• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Fraaie parte en Altzheimers

Started by Anastasia, July 22, 2015, 12:18:22 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Anastasia

Meer geld word spandeer aan kosmetiese operasies om die erotiese parte van die liggaam te verbeter en te verfraai, en aan 'hulpmiddels' soos viagra, as aan die navorsing oor Altzheimers. Oor 'n paar jaar van nou af gaan ons 'n generasie mense he met pragtige bruikbare parte, maar met geen idee wat om daarmee te doen nie.  :dontknow: :dontknow: :dontknow: :dontknow: :dontknow:
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Anastasia

Miskien kom ons dan op met splinternuwe gebruike van die parte.  Hallie ha.  Ek gesels nou maar met myself rondom die onderwerp.  Hie hie.   :kermit:
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Naas

Plant jy nou 'n idee in my hoof. Ons is mos maar nooit tevrede met wat ons het nie.
Klein Koos was so ondergeseend en toe hy 'n feetjie ontmoet wat vir hom 'n wens toestaan wens hy die volgende.
Elke keer as iemand vir my se "bless You" moet sy part met 1mm groei.
So loop hy later in die straat af en nies net toe 'n non by hom verby loop. Die non se "bless you a thousand times my son.
Pasop waarvoor jy wens.
Dis mos maar dieselfde met tattoos'se. op 18 tottoo hulle vir jou 'n goudvissie op jou boud, op 80 is dit 'n walvis.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Anastasia

Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Meraai vannie Baai

Kan ek nou so waar vandag doen met 'n bulder of ag' en die kry ek toe sommer met intrapslag by die forum hehehehe  :crybaby2: :icon_biggrin:

PM

Ek self sou nie omgee om 'n paar ekstra randjies te hê om al die "down casts" te "uplift" nie.   :dontknow:  Tot my wange begin al hang.   :crybaby2:
As jy altzheimers het weet jy ten minste nie daarvan nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Assie

#6
Loer ek nou soos Antie Raaitjie oor die gas se skouer en sien die vergete storie raak.
Oupa sê die voordelig as jy Altzheimers het want
Jy kan jou eie paaseiers wegsteek
Jy maak elke dag nuwe vriende
Jy hoef net een koerant 'n maand te koop en
jy kan jou eie paaseiers wegsteek.


:mumum:

Meraai vannie Baai

Volg ek jou spore Assie en toe ek nou oupa se wysheid oor Altzheimers raaklees in komtaartjie, onthou ek die program op die radio waarna ons vandag oppad terug geluister het. So inbelprogram wat jy nou kan vertel van allerhande rituele oor die kersgety van jou familie en so aan.

Vertel die man van sy broer wat parkinson's disease het en die medikasie wat help vir die stywe spiere en bewerigheid veroorsaak altzheimers. Nou besoek hy sy broer en die twee stap in die gang af na die kamer waar hulle se moeder ook tuis is in die versorgingsoord. Orals hang glo pragtige skilderye.

Reg by moeder se deur hang daar 'n skildery van 'n perd wat jou reg in die oge kyk. Buk die siek broer so vooroor en vryf oor die hare.

"Ek lyk maar oes vandag."

Moet sy broer baie sedig probeer verduidelik dit is 'n skildery, nie 'n spieel nie  :icon_bigsmurf:

Naas

#8
Die vrou kom by die snykundige aan en wil 'n facelift he voor die einde van die maand want hulle het 'n skoolreunie en sy wil op haar beste lyk. Die snykundige deel haar mee dat dit te laat is. as hulle nou die facelift doen gaan sy nog pimpel en pers in die gesig wees wanneer hulle na die reunie toe moet gaan. Maar hulle het 'n nuwe tegniek ontwikkel. Hulle plant 'n wingnut onder jou hare in op jou kroontjie. Wanneer jy dan voel jou gesig plooi bietjie te veel draai jy net die wingnut bietjie vaster en trek dus die vel stywer. so het jy dan nou kontrole oor jou plooie.
Vrou is baie in haar noppies en laat die prosedure dadelik doen.
Drie maande later is sy terug by die dr en kla dat die wingnut nie meer werk nie. Sy het twee lelike sakke onder haar oe wat nie wil weggaan nie.
Die Dr ondersoek haar en se: "Mevrou, dis nie sakke wat onder jou oe hang nie. Dis jou borste en as jy nie nou ophou om daai wingnut stywer te draai nie gaan jy binnekort 'n snor ook he.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Hahahahaha, Naas Naas Naas. Ek het so pas 'n oordosis lagpilletjies in. Mater, ons het jou GEMISSSS  :toothy4: :hello2:

PM

Welkom terug!  Lekker om weer 'n slag te kan lag.  Hoop dit is nie net 'n vinnige oogwys nie.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Seg ook... kom asseblief weer terug  :icon_bigsmurf: :notworthy:

Naas

Ek is hier maar die ligte in die gange brand maar laag.

Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Naas, ek dink jy het die vieriekies misgekyk langs die olielampie  :icon_biggrin:

Naas

#14
So ek moet kers opsteek en in vrede wandel?

Make love not war.
Hoe vertaal ons dit in Afrikaans? In ons diversiteit is daar geen eenvoudige antwoord nie.
Suiwer Afrikaans soos Pannevis dit bedoel het: "Maak vrede, nie oorlog nie."
Nou het die coulerds mos hulle eie manier van praat: "Steek, ma moetie doodsteek nie."
En die skollies op die Kaapse vlakte: "Naai man, moetie klipgoi nie."


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.