Author Topic: Herken die tekens van 'n beroerte  (Read 57660 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Herken die tekens van 'n beroerte
« on: May 31, 2013, 04:45:45 PM »
STROKE: Remember the 1st Three Letters..... S. T. R.


STROKE IDENTIFICATION
During a BBQ, a woman stumbled and took a little fall - she assured everyone that she was fine (they offered to call paramedics) ...she said she had just tripped over a brick because of her new shoes.

They got her cleaned up and got her a new plate of food. While she appeared a bit shaken up, Jane went about enjoying herself the rest of the evening.

Jane's husband called later telling everyone that his wife had been taken to the hospital - (at 6:00 PM Jane passed away.) She had suffered a stroke at the BBQ. Had they known how to identify the signs of a stroke, perhaps Jane would be with us today. Some don't die. They end up in a helpless, hopeless condition instead.

A neurologist says that if he can get to a stroke victim within 3 hours he can totally reverse the effects of a stroke...totally. He said the trick was getting a stroke recognized, diagnosed, and then getting the patient medically cared for within 3 hours, which is tough.

RECOGNIZING A STROKE
Sometimes symptoms of a stroke are difficult to identify. Unfortunately, the lack of awareness spells disaster. The stroke victim may suffer severe brain damage when people nearby fail to recognize the symptoms of a stroke.

Now doctors say a bystander can recognize a stroke by asking three simple questions:

S *Ask the individual to SMILE.

T *Ask the person to TALK and SPEAK
A SIMPLE SENTENCE (coherently,
i.e. It is sunny out today.)

R *Ask him or her to RAISE BOTH ARMS.

If he or she has trouble with ANY ONE of these tasks, call emergency number immediately and describe the symptoms to the dispatcher.

New Sign of a Stroke :
Stick out Your Tongue
Ask the person to 'stick' out his tongue.
If the tongue is 'crooked ',
if it goes to one side or the other that is also an indication of a stroke.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Re: Herken die tekens van 'n beroerte
« Reply #1 on: May 31, 2013, 05:11:37 PM »
Dit is regtig belangrik om hierdie raad te onthou. Nog iets belangrik wat onthou moet word, is om tekens voor die beroerte aanval te identifiseer.  Ek weet daar is heelwat tekens, maar 2 wat ek nou van weet is die volgende.

My dierbare pa het 'n week terug 3 beroertes in 'n kwessie van 9 ure gehad.  Hy het vir 2 weke voor sy aanval begin kla oor kopseer.  Hy het dit as niks ernstig gesien nie en net as dit baie erg geraak het, 'n disprin gedrink.  'n Week voor sy eerste aanval het sy linkerarm begin lam voel.  Hy het dit ook maar afgeskryf as niks, omdat hy 'n paar dae voor dit muurbal gespeel het en gedink hy het net sy arm oorwerk.  En toe kom die aanvalle....

Dit is uiters belangrik om na jou liggaam te luister wanneer hy vir jou probeer se iets is nie reg nie. 

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Herken die tekens van 'n beroerte
« Reply #2 on: June 01, 2013, 08:32:41 AM »
Dankie vir die deel, PM>
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Herken die tekens van 'n beroerte
« Reply #3 on: June 02, 2013, 09:56:31 AM »
My plesier Elle.  Dankie ook vir Terry en enigiemand anders wat nog raad het.  Om voorbereid te wees kan 'n lewe (of 'n helse lewe) red. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Herken die tekens van 'n beroerte
« Reply #4 on: June 02, 2013, 11:47:02 PM »
Duisend dankies julle vir hierdie plasings. Dit is so belangrik dat ons en ook ons geliefdes, bedag moet wees op hierdie voorafgaande simptome.

Simptome sal afhang na gelang van watter deel in die brein, tydelik van suurstof ontneem was. Hoe langer dit duur hoe groter die skade en word dit 'n 'volwaardige' beroerte met meer blywende skade.

Simptomes van TIA's (mini of ligte beroerte):

*Skielike onverstaanbare emosionele veranderinge.
*Teisterende hoofpyne.
*Onvermoë/probleme om musiekinstrumente te bespeel.
*Moeisame/onsamehangende taalgebruik. Veral die letter 's' en 'r'.
*Die spelling en betekenis van woorde raak vreemd.
*Dele van liggaam wat lam/dood/swaar voel en traag is om te reageer.
*Een deel van gesig wat anders vertoon as die res (veral merkbaar wanneer mens op jou tande byt of letter 's' uitspreek)
*Wanneer daar liggies met 'n naald op die liggaam gesteek word, is een kant onmiskenbaar meer gevoelig. Veral voelbaar op die 'blaaie' van jou rug.
*Probleme om alle daagste takies uit te voer bv. koffiemaak/aantrek/hoe die wasmasjien en ander toerusting in die huis werk.
*Kan nie onthou wat die funksies van die motor se pedale is nie.

Meer ernstige simptome:

*Totale verwarring en beelde raak verwronge.
*Alles word pers. Onvermoë om te onderskei tussen kleure.
*Geen benul van gewone optel/aftrek van syfers nie.
*Kan nie die opdrag om te spring of op een been te staan, uitvoer nie. Brein weier om saam te werk.
*Herken nie gesinslede nie.
*Onthou nie wie jy is/waar jy woon/waar jy is en watter dag of maand dit is nie. (Ek ry nou nog met 'n nota in my handsak rond met my naam, adres en kontaknommers indien dit weer gebeur.)
*Bewussyn verloor.
« Last Edit: June 25, 2013, 12:23:07 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Herken die tekens van 'n beroerte
« Reply #5 on: June 03, 2013, 05:41:24 AM »
Baie dankie Raaitjie.  Dit is baie belangrike inligting. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Herken die tekens van 'n beroerte
« Reply #6 on: August 15, 2015, 11:21:35 AM »
Ek het gesien 'n gas is hier besig toe kom loer ek gou.  Dit is dalk wenslik om die inligting net weer te lees.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Herken die tekens van 'n beroerte
« Reply #7 on: August 17, 2015, 03:38:36 AM »
« Last Edit: August 24, 2015, 01:44:33 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Herken die tekens van 'n beroerte
« Reply #8 on: August 24, 2015, 12:23:29 AM »
Een van die oorsake van my eie kennismaking met TIA (mini-beroerte in die volksmond) was a.g.v 'n deeltjie van 'n bloedklont (weens atrial fibrillation) wat weggebreek het en 'n deel van die brein tydelik van suurstofvloei ontneem was.






Soos meeste pasiente met hierdie probleem word rottegif (Warfarin) deel van jou behandeling. Gereelde bloedtoetse is uiters belangrik om jou INR telling dop te hou. Daar is soveel dinge wat teen Warfarin werk en dus vereis dat jy 'n ogie moet hou op die Vit K inhoud van alles wat jy eet/drink. Hierdie is 'n baie handige lys!



 
« Last Edit: October 20, 2021, 05:58:02 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Herken die tekens van 'n beroerte
« Reply #9 on: September 04, 2015, 02:46:17 PM »
Pragtige artikels Raaitjie.  Baie dankie matertjie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Marinda Kemp

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 129
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
    • Orange Blue
Re: Herken die tekens van 'n beroerte
« Reply #10 on: December 10, 2015, 02:41:13 PM »
Lees ek nou hier en herken myself. Mense wat beroertes gehad het word inmense. My brein vol spikkeltjies. As ek daai tyd kon getel het, sou ek dalk geweet het hoeveel.
Upington is nie vir sissies nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Herken die tekens van 'n beroerte
« Reply #11 on: December 11, 2015, 09:13:25 AM »
Hierdie mediese inligting is baie gewild by lesers. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Herken die tekens van 'n beroerte
« Reply #12 on: December 14, 2015, 12:38:03 PM »
Ek dink persoonlik is die moeilikste aanpassing na alles die vrees (al probeer 'n mens dit hoe hard vermy) dat die volgende 'deurmekaar word' permanente skade kan berokken en jy jou menswaardigheid kan verloor in die proses  :crybaby2:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Herken die tekens van 'n beroerte
« Reply #13 on: December 16, 2015, 10:53:10 AM »
'n Mens moet maar voorsorg tref.   :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Herken die tekens van 'n beroerte
« Reply #14 on: May 02, 2018, 03:55:25 PM »
Ek het weer hier kom lees.  Dit is belangrik om te onthou!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Herken die tekens van 'n beroerte
« Reply #15 on: August 25, 2018, 04:44:51 AM »
Ek sal graag wil weet of daar enige iemand is wat na onderonsies met ligte beroertes a.g.v klein bloedklontjies, permanente skade aan hulle  sig ondervind het?

Die houtvloere in ons pandok het die mooiste kwaste in maar die goed 'bespring' my gereeld en ek ruk myself uit lit uit. Soms spring bome ook voor my in as ons ry en ek belowe hand op die tikkertjie, die uwe is so nugter as die boom wat spring. Outop is doodseker ek gaan hom nog 'n hartaanval besorg soos ek koes en keer vir niks.

Eers gedink dat dit 'n suurstof tekort is soos die spinnekoppie met rugby kouse lol maar ek ry en bestuur altyd met geleende asems.

My oë sien bedags rooi strepe oor al wat aankomende motor is aan hulle linkerkant - van waar die ligte is tot bo-oor die dak waar dit dan verdwyn.

Dit is 'n hinderlike neonrooi en saans het aankomende verkeer se witligte elkeen 'n neonrooi kruis in wat strek tot by die voorruit. Omdat ek sukkel met dubbel visie wanneer my oogspiere moeg word weerkaats hierdie verwronge ligte op die pad ook. 

Nog iets wat ongelooflik hinderlik is dat my oë saans ook die rooi reghoekige vorm in die wit paaltjies wat aan ons linkerkant van paaie geplant is, in drie verdeel en die heelboonste dele lyk soos driehoekies. Daar is donker strepe tussen die drie rooi dele met hulle 'dakkies'. Soos wat ons naderkom aan die paaltjies smelt die drie weer saam.

Ek het my oë laat toets na die laaste TIA en die arts het gese dat die probleem in die brein self is en nie in die oë nie. As hy 'n bril sou maak, sal dit dieselfde sterkte wees as my leesbrille wat nader aan vergrootglase is. Die motors/vragmotors wat blouerige ligte het, het slegs 'n klein rooi kolletjie in die middel van elke lig.

Bestuur is soms werklik 'n nagmerrie maar ek moet ook eerlik wees, dit is 'n dubbele blessing as jy na die sterre kyk :icon_biggrin:
« Last Edit: August 25, 2018, 04:55:28 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Herken die tekens van 'n beroerte
« Reply #16 on: August 25, 2018, 05:53:35 PM »
Ek is regtig jammer om te hoor van die probleme wat jy ervaar.  Dit het my nie so ernstig aangetas nie, maar ek sukkel geweldig baie om te fokus.  Saans is my ogies rooi, branderig en sommer net tranerig. 
Ek sal graag wil hoor wie het nog sulke probleme. 
As 'n  mens sien dat hierdie al meer as 40 000 keer gelees is, kan jy sien dat daar 'n groot behoefte aan inligting het. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Herken die tekens van 'n beroerte
« Reply #17 on: August 26, 2018, 01:22:11 AM »
PM, hier is 'n drukkie vir jou. Ek is so dankbaar dat jy openhartig kom vertel wat jy ervaar na jou kennismaking met hierdie probleem. Dit wil dus lyk asof 'n sig-probleem beslis deel vorm van die langtermyn newe effekte. Mens voel so magteloos en naak as jy begin soek na antwoorde en jou eie ervarings in die proses deel.

'Mini-strokes leave 'hidden' brain damage.'

A transient ischemic attack is sometimes known as a mini-stroke. New research shows these attacks may not be transient at all. They in fact create lasting damage to the brain.

"What we found has never been seen before," says Dr. Boyd, who also holds the Canada Research Chair in Neurobiology of Motor Learning at UBC. "The brain mapping capabilities of the TMS showed us that TIA is actually causing damage to the brain that lasts much longer than we previously thought it did. In fact, we are not sure if the brain ever recovers.

Bron: https://www.sciencedaily.com/releases/2011/01/110128095042.htm

Vir persone wat 'n TIA (mini beroerte) gehad het, het 'n nuwe studie getoon dat hierdie pasiënte in die eerste jaar 'n byna 10 persent risiko het om 'n herhaalde beroerte te hê, 'n hartaanval te kry of tot langtermynversorging toegelaat te word en selfs te sterf. Dood was dan ook die mees algemene van die gebeure, wat voorkom in 5.1 persent van pasiënte in die eerste jaar. Onder diegene wat die eerste jaar oorleef het, het die herhaalde voorkoms van beroertes/TIA vir elk van die volgende vier jaar op vyf persent gebly. .

Oor die langtermyn bly hierdie pasiënte op hoë risiko. Na vyf jaar was die risiko van hierdie gebeurtenisse dubbel die van individue van dieselfde ouderdom en geslag wat nie 'n vorige beroerte of TIA gehad het nie.

Bron: https://www.sciencedaily.com/releases/2014/10/141007092348.htm

Ek wil graag hierdie deel met elkeen wat hier verby kom en soms voel
jy gaan swig onder die kruis van skeet en kwaal op jou lewenspaadjie.






« Last Edit: August 26, 2018, 01:39:40 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Herken die tekens van 'n beroerte
« Reply #18 on: August 26, 2018, 11:57:16 AM »
Dankie Raaitjie.  Soms kan ek nie verstaan hoekom ek so absoluut vernederd voel nie, soos 'n vrou wat verkrag is voel na die gebeurtenis.  Almal hier ken my, ek is nie 'n mooi vrou nie, nie mooi gebou nie, maar ek het nog altyd my brein gekoester as my beste bate. Ek raak skoon verbouereerd as iemand my 'n vraag vra, ek weet ek het die antwoord iewers, maar kan om die dood toe nie onthou wat dit is nie. 
In die begin kon ek nie vriende en kennisse onthou nie.  Dit was 'n nagmerrie.  Nou gaan dit baie beter en ek kan sien dit gaan beter by die dag.
Hoe maak 'n mens vrede?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Herken die tekens van 'n beroerte
« Reply #19 on: August 26, 2018, 12:36:48 PM »
Ek wens ons kon langs mekaar sit en ons diepste vrese deel matertjie. Vrede vra jy? Ek weet nie. Hierdie is 'n swaard wat oor 'n mens bly hang nadat jy deurgeloop het. Soos jy, kon ek nie eers ons kinders herken nie. Lank geneem voor ek weer normaal kon loop sonder 'n lui-dom-linkerkant. My gesig trek nou nog skeef as ek moeg raak. In my handsak is die kontaknommers van Outop en Meisiekind. Ons telefoonnommer asook my naam, dokter en spesialiste se kontak nommers. Inligting oor al die medikasie verbonde aan die asemdief plus waarskuwing oor gevare van narkose en binne aarse voeding ens. 

Die gevoel aan my linkerkant het nooit helemal teruggekeer nie en die kleingoed weet ouma mag nie hulle badwater intap nie want sy voel nie hitte soos ander mense nie. Dit word 'n leefwyse want hierdie vyand is ongelukkig een wat enige tyd weer kan toeslaan.

Jy som dit so mooi op- 'n mens voel werklik jou menswees is verkrag. Met gesels tussen lyne kan ek wegkom van die gesoek na regte woorde want jy hoef nie 'n sin dadelik te voltooi soos in 'n geselsskap nie. Jy kan opstaan en in die kreukelkamers gaan grawe na die regte woord en teruggaan sonder dat iemand besef jou woordeskat word soms onverwags geskaak.

Ek vra gereeld vir Outop wat noem 'n mens nou weer die of daai en dan gaan dit gepaard met vreeslike handgebare  :icon_biggrin: Wens ek het 'n antwoord vir jou gehad. Ek het wel 'n drukkie en BAIE verstaan en omgee.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Herken die tekens van 'n beroerte
« Reply #20 on: August 26, 2018, 02:33:18 PM »
So tussen die lyne kan ek  nie help om te glimlag nie.  Ek sien jou, myself, en ek het regtig simpatie met die twee outoppe!   :notworthy:


Ek het net 'n klein probleempie met my speeksel wat bly dreig om by my mond uit te loop as ek moeg is.  Ook aan die linkerkant!
Ek is baie gelukkig dat ek so lig daarvan afgekom het.  :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Herken die tekens van 'n beroerte
« Reply #21 on: August 26, 2018, 10:56:12 PM »
Lief jou en los weer 'n drukkie hier hoor. PM, as jy kans sien, wil jy nie vertel hoe jy agtergekom het daar is fout iewers nie? In ons geval was dit gewoonlik Outop of die kinders wat agterna vertel het dat ek glo alles herhaal het.  Met een onderonsie het ek nie geweet waar bly ons nie en in sirkels gery. Dit was voor die luukse van selfone en gedoentes.

Soms steek ons gevoelens/vrese/angs/onsekerheid en soveel meer weg agter 'n glimlaggende masker en is min mense bewus van jou eie klein oorloggie en verraad van jou liggaam.

« Last Edit: August 26, 2018, 11:40:36 PM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Herken die tekens van 'n beroerte
« Reply #22 on: September 10, 2018, 02:25:23 PM »
Daardie glimlag verberg baie.  Ek hoor gister hoe Hannes vir sy niggie vertel hoe gesond ek is en geen probleme het nie, maar die hele week wat verby is was ek doodmoeg van hartversaking en voete wat oor my enkels geswel was.   :icon_scratch:   Dit is so moeilik om nie alles te kan doen waaraan mens gewoond is om te doen nie.  Ek is nie die beste "toesighouer" in die land nie.   :icon_biggrin:


Ons was in Thaba waar ek my bril moes gaan haal.  Mense stap by die deur in en die oogkundige sê hulle is ook van Leeupoort.  Ek stel myself so ewe bekend en nooi die mense om by ons te kom kuier.  Ek sien almal kyk my so snaaks aan en vra: Wat?
Hulle vra toe of ek hulle nie onthou nie, want hulle het al 'n paar keer by ons kom kuier en gebraai ook.
 Slaan my dood met 'n nat vis!  :dontknow:


Nou sien ek ook goed wat ek net daarna geskryf of onderteken het.  Dit lyk soos 'n krap wat in die ink geloop het! 
Ek moet regtig dink voor ek praat en Hannes raak ongeduldig met my.  Hy is gewoond aan "flink dink".  :icon_biggrin:


Dit gaan baie beter.  My bloeddruk is onder beheer, alhoewel die medikasie ander probleme meebring.  Maarwat, ons hou die kop op!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Herken die tekens van 'n beroerte
« Reply #23 on: September 10, 2018, 11:00:13 PM »
Ek kan net skryf: ek verstaan lief PM. Ek verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Herken die tekens van 'n beroerte
« Reply #24 on: June 29, 2021, 10:29:10 AM »
Dit is so belangrik vir mense om jou om hierdie inligting byderhand te hou.  Ek is weer deur hierdie trauma, wat verhoed kon word as my mense besef het wat met my gebeur. 
Gelukkig is ek weereens daardeur sonder ernstiger probleme.  Nou het ek 'n nota gemaak van wat gevra moet word en langs die yskas geplak. 
'n Mens moet ook weet watter dokter met beroertes werk sodat jy dadelik die regte persoon kan kontak. 
Dankie aan almal wat inligting deurgee, maar ons moet seker maak dat ons ag slaan daarop.  Dit is sooooo belangrik!
Om te weet is om te verstaan.