• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

En hier sit ek ...

Started by Meraai vannie Baai, May 25, 2015, 07:38:59 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Shoe!  Ek het in verlede jaar 'n paar boeke gelees oor "the black death" en ander siektes wat die wereld getref het.  Nooit gedink dit kan met ons ook gebeur nie. 
'n Ander onderwerp was:  Feite wat moeilik aanvaarbaar is. 
Hulle seg dat die drie grootste vyande, (killers) in die volgende volgorde:  muskiete, mense en slange - is.  Dit sluit virusse in. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#16
En hier sit ek ook alweer. Net gou eers 'n drukkie vir ons forum-moedertjie en haar geliefde wederhelf. Sterkte met alles PM. Innige simpatie met alles wat jou lewe omver gooi.

Ek gaan die volgende twee dae weer stil wees. Tussen die studies om agter te kom hoekom ek 'goggas sien wat hysbak' ry onder andere  :icon_bigsmurf:, Outop se werksfunksie en 'n besoek aan vriende is daar skaars tyd vir grondvat, wat nog te se forum-beloer en dan ongeskik lyk teenoor die gaste :angel4: maar I'll be back  :sign10:

PM

Hier is dit nou weer sulke tyd.  Ons gaan nou ry en sal later weer kom saam kuier.  Baie later.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Dink aan julle. Veilig ry groot assebliefie.  :love7: ek kuier more weer saam!

PM

Ek het net eintlik kom sê dat ons die dag oorleef het.   Van 9 uur vanoggend tot 5 uur vandmiddag.  Wat 'n dag wat 'n dag.  More kom kuier ek weer saam.  Ek kyk nou oormekaar en kan nie meer verantwoordelikheid aanvaar vir waaaat ek skryyyyyf nie.
Liefies vir juuuulllle  en lekkkkkerrr slaaappp!
Om te weet is om te verstaan.

PM

En hier sit ek nou na 'n hele dag se kwotasies om my dak reg te maak.  'n Groot bakleiery met die vorige kontrakteur wat hoog en laag sweer dat hy my R55 000 gekwoteer het om te spoeg en plak en ek is so moeg ek wil sommer in my hand aan die slaap raak. 
Gerhard het 'n advokaat aangestel om die vent uit te sorteer.  Gelukkig is dit alles more se probleme. 
Mag julle almal 'n heerlike nagrus hê.
Naas, skuif 'n bietjie op, ek wil hier agter jou rug inklim. 
Moet tog nou net nie vir my sê jy gaan nie nou al slaap nie, jy kan mos sien ek is doodmoeg!
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Ek moet nou gaan slaap anders is ek nie weer 2 uur vanag spookwakker nie. Dit breek my ritme.
Hulle voorspel donderweer hier by ons.
Laasnag weer 'n inbreker op die erf gehad. As ek die donderweer hier vang gaan ek hom kastreer en die stukke vir my honde voer.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Jou honde moet die swerkater mos self vang en vermorsel!
Maar nou-ja, ek wil nie jou spoed breek nie, kom ons gaan slaap.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Die honde het hom al paar keer verwildet maar die donner kom net weer terug. Die bietjie wat ek van hom gesien het het hy redelik gedrug voorgekom.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Eish! Die lewe gooi wille draaie met ons mensies. Ek vou julle toe met omgee en wens ieder en elk 'n wel geruste nag toe. Sonder donderweer en kastrering en skelm kontrakteurs.
:love7:

Naas

Ek geniet die donnerweer maar mens weet nooit waar die bliksem gaan slaan nie.

:mumum:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

So gepraat Naas, hoe gaan dit met die pyne? Al die uitslae teruggekry?

Naas

Ja. Die kwak sê as ek nie gou doodgaan nie sal ek nog lank lewe.
Maar nog bymotiewe van diabetes.
My krom ruggraat met al sy skete het inflimasie veroorsaak onder die skouerblad. Dis bitter ongemaklik en seer.
Die probleem is dat ek met die soort goed moet saamleef. Die voorskrifpille wat help veroorsaak dat my maag letterlik onwillekeurig  aan die loop (lees weghardloop) gaan.
Maar dis 'n strondstorie vir 'n ongeskrewe boek.
So moet ons elkeen maar met ons eie halluseNaasies saamleef tot ons eendag groet.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

 :dontknow:   Ek is so jammer vIr jou Naas, ongelukkig is dit geweldig pynlik.  Draai maar die ander wang en lê op jou sy.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#29
Dit is sulke tye dat ek opreg wens om 'n mater 'n regtige drukkie te kon gee. Naas, innige simpatie mater. Pille en newe effekte - merkse gedoente in oortreffende trap. Maar hier sit ek in Gatkantland. Groet eers weer tot Maandag. Naweek vol bespreek deur die manne  :icon_biggrin: