• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Ek hou op rook.

Started by PM, January 08, 2014, 12:45:31 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

((((((O)))))) vir jou en Hannes. Dra my gesondwordwense oor aan my maatjie.




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Dankie Naas. 


Ek weet nie of ek sou ophou rook het as ek weer voor die keuse te staan moes kom nie.  As daar 'n manier was wat ek net 'n rokie na ete kon rook sou ek dit met liefde gedoen het, maar ek weet ek sal dit nie regkry nie, daarom bly ek maar weg.  Ek staan net so kort-kort onder die wind as iemand staan en rook, sodat ek 'n snuifie kan kry.


Aner mense se rook pla my nie en my huis is nog steeds 'n rookhuis. 
Om te weet is om te verstaan.

adele

#47
liefliewe vriendin, goed jy kom vertel ... eishhh, daai pyn is seker onhoudbaar, gee Hannes 'n sagte maar laaannnngggg drukkie van my af ook. en vir jouself, SOMMER BAIE GEBED EN 'N GROOOOT BOS BLOMME.
adéle  :grommit:

PM

Ek kom nou van die hospitaal af.  Dit gaan baie beter.  Hy moet nog een eenheid bloed kry.  Hulle het nog bloed getrek en weggestuur.  Ek hou maar duime vas dat dit die laaste van die krisis is. 
Dankie vir die liefde, ek waardeer dit. 
Om te weet is om te verstaan.

Anastasia

Sterkte, PM.  Ek dink aan julle
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

PM

Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ai jai jai, lees ek nou van julle hartseer en kommer met Hannes in ICU. Mater ons stuur stywe drukkies en dink aan julle. Hou ons asb op hoogte. Ek het hierdie gisteraand misgelees anders het ek dadelik kom drukkies gee  :love7:

PM

Dankie Raaitjie.  Ek het nou gevorder tot hier in Centurion by Gerhard.  Ons rus 'n bietjie dan gaan ek terug Leeupoort toe met my manlief.  Dit gaan baie beter.  Nog 'n paar dae rus dan is hy weer op en wakker.  Dankie vir julle liefde. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

So dankbaar daar is goeie nuus! Gou aansterk en pas julle self mooi op groot assebliefie.

Anastasia

So bly om te hoor dit gaan beter
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

PM

Agt Januarie 2014 het ek my eerste plasing hier gedoen, ses weke nadat ek opgehou rook het.
Dit is nou sewe en 'n half jaar later en ek plaas 'n sterretjie op my voorkop!  Tot nou toe het ek vas gestaan en nog nooit weer gerook nie.
Ons huis is nog steeds rokersvriendelik.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

adele

'n Boks vol sterre vir jou  :hello2:   :hello2:
adéle  :grommit:

PM

Dit is nou agt jaar later en ek byt nog vas!  :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Antjie Patat

Liewe PM, jou flippen doring !
Ek het ook gerook, sommer soms vrek baie.
Toe raak dit duurder, en duurder, en daardie oggend hoesie...
Ek besluit toe.... Ekke ken vir myself....'myself' moet eenkeer ophou en nooit weer rook nie, want 'myself' sal dit tweekeer erger vat as ek ophou en weer begin.... want hierdie 'myself' het rook geniet....
Toe koop ek n vol pakie 20 Bennies en Hennies, en n splinternuwe aansteker, maak die pakkie oop, en prop hom met aansteker en al in my broeksak.... en gaan werk... skofte werker gewees.... 12 uur skofte...
En ek loop met daai pakkie hoor, soms soos n cowgirl, met die hand op die onding, reg om te "draw'... dan sak die hand weer.
Verrassend was die eerste 3 dae nie so erg as wat ek gedink het nie, maar die dae daarna, en veral op sekere tye, maar gou gou het die reuk van rook vir my walglik geword.
Ek gee nie om as mense rook by my huisie nie, net op die stoep, waar ons almal kan sit en kuier. Ek het stompies gehaaaaat in die dae toe ek gerook het, en dus nogsteeds. So daar is asbakkies en moenie die stompies op die stoep dood trap nie, dan gaan ek omgesukkel raak.
Iedergeval, het ek n maand so geloop met die ding naby, byderhand, want ek moes hom wen soos in wen...
Toe gee ek die pakkie vir my broer op die eerste dag van na een maand.....
Dis nou 14jaar later, en net soms, net soms...sal een persoon n sigaret op n manier 'trek' en ek sal wegkyk, want dan sou dit vir my voel, dat dit nou lekker sou wees...
So, my duime vir almal wat ophou... xxx

Meraai vannie Baai

Lig my hoed en knak my knieg vir julle twee! WOW, dit wil gedoen word. Baie baie trots op julle  :love7: :hello2: