• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Wegkruipertjie

Started by PM, August 15, 2013, 03:08:29 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Hulle sê agter elke suksesverhaal is 'n geheim.  Nou wil ek vir julle die geheim vertel van wegkruipertjie.  As jy wil saamspeel is dit van uiters belang om nie so ver weg te kruip dat jy nie gevind kan word nie.  Die ander sal verveeld raak om na jou te loop en soek en dan speel hulle iets anders terwyl jy iewers wegkruip.  Maak dit sin?
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

elle

AB

is baie waar maar donkerkamertjie is baie lekkerder gewees veral as daar klomp meisies en seuns saam in die groep is.

Angelica

Sommige mense wil nie opgespoor word nie. 
Is mos baie lekkerder (en hier stem ek nie saam nie) om rond te hang as om aktief te wees.
AB,  :nono:... 
elle

PM

Lekker lag ek nou, fluister hulle eers in mekaar so ore wie is wie of vat elke ou maar wie voorkom?
Om te weet is om te verstaan.

AB

voor die tyd fluister jy gou vir die gril sy hoef nie bang te wees vir die donker nie, kom kruip saam met my weg......

Gawelina

Ek het nog altyd gou verveeld geraak met speletjies. Nie lank nie of ek moet iets anders doen om my besig te hou. As ek hierdie laaste paar weke wegkruipertjie moes speel, sal ek op my wegkruipplek aan die slaap geraak het. Dan sal my maatjies maar vir my moet sê hulle wil nie meer met my speel nie.  Ek sit baie dae soos 'n kind wat moet leer terwyl sy maats buite speel. Kyk deur die venster en verlang om saam te speel, maar kan nie.

PM

Lekker om jou hier raak te lees Gawie.  Hier waar ons nou is is die seine so swak ek word elke minuut afgegooi en dit is 'n pyn in die nek. 

My matertjies kruip so goed weg ek kry hulle nie.   :crybaby2:

Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek speel soms wegkruipertjie met myself  :icon_bigsmurf:

PM

Ek het begin bekommerd raak!  Ek is so bly julle twiekies is geblok.   :icon_biggrin:   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

AB

kruip ons nou vir mekaar weg, die dat ons so stil is?

Naas

Koeeeeeiiieeee :pottytrain5: blok myself


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Nou het jy die aan Naas.  Na wie soek jy?
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Ek is maar net een, maar ek ís een.

Fransi

Ek sit iewers weggesteek tussen die blare van die blok-myself-boom.   :icon_biggrin: