Kom ons klink 'n glasie daarop...
Dit verg uithouvermoe om op te hou enigiets wat jy al vir soveel jare doen. Dis harde werk en jy kan harde bene kou (as die tanne dit toelaat.)
Maar ja, dis nodig om met afbrekende dinge te deel en dit van jou weg te stoot.
Die shopping lysie is soveel korter en die beursie soveel bultender, of hoe?
Vasbyt en vasbyt. Dis die moeite werd.
Kos smaak lekkerder. Hoesmedisyne neem die wyk uit die yskasdeur. Jou beursie is voller. Jou gordyne, hare, klere, asem, alles ruik weer vars. En dis 'n feit soos 'n koei. BTW, sien ek hierdie nou die dag as 'n blokkiesraaisel vragie: Feit soos 'n.... Nogal.
Ek stook behoorlik terwyl ek swanger is en dink aan geen nagevolge vir myself en my baba.
Ek rook nog die laaste halwe siggie terwyl ons ry Knysna Hospitaal toe vir die keiser.
Toe ek daar wakker word na die op en narkose, hoes ek my longe uit en die snytjie wil-wil oopskeur (of so voel dit.)
My baba het erge koliek en bronchitis gehad en ek is daarvan oortuig dat dit my gestook was terwyl ek swanger was.
Ek rook nooit weer bloot omdat ek toe besluit het ek wil nie naby my baba rook, maar ek het ook onthou dat ek hom met nikotien besmet het.
Het al 'n siggie aangesteek, maar die smaak is om van te... blaf.
Rook irriteer my geweldig. Mense kan in die straat loop en rook en ek ruik dit 'n 100 myl verder.
Dis 'n juggie gewoonte wat niks goed is.