• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Naaimasjien...

Started by Angelica, June 17, 2013, 02:23:10 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica

Die ding moet ek nou onder uit 'n kas gaan haal.
Sy naam is naaimasjien. Hy is vol stof en die kokkerotte het sekerlik al 'n kolonie gevorm daarin.
Ek moet 'n paar jeans gaan bewerk waarvan die ritssluiter die gees gegee het.  En raai, ek kry nie 'n ritssluiter gekoop vir 'n paar jeans nie.
Loop vanoggend saam met die kinders nou straatjie op en nou straatjie af in Belville opsoek na die spesifieke ZIP. 
Nou gaan ek maar die 'gulp' toewerk met die naaimasjien en hoop dit gaan oor die boude kom as hy aangetrek word.
Mens kan mos nie die stuk 'garment' weggooi net omdat die winkels nie zips aanhou. 
(Eintlik is dit baie makliker om die ding toe te werk as om 'n zip in te sit...  :evil6: )
Kan mens jou boude intrek as dit moet?
elle

AB

Daar in stikland is 'n plek wat karavaan tente maak, hoor of hulle vor jou 'n zip(pie) kan gee, ek glo daai zippe is baie sterker as klere zippe

Angelica

 :violent1:
TENTZIP....  my jeans is groot maar nog nie TENTGROOT, AB!! 

:evil6:

No harm done, AB.
Het sommer die ding uitgeruk en toe toegestik.  Viola!!  Done.
elle

Meraai vannie Baai

Moenie daai ou zippie weggooi nie! Ek bring vir jou bietjie later sneppie van wat jy met hom kan doen hoor  :icon_biggrin:

PM

Ha-haaa neeeee, ek dink nie 'n mens kan jou boude intrek nie.   :sign10: 

Bring daai sneppies Raaitjie, ons wil sien. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

http://pinterest.com/kraftymom94/zipper-flowers-jewelry/

Outop moet nou sy ou jeans wegsteek, ek wil net verknipper LOL!!

PM

Kan jy nou meer!  Dit is baie oulik.  Dankie vir die deel Raaitjie.  Ek lief dit en vir jou.  :love7:
Om te weet is om te verstaan.

AB

ek het nie oor die groot bedoel nie maar oor die sterk, daai tent zippe is sterk

Angelica

Hi AB,  ek weet.  Sommer net self 'n joke daarvan gemaak.
Stunning, Meraai.  Kannie glo jy kan dit doen met 'n zip.  Ek hou van die  kersboompies.
elle

AB

ek bewonder nogal die persoon wat 'n zip se werking uitgeidnk het en gemaak het en laat werk het.

ongelukkig is daar zip vervaardigers wat kortpad wil vat en dan kry ons klere met swak gehalte zippe


Angelica

Praat jy , AB, en as daar nog 'n bietjie spanning op daai punt is, dan is dit un-zipped baie vinnig.
elle

PM

 :icon_biggrin: Soms is dit nie die vervaardiger se skuld nie, net die eienaar se nalatigheid.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

AB

Quote from: PM on June 21, 2013, 08:11:17 AM
:icon_biggrin: Soms is dit nie die vervaardiger se skuld nie, net die eienaar se nalatigheid.   :icon_biggrin:

ja, mens moet mos die zip diens so af en toe?

Aspoestertjie

Oupa sê as so 'n ritsluiter sou breek kan daar 'n lelike ding kopuitsteek.
Ek wonder nou of Oupa dalk na Ta en sy vrou verwys wat so baklei het oor Miems van die buurplaas en die storie agter die kraalmuur. Maar ek dink nie daar het 'n ritsluiter gebreek nie, daar was dalk net een in die pad...
Oupa sê mos altoos ritsluiters is soos die ou VW kewertjies. Altyd in die pad as jy haastig is.




:mumum:
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

PM

Assie, Oupa is voorwaar 'n ervare man.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.