Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Aspoestertjie se plek => Topic started by: Assie on December 20, 2015, 01:51:53 AM

Title: Ou Miena, die drif en die sleepwa.
Post by: Assie on December 20, 2015, 01:51:53 AM
Dawid gooi die inhoud van die glas diep agter in sy keel. 
Oupa wil Dawid se glas weer volmaak maar hy hou sy hand oor die glas. “Dis nog bietjie vroeg Oom” is sy kommentaar.
Oupa ignoreer dit, bewe nog ‘n trippel van die Drie Skippies in sy eie glas en gooi dit met een sluk in sy keel af.
“Die pad deur die drif sal nooit weer dieselfde wees nadat Ou Miena die nag daar deur die weghol sleepwa van haar kop en lewe vervreemd is nie.”
Dawid, wie se bleek gesig weer bietjie kleur begin kry van die skippies se byt, sit nog stomgeslaan na sy asem en snak.
Ek wonder stilweg of dit nog van die hardloop is en of dit nou die skippies is wat so oor sy longe trek.
“Wat het dan daar gebeur?” wil ek nuuskierig weet. Ek kom nooit in die nag deur die drif nie so ek weet nie waaroor die gedoente nou eintlik gaan nie.
Oupa vertel: “My ouer broer, Naas (Dis nou jou Oom Naas se Oupa) en sy vrou Ousie, het hier gekuier. Ek het vir Naas gesê hulle moet die sleepwa saambring sodat ek ‘n paar bokse appels kan aanstuur Kaap toe. Ek het op die ou end die sleepwa bietjie swaar gelaai en moes die ding toe met die trekker uitsleep dorp toe omdat Naas se ou ford nie die sleepwa oor die grondpad se middelmannietjie kon sleep nie en die bult annerkant die drif was te styl. Intussen het Miena, Ta se ma, laataand loop kuier by die bure en middernag teruggeslinger huis toe. Nou soos die Langkloofduiwel dit beplan het, is sy toe mos nou onner in die drif toe Naas se sleepwa sy A-raam wip vir die trekker teen die buld en met volvrag appels terughol drif toe. Toe ons nou onner in die drif kom sien ons hy en Miena het mekaar verkeerd opgesom en ‘n onderonsie gehad. Miena was nie opgewasse teen die oorlaaide sleepwa nie en het letterlik kop verloor. Alhoewel ons ou Miena se oorskot in die plaaskerkhof geplant het, het haar siel nie rus gekry nie. Sy pas nou nog daai driffie op en bewaar enigeen wat tien voor twaalf snags deur daai drif probeer gaan.”
“Ja,” seg Dawid, met die blikbeker moer wat ek intussen in sy hand gestop het.”toe ek nou vannag onwetend daar deur die drif gaan op pad huis toe toe vlieg daar ‘n liggaam voor my op. Ek skrik vir my in ‘n bevrore hoender in. Maar dit hou nie daar op nie. Daai gewaad se oge gloei soos twee kole vuur en die gil wat dit los vibreer nou nog deur my gebeentes. Daai ding gryp sy eie kop en gooi dit na my toe soos ‘n voetbal. Die kop kom reguit na die motor se voorruit maar die voorruit stop dit nie soos ek gedink het dit sal nie. Nee! Dit kop trek los deur die ruit en val langs my op die sitplek... En dit skreeu terwyl die hel se doodsruik die motor inwalm. Dis toe nou ook op die staduim wat ek besluit die duiwel gaan my vannag hier vat. Toe ruk ek daai deur oop en ek hol.”
Oupa steek pyp op. “Kom laat ons die trekker vat en jou terugry na jou motor toe. Dis nou twee uur. Ou Miena het nou al tot rus gekom vir die nag en sy is elk geval skrikkerig wanneer sy die trekker hoor aankom. Jou mense gaan wonder wat van jou geword het.”

 :mumum:
Title: Re: Ou Miena, die drif en die sleepwa.
Post by: Naas on December 20, 2015, 06:45:53 AM
Wat soek Dawid so laat nog op die plaas?


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Ou Miena, die drif en die sleepwa.
Post by: Meraai vannie Baai on December 20, 2015, 08:25:56 AM
Ek giggel met respekte  :icon_biggrin: Wonder ek mos ook oor die laataand kuier saam jou Naas. Assie? Wat steek jy weg vir ons nooi?
Title: Re: Ou Miena, die drif en die sleepwa.
Post by: PM on December 24, 2015, 07:43:21 AM
Ja, ek sal ook graag wil weet. 
Title: Re: Ou Miena, die drif en die sleepwa.
Post by: Assie on December 25, 2015, 06:14:10 PM
Sies vir jou, Oom Naas. Ou Miena het jou doeke omgeruil en nou is jy meer bekommerd oor Dawid as oor Miena se ewig rus.
Oupa het Dawid aangestel as plaasvoorman en hy en Dawid het plaassake bespreek oor n bottel appelblits.
Wat het julle nou weer gedink?

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Ou Miena, die drif en die sleepwa.
Post by: PM on December 27, 2015, 06:22:40 AM
Ons het maar net gewonner!  Klink toe mos altoos of daar 'n slang in die gras is.   :bootyshake:
Title: Re: Ou Miena, die drif en die sleepwa.
Post by: Assie on December 27, 2015, 07:55:35 AM
Ai julle. Na Oom Naas my vertel van die dominie se seun kom ek mos nou tot die gevolgtrekking dat Oupa al weer reg is. Hy sê nege uit tien mans stel net belang in borste en die tiende man stel net belang in die ander nege.
Die vryers wat deesdae hier aankom se onderstelle hang so laag dat dit maar broekskeur gaan op die plaaspad. Oupa sê dit smaak hom hy sal die plaaspad moet teer anders sit ek later oppie rak. Hy sê vandag se slapgatte ry eerder slap karre en jy kry nie hulle gatte op 'n trekker nie. Miskien is dit hoekom my lande nog ongeploeg is.

 :mumum:
Title: Re: Ou Miena, die drif en die sleepwa.
Post by: PM on December 28, 2015, 07:03:24 AM
O goeiste, wat 'n verdrietige storie Assie.  Ons sal jou moet inskryf by 'n boer soek 'n vrou. 
Title: Re: Ou Miena, die drif en die sleepwa.
Post by: Naas on January 01, 2016, 09:53:10 AM
Ek het Assie se Oupa al probeer oorreed om haar vir daai program in te skryf maar hy sê die program se naam is eintlik 'n Hoer soek 'n Boer.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Ou Miena, die drif en die sleepwa.
Post by: PM on January 02, 2016, 09:17:09 AM
Jitte, Oupa kan sleg in die moeilikheid kom oor daai een Naas.   :angel7:  Jy weet wat het die vorige . . .  nee wag, netnou is ek ook in die sop.
Title: Re: Ou Miena, die drif en die sleepwa.
Post by: Assie on January 02, 2016, 09:34:14 AM
Oupa wil ook nooit toestemming gee dat ek aan kompetisies deelneem nie. Daai slag toe hulle die Mej. Lankloof wou kies het hy ook botweg geweier dat ek inskryf. Toe ek vra hoekom nie se hy "Netnou wen jy."
Mens skryf mos nie in as jy nie wil wen nie.


 :mumum:
Title: Re: Ou Miena, die drif en die sleepwa.
Post by: PM on January 02, 2016, 09:38:24 AM
Ek kan sien hoekom Oupa nie wil hê jy moet daar staan en "pose" soos 'n vendusiekoei nie.  Kan jy jouself indunk wat sou gebeur as hulle die verkeerde koei meisie kroon? 
Title: Re: Ou Miena, die drif en die sleepwa.
Post by: PM on November 12, 2018, 08:32:20 AM
Toe ek vanoggend inskakel gooi die program my hier uit!  Lekker pret gehad. 
Title: Re: Ou Miena, die drif en die sleepwa.
Post by: Naas on November 12, 2018, 09:04:48 AM
Ek het met Oupa gepraat hieroor. Hy se oor sy dooie liggaam sal sy kleindogter bekend staan as Mej. Lanklooof.

PM, Assie vra of jy asseblief haar password kan verander sy het dit so bietjie vergeet.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Ou Miena, die drif en die sleepwa.
Post by: PM on November 12, 2018, 09:35:04 AM
Ek maak so.  Sê groetnis vir Assie, ons mis haar. 
Title: Re: Ou Miena, die drif en die sleepwa.
Post by: Meraai vannie Baai on November 12, 2018, 10:29:23 AM
Ek gaan vat sommer 'n sluk uit Outop se rooietjie van opgewondenheid toe ek lees Assie kom terug  :love7: :hello2: :headbang:
Title: Re: Ou Miena, die drif en die sleepwa.
Post by: Assie on November 12, 2018, 10:39:26 AM
Hello Hello en hello. Dankie Oom Naas. Skielik maak dit vir my ook sin. Oupa kan tog soms so met 'n skadu op sy tong praat.




 :mumum:
Title: Re: Ou Miena, die drif en die sleepwa.
Post by: PM on November 12, 2018, 10:43:44 AM
Hallo Assie, nou is die Kaap weer hollangs!   :hello2:
Jou wyse oupa is altyd reg.
Title: Re: Ou Miena, die drif en die sleepwa.
Post by: Meraai vannie Baai on November 12, 2018, 10:48:04 AM
Ag dierbaarheid nooi, staan tog nader dat ta' Raai jou 'n drukkie kan gee. Mensig, het ons na jou verlang! Welkom welkom welkom terug.
Title: Re: Ou Miena, die drif en die sleepwa.
Post by: Meraai vannie Baai on November 12, 2018, 11:37:20 AM
Ek moet blosend erken het hier 'n kommentaar gehad wat ek agterna ingesluip en verwyder het vir ewig enne biekie. Vir spoke is ek so bang dat ek al my sondagskool koortjies sing tot ek hees is!
Title: Re: Ou Miena, die drif en die sleepwa.
Post by: Assie on September 13, 2021, 06:34:44 PM
Oorle Miena se graf het nou met die groot reen oopgespoel toe kom hulle agter die ondernemer het haar kop verkeerdom in die kis gesit. Glo die dat sy so rusteloos is.
Oupa het haar nou reg laat begrawe en blykbaar is die onrus by die drif nou opgelos.

 :mumum: