• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Fraaie parte en Altzheimers

Started by Anastasia, July 22, 2015, 12:18:22 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Ek sien iemand het tot die kers gesteel. Het my kolligflits gaan haal maar hier gaan rêrig minder as niks aan.
  :icon_scratch:

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Ek vra mooi skuus, maar hier by ons is internet net 'n beweging op die skerm.  As die vakansiegangers, of naweekgangers, Leeupoort oorstroom, dan wys dit die internet is daar, maar vergeet maar van deelname.

Daar het ek ook nou 'n goeie lag vir die dag in!


Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha

Dit is soos 'n naald in 'n hooimied soek om jou op te spoor PM Ek sien daar is 'n afrikaanse forum op face book wie sn is dit

PM

Ja  matertjie, ek is hier diep in die bos.  My e-pos is nog dieselfde.  Die forum is ons s'n.  Dit is net so stil.  Face book het ons geselsies oorgeneem.
Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha

Maar die Afrikaanse Forum op fb is ook heeltemal stil hoekom?

PM

My internet hier in die bos is baie onvoorspelbaar en ek het nie elke dag toegang nie.  Ek wens iemand wil dit oorneem en lewendig maak. 
Om te weet is om te verstaan.

Anastasia

Ai, dis lekker om as mens terug is op al jou lawwe padjies weer terug te loop.  Ek dink ek is nou hier om weer genoeg geselse te gesels, as julle my wil hê?  Ag wat, en dan ken julle my ook al teen die tyd.  Al wil julle my nie hê nie....   :hello2:
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Meraai vannie Baai

Natuurlik wil ons jou he mater  :toothy4: :`ip2:

Anastasia

Dankie, maar ek is mos ook so voortvarend, dit sou nie 'n verskil gemaak het nie.  Het ek sommer weer lekker ons ou versgeselsies in die kroeg waardeer, rondom die kroegtjoekie van destyds.  Ai.  :hello2: :occasion16:
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Meraai vannie Baai

Vir my as woordverslaafde wat stroomaf dryf na 'n onbekende bestemming was daardie ynste kroegie van ons al vele male die binneband wat my bo gehou het as alleen sy bes probeer het om my te laat sink  :love7: :hello2:

PM

Oralsoor op die forum leg ons woordspore diep vore getrap.   :notworthy:   Julle liefde en omgee het my dikwels deur moeilike tye gedra.  :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Anastasia

Ek en Meraaitjie het juis vanoggend oor facebook se poskaartjies gesels daaroor.  Die forum het daar in 2006 se kant vir my baie beteken.  Die gesels en humor het aandag van die elke dag gesukkel verplaas vir 'n wyle.  Soms besef mens nie hoe mens indirek ander se lewens kan verlig nie, ne?
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Meraai vannie Baai

Faceboek se poskaartjies -  :love7: :book1: :notworthy: Anastasia jou doring!  :icon_biggrin:

PM jy is so reg - ons dra mekaar. Soms onbewus en hierdie omgee is orals tussen ons lyne sigbaar vir baie jare al. Soos jy tereg noem: diep vore getrap in mekaar se lewens.

PM

Anastasia, ek lag heerlik oor jy wat vertel dat jy nie omgee of ons jou wil hê of nie, maar net vir die rekord, ons is baie bly om jou terug te hê. 
Vandag daar by Em praat ek oor my matertjies op die forum, toe skiet my oë sommer vol trane.  Ek glo nie julle weet hoeveel julle vir my beteken nie.  Sy dink seker ek is koekoes, maar ek is mos.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Anastasia

Baie dankie vir die 'my wil hê' deel PM.  Hie hie.  Ja, mense verstaan ook geheel en al nie waarom ek soveel inspirasie kan put uit my 'verbeeldingsmaatjies' op die forum nie.  Ek droom tot soms van hulle!
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!