Author Topic: Naaimasjien...  (Read 12161 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Naaimasjien...
« on: June 17, 2013, 01:23:10 PM »
Die ding moet ek nou onder uit 'n kas gaan haal.
Sy naam is naaimasjien. Hy is vol stof en die kokkerotte het sekerlik al 'n kolonie gevorm daarin.
Ek moet 'n paar jeans gaan bewerk waarvan die ritssluiter die gees gegee het.  En raai, ek kry nie 'n ritssluiter gekoop vir 'n paar jeans nie.
Loop vanoggend saam met die kinders nou straatjie op en nou straatjie af in Belville opsoek na die spesifieke ZIP. 
Nou gaan ek maar die 'gulp' toewerk met die naaimasjien en hoop dit gaan oor die boude kom as hy aangetrek word.
Mens kan mos nie die stuk 'garment' weggooi net omdat die winkels nie zips aanhou. 
(Eintlik is dit baie makliker om die ding toe te werk as om 'n zip in te sit...  :evil6: )
Kan mens jou boude intrek as dit moet?
elle

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Naaimasjien...
« Reply #1 on: June 17, 2013, 08:54:02 PM »
Daar in stikland is 'n plek wat karavaan tente maak, hoor of hulle vor jou 'n zip(pie) kan gee, ek glo daai zippe is baie sterker as klere zippe

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Naaimasjien...
« Reply #2 on: June 18, 2013, 06:00:22 AM »
 :violent1:
TENTZIP....  my jeans is groot maar nog nie TENTGROOT, AB!! 

 :evil6:

No harm done, AB.
Het sommer die ding uitgeruk en toe toegestik.  Viola!!  Done.
elle

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Naaimasjien...
« Reply #3 on: June 18, 2013, 07:29:38 AM »
Moenie daai ou zippie weggooi nie! Ek bring vir jou bietjie later sneppie van wat jy met hom kan doen hoor  :icon_biggrin:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Naaimasjien...
« Reply #4 on: June 18, 2013, 08:08:02 AM »
Ha-haaa neeeee, ek dink nie 'n mens kan jou boude intrek nie.   :sign10: 

Bring daai sneppies Raaitjie, ons wil sien. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Naaimasjien...
« Reply #5 on: June 18, 2013, 08:12:47 AM »
http://pinterest.com/kraftymom94/zipper-flowers-jewelry/

Outop moet nou sy ou jeans wegsteek, ek wil net verknipper LOL!!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Naaimasjien...
« Reply #6 on: June 18, 2013, 08:31:35 AM »
Kan jy nou meer!  Dit is baie oulik.  Dankie vir die deel Raaitjie.  Ek lief dit en vir jou.  :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Naaimasjien...
« Reply #7 on: June 18, 2013, 09:12:41 AM »
ek het nie oor die groot bedoel nie maar oor die sterk, daai tent zippe is sterk

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Naaimasjien...
« Reply #8 on: June 18, 2013, 06:58:52 PM »
Hi AB,  ek weet.  Sommer net self 'n joke daarvan gemaak.
Stunning, Meraai.  Kannie glo jy kan dit doen met 'n zip.  Ek hou van die  kersboompies.
elle

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Naaimasjien...
« Reply #9 on: June 20, 2013, 09:25:50 AM »
ek bewonder nogal die persoon wat 'n zip se werking uitgeidnk het en gemaak het en laat werk het.

ongelukkig is daar zip vervaardigers wat kortpad wil vat en dan kry ons klere met swak gehalte zippe


Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Naaimasjien...
« Reply #10 on: June 20, 2013, 07:14:35 PM »
Praat jy , AB, en as daar nog 'n bietjie spanning op daai punt is, dan is dit un-zipped baie vinnig.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Naaimasjien...
« Reply #11 on: June 21, 2013, 07:11:17 AM »
 :icon_biggrin: Soms is dit nie die vervaardiger se skuld nie, net die eienaar se nalatigheid.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Naaimasjien...
« Reply #12 on: June 21, 2013, 06:07:42 PM »
:icon_biggrin: Soms is dit nie die vervaardiger se skuld nie, net die eienaar se nalatigheid.   :icon_biggrin:

ja, mens moet mos die zip diens so af en toe?

Offline Aspoestertjie

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 102
  • Gender: Female
Re: Naaimasjien...
« Reply #13 on: June 21, 2013, 06:27:49 PM »
Oupa sê as so 'n ritsluiter sou breek kan daar 'n lelike ding kopuitsteek.
Ek wonder nou of Oupa dalk na Ta en sy vrou verwys wat so baklei het oor Miems van die buurplaas en die storie agter die kraalmuur. Maar ek dink nie daar het 'n ritsluiter gebreek nie, daar was dalk net een in die pad...
Oupa sê mos altoos ritsluiters is soos die ou VW kewertjies. Altyd in die pad as jy haastig is.




 :mumum:
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Naaimasjien...
« Reply #14 on: June 22, 2013, 04:35:40 AM »
Assie, Oupa is voorwaar 'n ervare man.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Naaimasjien...
« Reply #15 on: June 22, 2013, 08:18:05 AM »
Het Oupa broeke gedra met zips?? 
Was dit nie dalk knope nie?  Of glad niks, net 'n rekkie bo in?
elle

Offline Aspoestertjie

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 102
  • Gender: Female
Re: Naaimasjien...
« Reply #16 on: June 22, 2013, 02:11:39 PM »
Net 'n rek bo-in. Oupa is te bang die ritsluiter breek of 'n knoop verloor.
Elk geval verkies Oupa deesdae die rek want 'n gordel maak sy (groot) maag seer.



 :mumum:
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Naaimasjien...
« Reply #17 on: June 22, 2013, 02:30:50 PM »
My oupa kon nie kortbroeke dra nie. 
Daardie jare was hy in die polisie nê, hulle het nog hul rondtes op fietse gedoen. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Naaimasjien...
« Reply #18 on: September 28, 2015, 11:58:25 PM »
Lees ek oor die skouer weer...giggel onbedaarlik vir die kommentare en toe wonder ek oor die ontstaan van die handige lastigheid van jou Elle. Dankbaar dat ons hom nou in die volksmond sommer 'zip' kan noem en nie meer 'Automatic, contionuous clothing closure' soos wat Elias Howe se patent in 1851 gedoop was. Hy was dan ook die eerste persoon wat die naaimasjien ontwerp het.

Spring my gedagtes nou wydsbeen en wonder oor die gedoentes agter die kraalmuur wat Assie oor skimp. Langenhoven mos toeka vertel dat dit beter is om jou broek uit te trek vir 'n persoon as om borg te teken want later is julle altwee kaal. Dalk was dit net goeie buurmanskap  :dontknow:

Vir meer: http://inventors.about.com/library/weekly/aa082497.htm
« Last Edit: September 29, 2015, 05:26:48 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Naaimasjien...
« Reply #19 on: September 29, 2015, 07:43:44 AM »
Ek het 'n baie gawe buurman. Hy sal sy broek vir my uitrek as ek daarvoor vra.
Sy vrou is net so gaaf.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Naaimasjien...
« Reply #20 on: September 29, 2015, 07:58:49 AM »
En wat se jou doringrosie oor die gawe bure wonder ek alweer! :toothy4:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Naaimasjien...
« Reply #21 on: September 29, 2015, 09:21:32 AM »
Buurvrou se broek pas nie vir haar nie.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: Naaimasjien...
« Reply #22 on: September 29, 2015, 09:45:24 AM »
tell me Naas - do you do you pay back your neighbour's kindness in kind . . . by losing yer pants too  :`ip2: Ohh and off the topic - I hate these american spell checkers

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Naaimasjien...
« Reply #23 on: September 29, 2015, 10:17:01 AM »
I'll never lose my pants, I will always remember where I dropped them.
Ek moet nou eers teruglees om seker te maak ons hou nog by die onderwerp.




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Naaimasjien...
« Reply #24 on: September 29, 2015, 11:09:09 AM »
Oe die sonde van onse taal Naas. Die onderwerp nog gepas - hoeka mos Elle en haar naaimasjien  :icon_bigsmurf:

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: Naaimasjien...
« Reply #25 on: September 29, 2015, 03:18:23 PM »
yes but the spellchecker is not

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Naaimasjien...
« Reply #26 on: September 30, 2015, 03:37:46 PM »
Ja, dit pas nog.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Naaimasjien...
« Reply #27 on: October 06, 2021, 07:42:31 PM »
Ek lees nou weer hier en wonder of mens in die moderne tyd van ons perdalks 'n jean kry met 'n ingeboude gps. Dis nou sodat mens nie verdwaal nie.
Op my gevorderde ouderdom met alzheimers light wat nou deel word van die prentjie vergeet mens so gou waarheen jy op pad was.
Dit sal mos net help as die gps jou rigting uitroep. "gaan vorentoe... Gaan reguit vorentoe... Moenie lings of regs uitwyk nie..."

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Naaimasjien...
« Reply #28 on: October 06, 2021, 08:20:53 PM »
Ek verstaan nie lekker hoe die GPS in die jean gaan werk as die jean op die grond le nie...
Toe ek vir Oupa vra se hy maak nie saak waar die jean is nie, iemand gaan verdwaal.

 :mumum:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Naaimasjien...
« Reply #29 on: October 06, 2021, 10:58:56 PM »
Ek soek 'n Zip GPS wat my kan vertel ek moet na die 'ander linkerkant' toe draai in die pandok en waarheen ek oorspronklik wou gaan en hoekom ek soontoe wou gaan  :icon_bigsmurf:

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Naaimasjien...
« Reply #30 on: October 07, 2021, 12:52:39 AM »
My Oupa se mos altoos ons president is so toe, as hy poep blaas sy sokkies op. Ek is net bang ek raak ook so gezip.
Kan Ta Raatjie vir Tannie indink dat mens so wydsbeen deur die lewe gaan. Sal later so heupprobleme ontwikkel dat mens wielbelasting moet betaal.

 :mumum:
« Last Edit: October 07, 2021, 10:30:56 AM by Assie »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Naaimasjien...
« Reply #31 on: October 07, 2021, 03:37:00 AM »
Ek proes my sleutelbord vol boeretroos Assie. Mag jou oupa nog laaaaaaaank saam ons wees. Wydsbeenloop met heupprobleme en wielbelasting... ek probeer my indink maar verloor die stryd voor die wind nog by die sokkies kon kom  :toothy4:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Naaimasjien...
« Reply #32 on: October 10, 2021, 05:20:51 PM »
Jou oupa het seker van Zuma gepraat, ons nuwe president dra nie sokkies nie.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Naaimasjien...
« Reply #33 on: October 10, 2021, 05:24:50 PM »
Dis juis oor die opblasery wat hy nie sokkies dra nie. Hy moet die kanale oophou.

 :mumum:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Naaimasjien...
« Reply #34 on: October 10, 2021, 05:31:16 PM »
Hy moet oppas, een van die dae lyk sy skoene soos die van 'n nar! 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Naaimasjien...
« Reply #35 on: October 10, 2021, 05:33:56 PM »
Nugget maak my skoene blink
Tekkies laat my voete stink...

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Naaimasjien...
« Reply #36 on: October 14, 2021, 09:20:21 PM »
Kan jy nugget spel?
En you gagga ie tie
nugget
dit is die kortste pad na die blinkste gat   ??? o nee, ek het deurmekaar geraak met staalwol!
Staalwol staal wol skuur jou hol met staalwol
dit is die kortste pad na die blikste gat . . .


Toemaar, toemaar, ek gaan myself nou toesluit in die tronk!  Naas, bring jou kettie!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Naaimasjien...
« Reply #37 on: November 13, 2021, 09:47:39 AM »
Dis nou vir my hartroerend snaaks dat dieselfde ou wat die zip uitgedink het ook die naaimasjien ontwikkel het. Flip, eers versnel hy die losmaakproses deur die knope te vervang en toe ontwerp hy 'n masjien om die werk te doen.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.