• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

En hier sit ek ...

Started by Meraai vannie Baai, May 25, 2015, 07:38:59 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Jittetjie Naas, ek kan my nie eers indink hoe hierdie loadshedding jou gesondheid bevonk nie sniksnik. Sterkte klink wragtag vanoggend hopeloos te lig en min, maar dit is al wat ek het!

Naas

Geen probleem nie Ta Raatjie. As alles goed gaan sit hulle die krag weer oor 'n uur aan. Intussen ploeg ek maar die slaapsand in my oë rond en spring heen en weer op die sellulite foontjie. Gelukkig het ek darem sy batterye omgewen voor die krag afgegaan het.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Die krampe het my opgejaag en nou lees en skryf ek gou hier voor ek weer gaan lê.
Baie dankie Naas, ek waardeer jou inset maar daar is 'n paar stylfigure in die gedig wat ons kan uitwys.  Help julle tog asseblief. 
Ek dink maar net aan ironie, alliterasie ens. 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

O nee! So laat ek my nie vang nie. Die oomblik wat ek van figure praat dink my vrou ek kyk rond. En as ek van haar figuurtjie praat dink sy ek dink sy is vet en dis nie waar nie. Ek weet sy is vet.
So voor ek nou weer in die moeilikheid kom (want Assie dra mos stories aan) gaan ek liewerste stilbly.
'n Stil bek is 'n heel bek.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Assie

Ek sal maar liewerste niks sê nie. Daai duik op Oom Naas se kop waar Ta Elmarie hom met haar pantoffel geslaan het het nou net mooi toegegroei. Ek wil nie weer deur daai trauma gaan nie.

:mumum:

Meraai vannie Baai

Tussen julle twee kan g'n mens beswaard wees nie  :toothy4: trauma of te not! PM, jammer om te hoor van die krampe jong, hou die blinkkant bo mater.

Naas

Ek wil nou nie hoes, poep of in Aramees prewel nie, maar daai pantoffel slaan donners seer. Veral as man dit nie verwag het nie.

Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

*Pantoffelregering: 'n Man is daarteen weerloos soos 'n slagdier aan 'n riem en pantoffelregering het die hef in die hand, jy spartel en jy wurg jou soos 'n waghond teen sy band... die ergste is die woeste amazones wat geen man op aarde spaar  :crybaby2:

*BRON: https://www.youtube.com/watch?v=PhLwc95ZqbY

Naas

En dat 'n man dan nou vrywilliglik vir botter en wors pleit voor daai pantoffelregering vir lewenslank.
Min wetend dat Aspoesterjie se glasskoentjie voor die troue gewindowlene worre en na die troue in 'n wolhaarpantoffel verander as die horlosie 12 uur slaan.
Maar as die besluit weer oorgedoen moet worre sal dit maar weer vir botter en wors wees... vermoed ek.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Atta patata Naas, hier skuil 'n groooooot ironiese waarheid - ons weet die pad was self geteer en sou ons kon oorbegin, is die kans dat ons wragtag weer dieselfde keuse sou maak, baie groot! Net mens. Nie engel nie.  :dontknow:

PM

Ek het mos geseg, self die pad geteer maar nie self die strepe opgeverf nie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

PM praat groot waarheid. Die spoke het volgens haar daardie strepe geverf  :icon_biggrin:

Meraai vannie Baai

En hier sit ek alweer. Het PM iewers belowe ek sal ietsie kom deel van die kursus. Vandag was daar 'n wonderlike bonus in die lesing oor die gehoorsintuig. As elke lesing so aangebied kon word sal ek mos nooit gaan slaap nie  :icon_biggrin:

Odyssey of the Ear:
Go on an epic journey with a trio of musicians into the depths of the human auditory system. A wild tale filled with beasts and storms and strange faceless dancing humans armed with larger-than-life ossicles. I produced this piece for The Fundamentals of Neuroscience with artist Andrew Benincasa, alongside my team at HarvardX.'

http://www.nadjaoertelt.com/odyssey-ear-science?fbclid=IwAR3OS7hkKY_NHJ5BEYDPy-wmwBiumbzy-JNP-BkWvH8gyZiKna9Nab-MnY0

*hou aan met kyk waar die skerm swart word - dit is niet die einde   :notworthy:

PM

Hier sit ek nog steeds en wag en wag.  Die tannie by die spreekkamer het elfuur vir my gesê Hannes is in die teater.  Nou bel ek vir Gerhard en sê ek raak nou bekommerd.  Nee sê hy, hy het 12 uur met sy pa gepraat toe sê hy hy gaan eers 1 uur teater toe.  Kan jy nou meer!   :crybaby2:
Dan vra hulle hoekom drink ek, dan vertel ek hulle dan drink hulle saam!


Ek gee my sommer oor aan rooi partytjiekoeldrank en skoolseuns!   :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.

PM

Ag nee, julle wil nie weet nie!  Die ding aan sy voet verhoed dat hy vandag ge-opereer word.  Hy word nou eers die 19 de gedoen.  Hulle het bloedtoetse gedoen en wag vir die uitslae.  Gerhard gaan hom nou haal!   Kon iemand my nie maar laat weet het nie?  :icon_scratch:
Om te weet is om te verstaan.