• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Ek hou op rook.

Started by PM, January 08, 2014, 12:45:31 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica

Gewoontes en verslawing is 'n ding wat stadigaan posvat.
Voor jy weet het Gewoonte of Verslawing kloue ingeslaan en as jy dit nie vroegtydig met mening uitruk nie, gaan dit moeilik wees later.
Die alkoholis sal se hy kan sy drinkery beheer, hy drink NET naweke (homself tot in 'n koma).
Ek kan soms 'n hele dag lank geen koffie drink, maar as ek daar lostrek.....   :evil6:
elle

PM

Dit vat stadigaan pos en dan vat dit maande se trane om af te leer, maar met Champix was dit werklik baie makliker as om dit op eie stoom aan te pak.  Dit klink of ek Champix bemark.   :icon_biggrin:

Els, ek is nog steeds verslaaf aan koffie!  Waar daar in die verlede geglo is dat koffie baie sleg vir 'n mens is, glo hulle nou dat koffie in groot hoeveelhede baie voordele het. 

Fransi, ek sal graag wil weet of julle enige newe effekte ervaar? 
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

My man sĂȘ hy het net die helder drome newe effek. Ek het ongelukkig amper al die newe effekte, veral die naar voel is nie lekker nie. Tog gaan dit op die ou end alles die moeite werd wees. Ons kan reeds beter ruik en proe. :-)

PM

Probeer om die oggendpilletjie op jou nugtermaag te drink met 'n halwe telepel fyn gemmer in 'n vol glas water.  Dit het my werklik baie gehelp. 

O ja, daardie reuk en proe,  dit het nogal 'n groot impak op my ook. 
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Sterkte aan almal wat 'n gewoonte of verslawing moet  :violent1:
elle

Fransi

Dankie PM, ek sal beslis die gemmer probeer. Baie dankie Angelica. :-)

PM

Die laaste twee dae was ek lus om te rook, ek het maar geloop en peusel.   :dontknow:  Dit gebeur so nou en dan, maar gelukkig gaan dit gou weer verby. 
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Jitte julle, ek moet my koolhidraat-verslawing totnooitweersiens toewaai...  :hello: Huh?
Is dit moontlik?
Wat eet mens in die plek van brood en koffie?
Prof sweer daarby.  Ja, ek weet dit werk, maar hoeveel spandeer jy dan aan al die vet vleisies en bottergebakte eiers en volroom melk en botter en groentes?
Weet julle wat kos groentes deesdae? 
Het julle al gesien hoeveel kos vleis?  En ek koop nooit eens rooivleis.
Genade.
Mag ek maar net een ou snytjie in die oggend saam met my koffie eet?
elle

Fransi

Sterkte PM, ek is tans 'n vretertjie en nie 'n etertjie nie. 

Baie sterkte Angelica, ek het ook eens stysel, suiker en koffie vaarwel geroep op aandrang van 'n dokter. Dit was twee baie lang jare. 

PM

Ek sal ook dringend 'n plan moet maak met my stysel inname.  My enigste ander verslawing is koffie, aangesien rooiwyn vir my baie sleg ruik vandat ek opgehou rook het!  Hopenlik is dit iets wat gou sal verbygaan.   :icon_biggrin:

Kos oor die algemeen, se pryse het ongelooflik gestyg in die laast paar maande.  Dit is 'n uitdaging om 'n mens se begroting te laat klop.  'n Mens sal beslis jou vleistanne moet laat trek.   :crybaby2:
Om te weet is om te verstaan.

Anastasia

Lees ek vanoggend hier raak van PM se mooi oorwinning oor die sigarette.  Ek neem aan dit is nog die geval?  Dan dus al 4 jaar lank?  Ai, ek moet dit ook laat staan.  Ek sukkel.  Ek glo dat my Lupus baie beter sal  vaar sonder daardie gifpyle.
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Meraai vannie Baai

Ek het groot respek vir iemand wat ophou rook en deur druk  :notworthy: :icon_salut: Sterkte Anastasia, dink aan jou hoor.

Anastasia

Ek is nou op die stadium dat ek dit in half sny.  Ek kan nie daardie pille gebruik nie, dit bots met al my ander  baie medikasie.  My man spot my anderdag oggend toe ek staan met my handevol pille afsluk.  Daagliks.  Hy se ek is soos 'n ou Ford, moet eers al die pille afsluk voor ek kan kickstart!   :toothy4:
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Meraai vannie Baai

Ek giggel nou lekker hoor  :headbang: sterkte met die pad vorentoe. Glo jy gaan hom wen.  Ek het een keer in my lewe probeer rook en myself amper versmoor na die eerste 'trek'. Net daar besluit vir die gifpyltjies sien ek nie kans nie. Snaaks genoeg is dit altyd die eerste vraag wat iemand my vra as hulle hoor van die asemdief of die geleende asems sien - hoe lank rook jy al? Dan kry ek sulke half ongelowige kyke as ek se een kale trek aan 'n sigaret was genoeg om my te genees vir ewig  :icon_biggrin:

PM

Skuus dat ek hier antwoord.  Hannes wou sy sussie kom kuier hier in Richardsbaai.  (Dit is nou twee weke gelede.)  Hy het siek geword en is nou al tien dae in ICU) Sy ingewande het "ge-opstruktureer"  Ha-ha, of so iets, maar ek belowe julle, dit is nie 'n grappie nie!  Vanaand het ek Bachus ingeroep!  Toe vertel hy vir my dat ek dalkies hier op die forum 'n drukkie of wat kan kry!


Ja, ek het opgehou rook.  Dit sal Oktober 5 jaar wees!  How's that?  Die grootste probleem was die "groot lus" vir die twakkies en die tweede grootste probleem was die "groot vreet!"  Man, soos die sigaretjies bek toe is moes alles in die plek daarvan bek toe gaan!  Wat 'n "desaster"!  Alles het om die heupe saam bymekaar gekom!.


'n Mens moet nou maar net sorg dat jy nie een euwel met 'n ander vervang nie.  Gryp maar 'n glas water of 'n beker ys of altwee! Sterkte!  OPHOU  ROOK  IS  NIE  VIR  SUSSIES  NIE!


Om te weet is om te verstaan.