• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Ek hou op rook.

Started by PM, January 08, 2014, 12:45:31 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Hier is ek nou vir die derde dag terug in my eie omgewing en dit gaan nog goed.   :hello2:  Ek dink ek kan nou met 'n geruste hart sê dat ek 'n "non roker" is!  :hello2:   :headbang:
Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha

Ek is trots op jou PM hou so aan!! Nou het jy jou lewe klaar met agt jaar verleng!! Mmmm so se hulle!!

Jeannedarc

ek's baie bly dat jy so goed hou and I'm certain that you will continue being a non-smoker, but please do not take a puff again because as the saying goes: once a smoker always a smoker and I can vouch for that.

PM

Dankie vir die ondersteuning.  Dit help baie.   
:icon_biggrin:  Ans, nou kan ek sê ek word Saterdag 71? 

Ja ek glo dit goed Natalie.  Ek sal my bes probeer om dit nie te doen nie.  Daar is baie mense wat gedink het hulle kan net "geleentheidsrokers" wees, maar hulle het gou uitgevind dat dit nie so werk nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

Mooi! Ek is baie bly vir jou! Ons was nog nie by die dokter vir 'n voorskrif nie, maar dit is in die pyplyn. :-)

PM

Ons kuier hier in die bos by Leeupoort en dit is net hier waar mens heeldag sit en niks doen en rook!  Die eerste paar dae was werklik 'n aanpassing en ek het kort-kort gekwyl vir 'n rookdingetjie, maar dit is ook nou beter.  As 'n mens net daardie "gewoonte" kan breek is jou kop deur. 
Ek kan net aanbeveel dat julle die hele drie maande (12 weke) kursus doen en nie voor die tyd ophou soos ek nie.  Ek is mos baie braaf!  My vriende wat die 12 weke kursus voltooi het sê dat hulle nie een dag probleme ervaar het nadat die kursus voltooi is nie.

Baie mense sê hulle het al jare opgehou rook en lus nog nou en dan.   

Ek byt nog vas! 
Om te weet is om te verstaan.

Jeannedarc

when I stopped 25 years ago, I said to myself: if I could have a drink without craving a cigarette, I'll know I've stopped and if I could drive to Durban without having a packet of ciggies up to Ladysmith, I'll know for sure. That was exactly what I experienced. As I've said - it's now 25 years and not once have I ever so slightly craved a smoke but there were times where I craved cigars. Thank goodness that is also in the past for the simple reason I couldn't stand that foul taste in the mouth after having puffed on a cigar and the smell too. Me thinks you should start a new book - that might just take the mind off of the ciggies.

Fransi

Sterkte en ek dink dit is fantasties. :-) Ja, die gewoonte en die emosionele kruk.

PM

Dankie Fransi.   Natalie, ek wil net nog sleg wees en rondlê vir 'n rukkie voordat ek met die volgende boek begin.  Soos jy ook kan sien is die ouens nie baie lus vir skryf nie, of is dit nie lus vir deel nie? 

Om te weet is om te verstaan.

Angelica

#24
Kom ons klink 'n glasie daarop...   :hello2:
Dit verg uithouvermoe om op te hou enigiets wat jy al vir soveel jare doen.  Dis harde werk en jy kan harde bene kou (as die tanne dit toelaat.)
Maar ja, dis nodig om met afbrekende dinge te deel en dit van jou weg te stoot.
Die shopping lysie is soveel korter en die beursie soveel bultender, of hoe?
Vasbyt en vasbyt.  Dis die moeite werd.  
Kos smaak lekkerder.  Hoesmedisyne neem die wyk uit die yskasdeur.  Jou beursie is voller.  Jou gordyne, hare, klere, asem, alles ruik weer vars.  En dis 'n feit soos 'n koei. BTW, sien ek hierdie nou die dag as 'n blokkiesraaisel vragie:  Feit soos 'n....  Nogal.
Ek stook behoorlik terwyl ek swanger is en dink aan geen nagevolge vir myself en my baba.
Ek rook nog die laaste halwe siggie terwyl ons ry Knysna Hospitaal toe vir die keiser.
Toe ek daar wakker word na die op en narkose, hoes ek my longe uit en die snytjie wil-wil oopskeur (of so voel dit.)
My baba het erge koliek en bronchitis gehad en ek is daarvan oortuig dat dit my gestook was terwyl ek swanger was.
Ek rook nooit weer bloot omdat ek toe besluit het ek wil nie naby my baba rook, maar ek het ook onthou dat ek hom met nikotien besmet het.
Het al 'n siggie aangesteek, maar die smaak is om van te... blaf.
Rook irriteer my geweldig.  Mense kan in die straat loop en rook en ek ruik dit 'n 100 myl verder.  
Dis 'n juggie gewoonte wat niks goed is.

elle

PM

Lekker om jou weer raak te lees sustertjie.   :hello2:   :love7: 
Ek is nog nie op daardie stadium wat rook vir my sleg ruik nie.  Dit maak my nie lus om te rook as ander om my rook nie, maar ek kry my "aanvalle".  Dit is dalk meer om 'n gewoonte af te leer as wat ek smag na nikotine.  Dit duur net 'n rukkie dan is dit oor. 

Terwyl ek swanger was met my oudste het ek nie gerook nie.  Hy was ook 'n erge koliekbaba, so, dalk het die rook niks daarmee te doen nie.  ???

Dit het werklik net te duur geword om te rook en die prys sal elke jaar net hoger en hoger word.  Ek wil nou net sien waar gaan ons nou belas word, want ek verstaan dat minstens 40% rokers nou nie meer rook nie. 







Om te weet is om te verstaan.

Fransi

Nou die vierde dag sonder sigarette vir ons- dit gaan nog maar op en af. Hoe gaan dit nou met jou, PM?

PM

Ag wonderlik Fransi.   :notworthy:  Gebruik julle Champix?

Met my en al my ander vriende (5 van hulle)  gaan dit uitstekend.  Ons is almal eens dat ons so nou en dan dink aan 'n sigaret, maar dit gaan gou verby.  Ek hou daarby dat dit eintlik die gewoonte is wat 'n mens moet afleer. 

Hou ons asseblief op hoogte van hoe julle vorder en bespreek dit wat dalk mag pla.   :icon_salut:
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

Dankie PM, ja ons drink die pilletjies. Ek is bly dit gaan nog goed met julle almal, dit gee my hoop vir ons. :-)

PM

Julle sal onthou dat dit my 'n paar maande geneem het voordat ek gesê het dat ek opgehou rook het.  Ek kon self nie glo dat ek daarin sou slaag nie, of dat ek dit sou kon volhou nie.  Nou is dit bykans 5 maande en dit gaan net makliker.   :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.