• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Naaimasjien...

Started by Angelica, June 17, 2013, 02:23:10 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica

Het Oupa broeke gedra met zips?? 
Was dit nie dalk knope nie?  Of glad niks, net 'n rekkie bo in?
elle

Aspoestertjie

Net 'n rek bo-in. Oupa is te bang die ritsluiter breek of 'n knoop verloor.
Elk geval verkies Oupa deesdae die rek want 'n gordel maak sy (groot) maag seer.



:mumum:
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

PM

My oupa kon nie kortbroeke dra nie. 
Daardie jare was hy in die polisie nê, hulle het nog hul rondtes op fietse gedoen. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#18
Lees ek oor die skouer weer...giggel onbedaarlik vir die kommentare en toe wonder ek oor die ontstaan van die handige lastigheid van jou Elle. Dankbaar dat ons hom nou in die volksmond sommer 'zip' kan noem en nie meer 'Automatic, contionuous clothing closure' soos wat Elias Howe se patent in 1851 gedoop was. Hy was dan ook die eerste persoon wat die naaimasjien ontwerp het.

Spring my gedagtes nou wydsbeen en wonder oor die gedoentes agter die kraalmuur wat Assie oor skimp. Langenhoven mos toeka vertel dat dit beter is om jou broek uit te trek vir 'n persoon as om borg te teken want later is julle altwee kaal. Dalk was dit net goeie buurmanskap  :dontknow:

Vir meer: http://inventors.about.com/library/weekly/aa082497.htm

Naas

Ek het 'n baie gawe buurman. Hy sal sy broek vir my uitrek as ek daarvoor vra.
Sy vrou is net so gaaf.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

En wat se jou doringrosie oor die gawe bure wonder ek alweer! :toothy4:

Naas

Buurvrou se broek pas nie vir haar nie.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Jeannedarc

tell me Naas - do you do you pay back your neighbour's kindness in kind . . . by losing yer pants too  :`ip2: Ohh and off the topic - I hate these american spell checkers

Naas

I'll never lose my pants, I will always remember where I dropped them.
Ek moet nou eers teruglees om seker te maak ons hou nog by die onderwerp.




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Oe die sonde van onse taal Naas. Die onderwerp nog gepas - hoeka mos Elle en haar naaimasjien  :icon_bigsmurf:

Jeannedarc

yes but the spellchecker is not

PM

Om te weet is om te verstaan.

Naas

Ek lees nou weer hier en wonder of mens in die moderne tyd van ons perdalks 'n jean kry met 'n ingeboude gps. Dis nou sodat mens nie verdwaal nie.
Op my gevorderde ouderdom met alzheimers light wat nou deel word van die prentjie vergeet mens so gou waarheen jy op pad was.
Dit sal mos net help as die gps jou rigting uitroep. "gaan vorentoe... Gaan reguit vorentoe... Moenie lings of regs uitwyk nie..."

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Assie

Ek verstaan nie lekker hoe die GPS in die jean gaan werk as die jean op die grond le nie...
Toe ek vir Oupa vra se hy maak nie saak waar die jean is nie, iemand gaan verdwaal.

:mumum:

Meraai vannie Baai

Ek soek 'n Zip GPS wat my kan vertel ek moet na die 'ander linkerkant' toe draai in die pandok en waarheen ek oorspronklik wou gaan en hoekom ek soontoe wou gaan  :icon_bigsmurf: