Die Afrikaanse Forum

Voorstelle en klagtes => Waar is jy? => Topic started by: Meraai vannie Baai on May 25, 2015, 06:38:59 AM

Title: En hier sit ek ...
Post by: Meraai vannie Baai on May 25, 2015, 06:38:59 AM
 :munky2: :dontknow:
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: Fransi on May 28, 2015, 09:01:16 AM
 :hello:
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: Meraai vannie Baai on May 28, 2015, 09:49:11 AM
 :sign10:  :wave:
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: Naas on May 28, 2015, 12:33:06 PM
 :hello2: :snorting: :wave: :wave:
Aai jai jai... so praat ons nou in prentjies. Ek wou die een gebruik  :munky2: maar is bang julle sien my aan vir die president.




 :icon_bigsmurf:
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: Meraai vannie Baai on May 29, 2015, 03:46:50 AM
Hahaha. Naas die president, hierdie was eers 'n geskrewe welkom - vrugteloos gewees  :icon_bigsmurf: toe gee ek moed op en begin met myself gesels in prentjies.  Dit werk hoor!
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: Fransi on May 29, 2015, 08:45:04 AM
 :icon_biggrin: Lag ek nou te lekker vir julle twee.
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: PM on May 31, 2015, 11:38:49 AM
Jammer hier is nie 'n gatseggie van die see nie.
Hier sit ek in Oos London en ek sukkel steeds met opvangs.  Iets ruik vir my verdag. . . soos 'n virus?
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: Meraai vannie Baai on June 01, 2015, 05:40:09 AM
 :toothy4: Warm welkom PM, so bly jy het bietjie opvangs gehad! Wonderlik om jou weer raak te lees  :icon_cheers:
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: PM on June 10, 2015, 09:29:23 AM
Ek is nou weer terug in Leeupoort met 'n nuwe "apparaatjie".  :icon_biggrin:  Die opvangs is nou 'n bietjie beter, nou moet ek net my lyf kry waar ek dit weggesteek het.   :toothy4:
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: PM on July 01, 2016, 07:25:23 AM
... en ek wonder waar is jy Raaitjie.  Ek is bekommerd omdat ek jou nie raaklees nie. 
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: Meraai vannie Baai on July 02, 2016, 10:51:54 AM
Laaste paar dae effens 'af' gewees mater maar ek skop nog. Skiesie ek skeep julle af - die koue het sy yskloue om al wat leef en beef geslaan smaak dit my. Ons almal maar bietjie traag  :love7:
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: PM on July 13, 2016, 09:58:27 AM
Ons wou Augustus NZ toe gaan, maar die koue hier by ons laat ons twee keer dink.  As ons hier so koud kry gaan ons daar bars van die koue, nie waar nie?
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: Assie on July 16, 2016, 10:48:38 AM
Vergeet van die koue Tannie PM. Dink net daaraan hoe warm die kinders en kleinkinders se liefde jou gaan laat voel.


 :mumum:
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: PM on July 18, 2016, 03:15:09 PM
In die laaste tyd tjank ek as jy vir my kyk.  Ek mis hulle vreeslik baie, maar die twee kleindogters is nog baie klein en ons sal nie so lekker kan kuier in die winter nie.  Ons sal maar wag en sien hoe lank ek kan uithou.
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: Meraai vannie Baai on June 17, 2020, 04:20:09 AM
Jammer hier is nie 'n gatseggie van die see nie.
Hier sit ek in Oos London en ek sukkel steeds met opvangs.  Iets ruik vir my verdag. . . soos 'n virus?

Jy het sweerlik 'n blik in 2020 gehad PM  :headbang: :notworthy: :hello2:
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: PM on June 24, 2020, 12:07:02 PM
Shoe!  Ek het in verlede jaar 'n paar boeke gelees oor "the black death" en ander siektes wat die wereld getref het.  Nooit gedink dit kan met ons ook gebeur nie. 
'n Ander onderwerp was:  Feite wat moeilik aanvaarbaar is. 
Hulle seg dat die drie grootste vyande, (killers) in die volgende volgorde:  muskiete, mense en slange - is.  Dit sluit virusse in. 
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: Meraai vannie Baai on October 15, 2021, 12:56:35 AM
En hier sit ek ook alweer. Net gou eers 'n drukkie vir ons forum-moedertjie en haar geliefde wederhelf. Sterkte met alles PM. Innige simpatie met alles wat jou lewe omver gooi.

Ek gaan die volgende twee dae weer stil wees. Tussen die studies om agter te kom hoekom ek 'goggas sien wat hysbak' ry onder andere  :icon_bigsmurf:, Outop se werksfunksie en 'n besoek aan vriende is daar skaars tyd vir grondvat, wat nog te se forum-beloer en dan ongeskik lyk teenoor die gaste :angel4: maar I'll be back  :sign10:
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: PM on October 20, 2021, 08:51:56 AM
Hier is dit nou weer sulke tyd.  Ons gaan nou ry en sal later weer kom saam kuier.  Baie later.   :love7:
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: Meraai vannie Baai on October 20, 2021, 09:04:25 AM
Dink aan julle. Veilig ry groot assebliefie.  :love7: ek kuier more weer saam!
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: PM on October 20, 2021, 08:26:02 PM
Ek het net eintlik kom sê dat ons die dag oorleef het.   Van 9 uur vanoggend tot 5 uur vandmiddag.  Wat 'n dag wat 'n dag.  More kom kuier ek weer saam.  Ek kyk nou oormekaar en kan nie meer verantwoordelikheid aanvaar vir waaaat ek skryyyyyf nie.
Liefies vir juuuulllle  en lekkkkkerrr slaaappp!
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: PM on October 21, 2021, 09:06:21 PM
En hier sit ek nou na 'n hele dag se kwotasies om my dak reg te maak.  'n Groot bakleiery met die vorige kontrakteur wat hoog en laag sweer dat hy my R55 000 gekwoteer het om te spoeg en plak en ek is so moeg ek wil sommer in my hand aan die slaap raak. 
Gerhard het 'n advokaat aangestel om die vent uit te sorteer.  Gelukkig is dit alles more se probleme. 
Mag julle almal 'n heerlike nagrus hê.
Naas, skuif 'n bietjie op, ek wil hier agter jou rug inklim. 
Moet tog nou net nie vir my sê jy gaan nie nou al slaap nie, jy kan mos sien ek is doodmoeg!
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: Naas on October 21, 2021, 09:12:23 PM
Ek moet nou gaan slaap anders is ek nie weer 2 uur vanag spookwakker nie. Dit breek my ritme.
Hulle voorspel donderweer hier by ons.
Laasnag weer 'n inbreker op die erf gehad. As ek die donderweer hier vang gaan ek hom kastreer en die stukke vir my honde voer.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: PM on October 21, 2021, 09:17:03 PM
Jou honde moet die swerkater mos self vang en vermorsel!
Maar nou-ja, ek wil nie jou spoed breek nie, kom ons gaan slaap.   :icon_biggrin:
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: Naas on October 21, 2021, 10:20:57 PM
Die honde het hom al paar keer verwildet maar die donner kom net weer terug. Die bietjie wat ek van hom gesien het het hy redelik gedrug voorgekom.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: Meraai vannie Baai on October 21, 2021, 11:34:01 PM
Eish! Die lewe gooi wille draaie met ons mensies. Ek vou julle toe met omgee en wens ieder en elk 'n wel geruste nag toe. Sonder donderweer en kastrering en skelm kontrakteurs.
 :love7:
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: Naas on October 22, 2021, 07:28:50 AM
Ek geniet die donnerweer maar mens weet nooit waar die bliksem gaan slaan nie.

 :mumum:
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: Meraai vannie Baai on October 22, 2021, 07:31:22 AM
So gepraat Naas, hoe gaan dit met die pyne? Al die uitslae teruggekry?
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: Naas on October 22, 2021, 07:55:13 AM
Ja. Die kwak sê as ek nie gou doodgaan nie sal ek nog lank lewe.
Maar nog bymotiewe van diabetes.
My krom ruggraat met al sy skete het inflimasie veroorsaak onder die skouerblad. Dis bitter ongemaklik en seer.
Die probleem is dat ek met die soort goed moet saamleef. Die voorskrifpille wat help veroorsaak dat my maag letterlik onwillekeurig  aan die loop (lees weghardloop) gaan.
Maar dis 'n strondstorie vir 'n ongeskrewe boek.
So moet ons elkeen maar met ons eie halluseNaasies saamleef tot ons eendag groet.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: PM on October 22, 2021, 08:01:25 AM
 :dontknow:   Ek is so jammer vIr jou Naas, ongelukkig is dit geweldig pynlik.  Draai maar die ander wang en lê op jou sy.   :love7:
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: Meraai vannie Baai on October 22, 2021, 08:07:13 AM
Dit is sulke tye dat ek opreg wens om 'n mater 'n regtige drukkie te kon gee. Naas, innige simpatie mater. Pille en newe effekte - merkse gedoente in oortreffende trap. Maar hier sit ek in Gatkantland. Groet eers weer tot Maandag. Naweek vol bespreek deur die manne  :icon_biggrin:
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: Assie on October 22, 2021, 08:48:59 AM
En so hol Oom Naas prop in die hol kleinhuisie toe.

 :mumum:
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: Assie on October 22, 2021, 10:19:49 AM
So raak die forumgange naweke maar eensaam.
Geniet dit saam met die manne Ta Raatjie.

 :mumum:
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: Meraai vannie Baai on October 23, 2021, 07:08:06 AM
Niks van gekom nie Assie. Moes maar kanselleer toe die 'baas' praat, maar weet daar sal nog weglope wees. Toe maar douvoordag begin beskuit bak. Nou 'n wyntjie geskink en kom loer wat gaan op die forum aan. Kan nou net fotos via FB deel. So as jy lus voel vir lekker koppie koffie en beskuitjie, kom sebliefie in. Altyd welkom.

https://www.facebook.com/raaitjie.lock/posts/10158327396690222?notif_id=1634960179503511&notif_t=feedback_reaction_generic&ref=notif
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: PM on October 23, 2021, 08:45:41 AM
Dit lyk heerlik, dankie vir die skakel.  Ek kom selde op FB. 
Daar is darem 'n bietjie troos daarin dat dit sekerlik net uitgestel is en  nie afgestel is nie.  Ons is dankbaar om jou hier te hê.  :love7:
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: Meraai vannie Baai on October 23, 2021, 09:08:52 AM
So bly dit het gewerk PM. Trappies het ook gou 'n draaitjie kom gooi toe nooi ek haar weer hierheen.
 :icon_biggrin: :icon_bigsmurf: Outop woel nou in die tuin. Die ou sny gras... of dit nou uit frustrasie is, wis ek nie. Bly ver weg. Net nou moet ek ook werk.
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: PM on October 23, 2021, 09:22:09 AM
Hannes het gou gaan stort.  Ons kry more mense en die uwe moet gaan proviant koop.  Hier is ons aan die woeker met handreelings by trappe, trappe breer en korter maak ens.  More kom van ons optelkinders 'n bietjie help om die werk gedoen te kry en ek sal die ete en drinke voorsien. 
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: Assie on October 23, 2021, 04:53:34 PM
Ek het ook daar gaan loer hoe Ta Raatjie droogmaak.
As ek beskuit bak moet ek dit doen terwyl Oupa in die lande is anders eet hy alles net daar op met plaasbotter en moer.

 :mumum:
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: PM on October 23, 2021, 08:25:40 PM
Vir my is dit ook baie lekkerder as uitgedroogde beskuit. 
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: Naas on October 24, 2021, 04:28:26 PM
Ta het een keer wat ek op die plaas gekuier het vir my gesê as hy geweet het hy gaan vanoggend so dors wees het hy gistraand meer gedrink.
Ek hoor nou ek mag ook nie "carbs" eet nie. Net gesonde vette soos plaasbotter en dierevette saam met protiene. Lang storie van selle wat vet stoor wat nie weer in energie teruggesit kan word nie agv suiker en "cards"
Hoekom gaan ek hieroor aan? Want as ek vroeer geweet het ek gaan op my oudag net karton en papier moet eet het ek baie meer soetgoed en nat beskuit met jam op geëet.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: Meraai vannie Baai on October 25, 2021, 02:31:37 AM
Naas, drukkie vir jou mater. So probeer die ouderdom ons kniege knak en word kaart en transport op 'n lekker lewe nou carb-loos verewig met karton en papier :crybaby2:
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: PM on October 25, 2021, 01:13:04 PM
Oudword is nie vir "sissies" nie, ook nie vir boeties nie. Byt maar vas, "cars" is nie goed vir ons nie. 
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: PM on October 25, 2021, 10:04:19 PM
en hier sit ek nou, doodmoeg!  Ek sien nie eers meer kans om aan die gedig te werk nie.  Ons is ook besig om 'n nuwe testament op te stel en ons makelaar is so pas hier weg.  Nou gaan ek slaap.
Ek lief julle.  Lekker slaap!   :love7:
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: Naas on October 25, 2021, 10:14:34 PM
Nou wat wil jy nog aan die gedig doen? Ek het dan vir jou ALLES gegee oor die gedig.
Jy moet net sê as jy nie my hulp wil hê nie.
Lekker slaap.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: Meraai vannie Baai on October 25, 2021, 10:42:48 PM
Nou is ek nuuskierig...  :icon_bigsmurf:
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: Naas on October 25, 2021, 10:59:51 PM
So gaan ek nog 'n slaaplose nag in omdat EKSDOM mos net snags loadshedding het en my slaapmasjien nie op parafien werk nie.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: Meraai vannie Baai on October 25, 2021, 11:41:34 PM
Jittetjie Naas, ek kan my nie eers indink hoe hierdie loadshedding jou gesondheid bevonk nie sniksnik. Sterkte klink wragtag vanoggend hopeloos te lig en min, maar dit is al wat ek het!
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: Naas on October 25, 2021, 11:50:57 PM
Geen probleem nie Ta Raatjie. As alles goed gaan sit hulle die krag weer oor 'n uur aan. Intussen ploeg ek maar die slaapsand in my oë rond en spring heen en weer op die sellulite foontjie. Gelukkig het ek darem sy batterye omgewen voor die krag afgegaan het.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: PM on October 26, 2021, 02:56:38 AM
Die krampe het my opgejaag en nou lees en skryf ek gou hier voor ek weer gaan lê.
Baie dankie Naas, ek waardeer jou inset maar daar is 'n paar stylfigure in die gedig wat ons kan uitwys.  Help julle tog asseblief. 
Ek dink maar net aan ironie, alliterasie ens. 
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: Naas on November 02, 2021, 08:26:09 PM
O nee! So laat ek my nie vang nie. Die oomblik wat ek van figure praat dink my vrou ek kyk rond. En as ek van haar figuurtjie praat dink sy ek dink sy is vet en dis nie waar nie. Ek weet sy is vet.
So voor ek nou weer in die moeilikheid kom (want Assie dra mos stories aan) gaan ek liewerste stilbly.
'n Stil bek is 'n heel bek.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: Assie on November 02, 2021, 08:35:55 PM
Ek sal maar liewerste niks sê nie. Daai duik op Oom Naas se kop waar Ta Elmarie hom met haar pantoffel geslaan het het nou net mooi toegegroei. Ek wil nie weer deur daai trauma gaan nie.

 :mumum:
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: Meraai vannie Baai on November 02, 2021, 10:54:36 PM
Tussen julle twee kan g'n mens beswaard wees nie  :toothy4: trauma of te not! PM, jammer om te hoor van die krampe jong, hou die blinkkant bo mater.
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: Naas on November 02, 2021, 11:00:21 PM
Ek wil nou nie hoes, poep of in Aramees prewel nie, maar daai pantoffel slaan donners seer. Veral as man dit nie verwag het nie.

Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: Meraai vannie Baai on November 02, 2021, 11:14:13 PM
*Pantoffelregering: 'n Man is daarteen weerloos soos 'n slagdier aan 'n riem en pantoffelregering het die hef in die hand, jy spartel en jy wurg jou soos 'n waghond teen sy band... die ergste is die woeste amazones wat geen man op aarde spaar  :crybaby2:
 
*BRON: https://www.youtube.com/watch?v=PhLwc95ZqbY
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: Naas on November 02, 2021, 11:23:07 PM
En dat 'n man dan nou vrywilliglik vir botter en wors pleit voor daai pantoffelregering vir lewenslank.
Min wetend dat Aspoesterjie se glasskoentjie voor die troue gewindowlene worre en na die troue in 'n wolhaarpantoffel verander as die horlosie 12 uur slaan.
Maar as die besluit weer oorgedoen moet worre sal dit maar weer vir botter en wors wees... vermoed ek.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: Meraai vannie Baai on November 02, 2021, 11:33:23 PM
Atta patata Naas, hier skuil 'n groooooot ironiese waarheid - ons weet die pad was self geteer en sou ons kon oorbegin, is die kans dat ons wragtag weer dieselfde keuse sou maak, baie groot! Net mens. Nie engel nie.  :dontknow:
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: PM on November 03, 2021, 12:56:14 AM
Ek het mos geseg, self die pad geteer maar nie self die strepe opgeverf nie.   :icon_biggrin:
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: Meraai vannie Baai on November 03, 2021, 05:19:05 AM
PM praat groot waarheid. Die spoke het volgens haar daardie strepe geverf  :icon_biggrin:
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: Meraai vannie Baai on November 03, 2021, 05:29:21 AM
En hier sit ek alweer. Het PM iewers belowe ek sal ietsie kom deel van die kursus. Vandag was daar 'n wonderlike bonus in die lesing oor die gehoorsintuig. As elke lesing so aangebied kon word sal ek mos nooit gaan slaap nie  :icon_biggrin:

Odyssey of the Ear:
Go on an epic journey with a trio of musicians into the depths of the human auditory system. A wild tale filled with beasts and storms and strange faceless dancing humans armed with larger-than-life ossicles. I produced this piece for The Fundamentals of Neuroscience with artist Andrew Benincasa, alongside my team at HarvardX.'

http://www.nadjaoertelt.com/odyssey-ear-science?fbclid=IwAR3OS7hkKY_NHJ5BEYDPy-wmwBiumbzy-JNP-BkWvH8gyZiKna9Nab-MnY0

*hou aan met kyk waar die skerm swart word - dit is niet die einde   :notworthy:
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: PM on November 05, 2021, 02:11:58 PM
Hier sit ek nog steeds en wag en wag.  Die tannie by die spreekkamer het elfuur vir my gesê Hannes is in die teater.  Nou bel ek vir Gerhard en sê ek raak nou bekommerd.  Nee sê hy, hy het 12 uur met sy pa gepraat toe sê hy hy gaan eers 1 uur teater toe.  Kan jy nou meer!   :crybaby2:
Dan vra hulle hoekom drink ek, dan vertel ek hulle dan drink hulle saam!


Ek gee my sommer oor aan rooi partytjiekoeldrank en skoolseuns!   :dontknow:
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: PM on November 05, 2021, 02:27:21 PM
Ag nee, julle wil nie weet nie!  Die ding aan sy voet verhoed dat hy vandag ge-opereer word.  Hy word nou eers die 19 de gedoen.  Hulle het bloedtoetse gedoen en wag vir die uitslae.  Gerhard gaan hom nou haal!   Kon iemand my nie maar laat weet het nie?  :icon_scratch:
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: Antjie Patat on November 05, 2021, 03:43:46 PM
Dis nou uiters swak...die hele dag se gewag!

Ai... dink aan julle
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: PM on November 05, 2021, 03:49:34 PM
Regtig, ek is teleurgesteld.  Verstaan my mooi, ek verstaan dat die operasie nie nou gedoen kan word nie.  Ek het immers gister vir die dokter atent gemaak op die swelling.  My probleem is dat ek die heel dag hier sit en komkommer en niemand laat weet my niks!  Toe ek die spreekkamer bel word ek vertel dat hy in teater is???
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: Meraai vannie Baai on November 07, 2021, 10:51:33 PM
Swak swak swak inderdaad. ((((((((((PM))))))))))  :love7:
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: PM on November 08, 2021, 02:28:43 AM
Iewers in my binneste het ek geweet hy gaan nie die 5de gedoen word nie.  Dit is seker daarom dat ek gladnie bekommerd was nie.  Ek is nog steeds nie skrikkerig vir die 19de nie, sal maar sien as die tyd nader kom.  Nog twee weke.
Hannes het 'n maagvirus gehad en was regtig swak na die spulletjie.  Ek dink hy sal nou lekker sterk wees en reg vir die nuwe heup. 
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: Meraai vannie Baai on November 08, 2021, 07:12:05 AM
Ek stem saam PM. Alles op sy tyd.
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: Antjie Patat on November 09, 2021, 06:57:00 AM
En hier sit ekke waaragtig nog en lees, en moes al by die werk gewees het....
Nog nie eers naby reg nie...
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: Meraai vannie Baai on November 09, 2021, 07:11:42 AM
Spring Antjie, spring!!  :bootyshake: :icon_biggrin:
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: PM on November 09, 2021, 05:46:22 PM
Goeiste, en Antjie, jy is seker al by die huis na 'n dag se harde werk.  Ek het ook nou net hier aangekom.  Ons was besig om nog 'n paar dingetjies te soek.  'n Opslaanbankie om in die stort in te bou en 'n handvatsel om te help op trek. 
'n Lepel om die skoen te help aantrek, onthou hy mag nie buk nie!
Ek besef vandag weer dat ons nog nie reg was vir die gedoente nie. 
Net gou 'n kossie aanmekaarslaan dan kom ek weer.  :love7:
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: PM on November 10, 2021, 04:24:59 AM
Nou gaan ek slaap.  Die vogeltjies sing al of is dit die dagbreek se stukkies wat ek hoor?
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: Antjie Patat on November 10, 2021, 07:06:33 AM
Dagse....more...
PM, ek het nie eers van die werk af huistoe gegaan nie. Ek is n vrywiller by die Mission to Seafarers, en dien op die kommittee. Ons het n vergadering gehad na werk tot so 2015 hrs. So ek was tuis iewers tussen 2030 en 2045 hrs gisteraand.
En ek maak vir boerskind n foto persentjie om vir haar ouma te gee...So nou doen ek dit smòrens voor werk, en tussen beurtkrag sessies deur...
Ek raak agter!
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: Meraai vannie Baai on November 10, 2021, 07:09:01 AM
Verstom my oor wat jy alles aanpak Antjie  :love7: Sou wat wou gee om 'n dag saam jou te stap!
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: PM on November 10, 2021, 08:06:58 AM
As ek en Naas uitvind julle stap alleen sonder ons is daar moeilikgeite.   :bootyshake:
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: Meraai vannie Baai on November 10, 2021, 09:54:24 AM
En net toe ek wou gaan sit, lui die oond se klokkie en ek hoop dat daar nie offergawes vanaand op die Locke se tafels verskyn nie. Skoon vergeet daar is aartappels in die oond gesit  :icon_biggrin: PM, ons sal nie alleen stap nie hoor!
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: Antjie Patat on November 10, 2021, 03:21:07 PM
Oh jinne Meraaitjie.... nie alles is opwindend nie, maar dalk is ek net gewoond aan dinge wat ander nie altyd sien of ken nie. En dis n voorreg wat ek soms nie altyd voor dankie se nie... Elke werk het mos maar sy beserings...

Die Seemanne / Seevaarders of Seafarers is mense wat erg afgeskeep was in die pestelike vlermuis-siekte se tyd.
Meer as 30% meer selfmoorde het op skepe voorgekom sedert die eerste grendel-tyd.
Feitlik elke ding waarmee ons werk is iewerste oorsee gemaak, so iewerste was n skip wat dit kom aflaai het.
Op hierdie skip was daar hoofsaaklik mans wat op n yster vaartuig weke en maande moes seil om dit af te lewer.

Hulle diens- kontrakte werk gewoonlik soos 3 maande of 9 maande werk, en 2 tot 3 maande af.
Maar daar is boeke te skryf oor omstandighede en Skeeps-eienaars en kondisies  hoor...
By meeste hawe dorpe is die Sevaarders 'Engel' (embleem).
Hulle weet, al kan hy nie die taal praat nie, dis die eeeen plek waar hy veilig gaan wees, want die plek is net vir Seevaarders.
Home away from home.

Die Missions is meestal Anglikaans gedryf maar nie noodwendig almal meer nie. Maar dis verseker n Christen instansie, deur God gedryf.
Daar is n klein kerkie in ons Mission gebou, n restaurant, n bar en n winkeltjie. Die Seevaarders bussie (wat ek ook lank vir hulle bestuur het op n kol) gaan ry by die skepe verby en wie wil klim is welkom, en dis gratis. en so word hulle weer afgelaai (3 keer per dag).

O jitte.... en hier sit ek wraggies weer.... ek hol gou ...tatta....
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: PM on November 10, 2021, 04:59:09 PM
Dit klink baie interressant en ek sal graag meer hiervan wil weet. 
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: Assie on November 10, 2021, 05:24:17 PM
Ek wil kyk of ek Oom Naas se stem op forum kan kry.
Dalk kan ons 'n paar gedigte voorlees.

 :mumum:
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: Assie on November 10, 2021, 05:25:44 PM
Laat weet asseblief of julle die aanhangsel kon hoor.

 :mumum:
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: Naas on November 10, 2021, 06:06:13 PM
Dankie Assie. Ek het op jou aanhangsel geklik, die stem gedownload en toe luister ek na myself. So dit wil voorkom of dit werk. Nou moet ons net probeer uitvind hoe groot is die file wat ons kan laai.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: Naas on November 10, 2021, 11:52:18 PM
Ta Raaitjie, kyk bietjie onder aan Assie se plasing of Ta Raaitjie 'n skuifspeld sien. Klik op dit en volg dan aanwysings om te luister.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: Meraai vannie Baai on November 10, 2021, 11:54:29 PM
Daar is 'n speldjie by haar naam maar daar gebeur fietol as ek op dit druk. Niks onder aan nie sniksniksnik. Kan nie aanhegsels of fotos sien wat so vasgemaak is nie. Nugter weet hoekom. Gatkantland.
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: Naas on November 11, 2021, 12:05:38 AM
Ek weet te min van die goeters af maar ek kry die gevoel dat ons toesigstatus ons belemmer met die goed. Ek sien en hoor maar kannie plaas nie.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: PM on November 11, 2021, 06:44:04 AM
 :headbang:   :notworthy:  Ek hoor ek hoor!  Nou moet jy net 'n gedig kies en dit voorlees dan kan ons sien hoe lank
kan ons voorlees.   :love7: :love7: :love7:


Raaitjie, ek sal weer vir Jan Dink vra hoekom kan jy nie sien en hoor nie.  Klink nogal snaaks as 'n mens nie 'n sin voluit skryf nie, dit is 'n sin wat nie sin maak nie.   :icon_biggrin:
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: Antjie Patat on November 11, 2021, 07:04:56 AM
Ek kan hom mooi hoor
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: PM on November 11, 2021, 07:23:23 AM
Hier is Andre se antwoord. 


Hallo Petra,
1) Jy mag maar my naam en TruSoft noem, dankie.  :-)
2) Ek dink die enigste beperking is die grootte van die klank file wat julle oplaai en dit behoort 20MB te wees
3) Ek weet ongelukkig nie hoekom Meraai nie fotos kan sien en klank kan hoor nie.  Ek weet nie van enige settings nie en omdit dit net sy is wat die probleem het, vermoed ek daar is iets fout met haar rekenaar of browser.  Of dalk 'n setting op haar profile in die forum.
Om fotos kleiner te maak kan jy 'n grafiese program soos The Gimp gebruik.  Dis nou nie my sterk punt nie (fotos en grafika, etc) so ek weet nie enitlik van tools nie.  Ek gebruik maar net The Gimp. 
Dit het 'n tool om die image te scale. 
Dan maak dit 'n kleinter file.

Groete
Andre

Raaitjie, ek het nou weer op jou profielblad gaan kyk en kon geen beperking op jou deelname sien nie.

Gaan in op jou profielblad by admin en kyk by "permissions" jy sal daar kan sien dat jy toegang tot alles het.  Ek weet nie of jy op jou rekenaar se stellings kan kyk of jy dalk daar beperk is nie. 
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: Meraai vannie Baai on November 11, 2021, 07:26:47 AM
Ek neem aan die ouvrou is gesink. Van die goete weet ek 'n soete bloue 0  :icon_bigsmurf: Sal maar net lees en self prentjie maak.
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: PM on November 11, 2021, 07:39:04 AM
Ek aanvaar dit nie.  Ons moet net delf totdat ons die antwoord kry. 
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: Meraai vannie Baai on November 11, 2021, 08:01:13 AM
Delf is my spesialiteit. Doet voort. Gaan kind in Amerika vra sodra hulle nag verby is. Dit is nog Woensdag nag daar. Is dit al Donderdag hier by ons julle?
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: Naas on November 11, 2021, 08:03:31 AM
Ek het oplossing geplaas waar ek hom self gekry het. Dink dis daar by die grondpad post. Dis waar my twee breinselle vir die eerste keer in djarre ontmoet het.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: Naas on November 11, 2021, 08:05:21 AM
Laat weet as dit werk.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: Meraai vannie Baai on November 11, 2021, 08:06:32 AM
Gaan gou loer...
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: PM on November 11, 2021, 08:07:28 AM
Ek wag in spanning. 
Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: PM on November 13, 2021, 06:51:40 AM
Onthou ek is in Leeupoort! Hier is die internet soos 'n ou ford kar.  Jy moet bly die slinger draai om aan die gang te kom.  As jy weer sien het jy afgeval. 

Title: Re: En hier sit ek ...
Post by: PM on November 28, 2021, 01:49:46 AM
Gelukkig is ek nou hier in Annlin.  Ek kyk na fibre en sal dit hoog op prys stel as iemand vir my raad kan gee.
Ek verstaan dat ek ook 'n "Smart TV" nodig het.  Wat is die beste?


Ek wil graag flieks en series aflaai.  Ek het tyd en ek kan my tyd beplan. 


As hier iemand is wat kan help sal ek 'n nuwe onderwerp begin waarin ons dit kan bespreek.