• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

En hier sit ek ...

Started by Meraai vannie Baai, May 25, 2015, 07:38:59 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

 :munky2: :dontknow:

Fransi


Meraai vannie Baai


Naas

 :hello2: :snorting: :wave: :wave:
Aai jai jai... so praat ons nou in prentjies. Ek wou die een gebruik  :munky2: maar is bang julle sien my aan vir die president.




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Hahaha. Naas die president, hierdie was eers 'n geskrewe welkom - vrugteloos gewees  :icon_bigsmurf: toe gee ek moed op en begin met myself gesels in prentjies.  Dit werk hoor!

Fransi

 :icon_biggrin: Lag ek nou te lekker vir julle twee.

PM

Jammer hier is nie 'n gatseggie van die see nie.
Hier sit ek in Oos London en ek sukkel steeds met opvangs.  Iets ruik vir my verdag. . . soos 'n virus?
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

 :toothy4: Warm welkom PM, so bly jy het bietjie opvangs gehad! Wonderlik om jou weer raak te lees  :icon_cheers:

PM

Ek is nou weer terug in Leeupoort met 'n nuwe "apparaatjie".  :icon_biggrin:  Die opvangs is nou 'n bietjie beter, nou moet ek net my lyf kry waar ek dit weggesteek het.   :toothy4:
Om te weet is om te verstaan.

PM

... en ek wonder waar is jy Raaitjie.  Ek is bekommerd omdat ek jou nie raaklees nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Laaste paar dae effens 'af' gewees mater maar ek skop nog. Skiesie ek skeep julle af - die koue het sy yskloue om al wat leef en beef geslaan smaak dit my. Ons almal maar bietjie traag  :love7:

PM

Ons wou Augustus NZ toe gaan, maar die koue hier by ons laat ons twee keer dink.  As ons hier so koud kry gaan ons daar bars van die koue, nie waar nie?
Om te weet is om te verstaan.

Assie

Vergeet van die koue Tannie PM. Dink net daaraan hoe warm die kinders en kleinkinders se liefde jou gaan laat voel.


:mumum:

PM

In die laaste tyd tjank ek as jy vir my kyk.  Ek mis hulle vreeslik baie, maar die twee kleindogters is nog baie klein en ons sal nie so lekker kan kuier in die winter nie.  Ons sal maar wag en sien hoe lank ek kan uithou.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Quote from: PM on May 31, 2015, 12:38:49 PM
Jammer hier is nie 'n gatseggie van die see nie.
Hier sit ek in Oos London en ek sukkel steeds met opvangs.  Iets ruik vir my verdag. . . soos 'n virus?

Jy het sweerlik 'n blik in 2020 gehad PM  :headbang: :notworthy: :hello2: