gestop het."toe ek nou vannag onwetend daar deur die drif gaan op pad huis toe toe vlieg daar 'n liggaam voor my op. Ek skrik vir my in 'n bevrore hoender in. Maar dit hou nie daar op nie. Daai gewaad se oge gloei soos twee kole vuur en die gil wat dit los vibreer nou nog deur my gebeentes. Daai ding gryp sy eie kop en gooi dit na my toe soos 'n voetbal. Die kop kom reguit na die motor se voorruit maar die voorruit stop dit nie soos ek gedink het dit sal nie. Nee! Dit kop trek los deur die ruit en val langs my op die sitplek... En dit skreeu terwyl die hel se doodsruik die motor inwalm. Dis toe nou ook op die staduim wat ek besluit die duiwel gaan my vannag hier vat. Toe ruk ek daai deur oop en ek hol."
Oupa steek pyp op. "Kom laat ons die trekker vat en jou terugry na jou motor toe. Dis nou twee uur. Ou Miena het nou al tot rus gekom vir die nag en sy is elk geval skrikkerig wanneer sy die trekker hoor aankom. Jou mense gaan wonder wat van jou geword het."

:mumum:

Naas

Wat soek Dawid so laat nog op die plaas?


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Ek giggel met respekte  :icon_biggrin: Wonder ek mos ook oor die laataand kuier saam jou Naas. Assie? Wat steek jy weg vir ons nooi?

PM

Om te weet is om te verstaan.

Assie

Sies vir jou, Oom Naas. Ou Miena het jou doeke omgeruil en nou is jy meer bekommerd oor Dawid as oor Miena se ewig rus.
Oupa het Dawid aangestel as plaasvoorman en hy en Dawid het plaassake bespreek oor n bottel appelblits.
Wat het julle nou weer gedink?

:icon_bigsmurf:

PM

Ons het maar net gewonner!  Klink toe mos altoos of daar 'n slang in die gras is.   :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Assie

Ai julle. Na Oom Naas my vertel van die dominie se seun kom ek mos nou tot die gevolgtrekking dat Oupa al weer reg is. Hy sê nege uit tien mans stel net belang in borste en die tiende man stel net belang in die ander nege.
Die vryers wat deesdae hier aankom se onderstelle hang so laag dat dit maar broekskeur gaan op die plaaspad. Oupa sê dit smaak hom hy sal die plaaspad moet teer anders sit ek later oppie rak. Hy sê vandag se slapgatte ry eerder slap karre en jy kry nie hulle gatte op 'n trekker nie. Miskien is dit hoekom my lande nog ongeploeg is.

:mumum:

PM

O goeiste, wat 'n verdrietige storie Assie.  Ons sal jou moet inskryf by 'n boer soek 'n vrou. 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Ek het Assie se Oupa al probeer oorreed om haar vir daai program in te skryf maar hy sê die program se naam is eintlik 'n Hoer soek 'n Boer.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Jitte, Oupa kan sleg in die moeilikheid kom oor daai een Naas.   :angel7:  Jy weet wat het die vorige . . .  nee wag, netnou is ek ook in die sop.
Om te weet is om te verstaan.

Assie

Oupa wil ook nooit toestemming gee dat ek aan kompetisies deelneem nie. Daai slag toe hulle die Mej. Lankloof wou kies het hy ook botweg geweier dat ek inskryf. Toe ek vra hoekom nie se hy "Netnou wen jy."
Mens skryf mos nie in as jy nie wil wen nie.


:mumum:

PM

Ek kan sien hoekom Oupa nie wil hê jy moet daar staan en "pose" soos 'n vendusiekoei nie.  Kan jy jouself indunk wat sou gebeur as hulle die verkeerde koei meisie kroon? 
Om te weet is om te verstaan.

PM

Toe ek vanoggend inskakel gooi die program my hier uit!  Lekker pret gehad. 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Ek het met Oupa gepraat hieroor. Hy se oor sy dooie liggaam sal sy kleindogter bekend staan as Mej. Lanklooof.

PM, Assie vra of jy asseblief haar password kan verander sy het dit so bietjie vergeet.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Ek maak so.  Sê groetnis vir Assie, ons mis haar. 
Om te weet is om te verstaan.