• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Herken die tekens van 'n beroerte

Started by PM, May 31, 2013, 05:45:45 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

STROKE: Remember the 1st Three Letters..... S. T. R.


STROKE IDENTIFICATION
During a BBQ, a woman stumbled and took a little fall - she assured everyone that she was fine (they offered to call paramedics) ...she said she had just tripped over a brick because of her new shoes.

They got her cleaned up and got her a new plate of food. While she appeared a bit shaken up, Jane went about enjoying herself the rest of the evening.

Jane's husband called later telling everyone that his wife had been taken to the hospital - (at 6:00 PM Jane passed away.) She had suffered a stroke at the BBQ. Had they known how to identify the signs of a stroke, perhaps Jane would be with us today. Some don't die. They end up in a helpless, hopeless condition instead.

A neurologist says that if he can get to a stroke victim within 3 hours he can totally reverse the effects of a stroke...totally. He said the trick was getting a stroke recognized, diagnosed, and then getting the patient medically cared for within 3 hours, which is tough.

RECOGNIZING A STROKE
Sometimes symptoms of a stroke are difficult to identify. Unfortunately, the lack of awareness spells disaster. The stroke victim may suffer severe brain damage when people nearby fail to recognize the symptoms of a stroke.

Now doctors say a bystander can recognize a stroke by asking three simple questions:

S *Ask the individual to SMILE.

T *Ask the person to TALK and SPEAK
A SIMPLE SENTENCE (coherently,
i.e. It is sunny out today.)

R *Ask him or her to RAISE BOTH ARMS.

If he or she has trouble with ANY ONE of these tasks, call emergency number immediately and describe the symptoms to the dispatcher.

New Sign of a Stroke :
Stick out Your Tongue
Ask the person to 'stick' out his tongue.
If the tongue is 'crooked ',
if it goes to one side or the other that is also an indication of a stroke.
Om te weet is om te verstaan.

Terry

Dit is regtig belangrik om hierdie raad te onthou. Nog iets belangrik wat onthou moet word, is om tekens voor die beroerte aanval te identifiseer.  Ek weet daar is heelwat tekens, maar 2 wat ek nou van weet is die volgende.

My dierbare pa het 'n week terug 3 beroertes in 'n kwessie van 9 ure gehad.  Hy het vir 2 weke voor sy aanval begin kla oor kopseer.  Hy het dit as niks ernstig gesien nie en net as dit baie erg geraak het, 'n disprin gedrink.  'n Week voor sy eerste aanval het sy linkerarm begin lam voel.  Hy het dit ook maar afgeskryf as niks, omdat hy 'n paar dae voor dit muurbal gespeel het en gedink hy het net sy arm oorwerk.  En toe kom die aanvalle....

Dit is uiters belangrik om na jou liggaam te luister wanneer hy vir jou probeer se iets is nie reg nie. 

Angelica

elle

PM

My plesier Elle.  Dankie ook vir Terry en enigiemand anders wat nog raad het.  Om voorbereid te wees kan 'n lewe (of 'n helse lewe) red. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#4
Duisend dankies julle vir hierdie plasings. Dit is so belangrik dat ons en ook ons geliefdes, bedag moet wees op hierdie voorafgaande simptome.

Simptome sal afhang na gelang van watter deel in die brein, tydelik van suurstof ontneem was. Hoe langer dit duur hoe groter die skade en word dit 'n 'volwaardige' beroerte met meer blywende skade.

Simptomes van TIA's (mini of ligte beroerte):

*Skielike onverstaanbare emosionele veranderinge.
*Teisterende hoofpyne.
*Onvermoƫ/probleme om musiekinstrumente te bespeel.
*Moeisame/onsamehangende taalgebruik. Veral die letter 's' en 'r'.
*Die spelling en betekenis van woorde raak vreemd.
*Dele van liggaam wat lam/dood/swaar voel en traag is om te reageer.
*Een deel van gesig wat anders vertoon as die res (veral merkbaar wanneer mens op jou tande byt of letter 's' uitspreek)
*Wanneer daar liggies met 'n naald op die liggaam gesteek word, is een kant onmiskenbaar meer gevoelig. Veral voelbaar op die 'blaaie' van jou rug.
*Probleme om alle daagste takies uit te voer bv. koffiemaak/aantrek/hoe die wasmasjien en ander toerusting in die huis werk.
*Kan nie onthou wat die funksies van die motor se pedale is nie.

Meer ernstige simptome:

*Totale verwarring en beelde raak verwronge.
*Alles word pers. Onvermoƫ om te onderskei tussen kleure.
*Geen benul van gewone optel/aftrek van syfers nie.
*Kan nie die opdrag om te spring of op een been te staan, uitvoer nie. Brein weier om saam te werk.
*Herken nie gesinslede nie.
*Onthou nie wie jy is/waar jy woon/waar jy is en watter dag of maand dit is nie. (Ek ry nou nog met 'n nota in my handsak rond met my naam, adres en kontaknommers indien dit weer gebeur.)
*Bewussyn verloor.

PM

Baie dankie Raaitjie.  Dit is baie belangrike inligting. 
Om te weet is om te verstaan.

PM

Ek het gesien 'n gas is hier besig toe kom loer ek gou.  Dit is dalk wenslik om die inligting net weer te lees.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#7

Meraai vannie Baai

#8
Een van die oorsake van my eie kennismaking met TIA (mini-beroerte in die volksmond) was a.g.v 'n deeltjie van 'n bloedklont (weens atrial fibrillation) wat weggebreek het en 'n deel van die brein tydelik van suurstofvloei ontneem was.






Soos meeste pasiente met hierdie probleem word rottegif (Warfarin) deel van jou behandeling. Gereelde bloedtoetse is uiters belangrik om jou INR telling dop te hou. Daar is soveel dinge wat teen Warfarin werk en dus vereis dat jy 'n ogie moet hou op die Vit K inhoud van alles wat jy eet/drink. Hierdie is 'n baie handige lys!




PM

Pragtige artikels Raaitjie.  Baie dankie matertjie. 
Om te weet is om te verstaan.

Marinda Kemp

Lees ek nou hier en herken myself. Mense wat beroertes gehad het word inmense. My brein vol spikkeltjies. As ek daai tyd kon getel het, sou ek dalk geweet het hoeveel.
Upington is nie vir sissies nie.

PM

Hierdie mediese inligting is baie gewild by lesers. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek dink persoonlik is die moeilikste aanpassing na alles die vrees (al probeer 'n mens dit hoe hard vermy) dat die volgende 'deurmekaar word' permanente skade kan berokken en jy jou menswaardigheid kan verloor in die proses  :crybaby2:

PM

'n Mens moet maar voorsorg tref.   :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.

PM

Ek het weer hier kom lees.  Dit is belangrik om te onthou!
Om te weet is om te verstaan.